Zuma sê diensleweringsbetogings nog oorblyfsels van apartheid

President Jacob Zuma. Foto: GCIS

President Jacob Zuma. Foto: GCIS

President Jacob Zuma het Dinsdag die hoeveelheid gewelddadige diensleweringsbetogings wat hy die afgelope vyf jaar in sy amp waargeneem het, veroordeel.

Hy het op ʼn vraag in die parlement reageer of hy persoonlik aandag gee aan die diensleweringsbetogings en munisipale opstande.

“Ek het op talle geleenthede tydens gewelddadige betogings selfbeheersing versoek,” het Zuma in ʼn geskrewe reaksie geantwoord. “Alhoewel die Grondwet aan mense die reg gee om te betoog, moet dit binne die grense van die wet en op ʼn vreedsame manier geskied. Ek het daarop gewys dat die kultuur van gewelddadige gemeenskapbetogings aangespreek moet word. Ons moet die inwoners van die land aanspreek oor die kultuur van gewelddadige betogings wat geërf is van ons apartheid-geskiedenis. Ons was tot nou toe nie in staat om dit af te skud nie.”

Zuma het gesê dat probleme nie deur geweld en woede opgelos kan word nie. Hy het ook bygevoeg dat dienslewering aan alle landburgers geprioritiseer is.

In sy lang geskrewe reaksie, lys Zuma pogings en regeringsinisiatiewe wat gemik is om diensleweringagterstand uit te roei. Klik hier om meer te lees. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

16 Kommentare

jongste oudste gewildste
Anon

Ja nee!!! Apartheid moet altyd die skuld kry. Zuma!!! Ek het nuus vir jou, vandat die NUWE regering 20jaar terug oor gevat het is ons dienslewering in sy [email protected]@@!!!! Julle moet darem onthou julle kan nie als op die apartheid blameer nie. Maar ek het vergeet, as iets nie reg kom nie is dit maklik om te se dis apartheid. Ek dink weer vandat julle oorgevat het is dienslewering pateties, meen apartheid is 20jaar al iets van die verlede, wil jy vir my se julle kon in 20jaar nie die probleem opgelos het nie??????? So MNR ZUMA julle is eerder… Lees meer »

Wilna

Ag asseblief. In die Apartheidsera was betogings teen die wet. Die ANC het dit in die Grondwet ingeskryf. Dit wettig gemaak. Ongelukkig is dit so dat sekere lede van Suid-Afrika hul nog nooit aan wette gesteur nie en dis hoekom dit hand-uit ruk. Wys net dat sekere mense bleddie stadig is van begrip want na 20 jaar ‘kon hul dit nog nie afskud nie’. Siestog………

Alani v Nieuwenhuizen

Hy behoort hom te skaam vir sy uitlating en indien moontlik, bloedrooi te word in sy gesig! Die gebrek aan dienslewering lê dan ook vierkantig op sy skouers, in twintig jaar is byna niks opgebou of onderhou nie.

Bets Bothma

20 Jaar “besit” hul die land, na 20 jr is dit nog steeds apartheid se skuld. Hoekom is al die beloftes wat hul gemaak het in 1994 nog nie nagekom nie? Hoe lank moet arme ANC kiesers nog lewe op beloftes en ek praat van basiese beloftes wat wel nagekom KAN word, as ons regering nie so baie geld mors nie.

Suzanne

Vaderland is ons so gereed om op ons perdjie te spring oor Zuma dat ons letterlik woorde pluk uit ‘n artikel en dit in ons eie konteks lees en verstaan. Hel, ek is nie ‘n Zuma aanhanger nie. Maar in hierdie artikel blameer hy NIE apartheid nie, hy noem maar net dat dit ‘n ou gewoonte is wat oorgebly het van Apartheid (van sy eie ras!). Mensig, dit moet uitputtend wees om konstant met ‘n hipersensitiewe vervolgingswaansin houding rond te loop.

Wys net hoe misleidend en magtig n titel kan wees!