Zuma se dokters mis spertyd vir mediese verslag

Oudpres. Jacob Zuma tydens ‘n vorige hofverskyning. (Foto: Michele Spatari/ AP)

Oudpres. Jacob Zuma se dokters het die sperdatum gemis om ’n mediese verslag oor sy siektetoestand by die hooggeregshof in Pietermaritzburg in te dien.

“Ons kan bevestig dat hulle die sperdatum vir die indiening van die mediese verslag gemis het en die hof sal dit hanteer,” het adv. Mthunzi Mhaga, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) Dinsdag aan Maroela Media gesê.

Die hof het vroeër vandeesmaand ’n mediese verslag aangevra om Zuma se geskiktheid te bepaal om in die korrupsiesaak teen hom en die Franse wapenvervaardiger Thales te getuig.

Die mediese verslag moes op die laatste Vrydag (20 Augustus) ingedien word. Dit is nie seker wat die gevolge hiervan sal wees en of hulle die verslag wel later sal indien nie.

Die saak word nou op 9 en 10 September aangehoor nadat dit vroeër vandeesmaand weens Zuma se hospitaalopname uitgestel is.

Zuma is op 6 Augustus in ’n hospitaal opgeneem en daar is sedertdien talle vrae oor sy gesondheid. Hy het onlangs ’n operasie ondergaan maar dit is steeds nie bekend wat die oudpresident makeer nie.

Die hof het egter onlangs beslis dat die staat ʼn mediese praktisyn van sy keuse mag aanstel om Zuma te ondersoek en indien nodig bewyse te lewer oor sy geskiktheid om in die hof te verskyn en verhoor te word.

Zuma word deur 16 klagte in die gesig gestaar vir die 1999-aankoop van onder meer vegvliegtuie, patrolliebote en weermagtoerusting van vyf Europese firmas terwyl hy Suid-Afrika se adjunkpresident was.

Zuma dien tans 15 maande tronkstraf uit weens minagting van ʼn hofbevel om voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping te getuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Misky ·

Nie Zuma, sy regspan of selfs dokters beskou hierdie saak as ernstig nie. Een van 2 dinge:
1. Of hulle voel vere vir regstelsel en sleepvoet houding of
2. Bloot eenvoudig onbevoeg en nie idee van wat hulle doen nie

Jan Seerot ·

Jy het nie iets “gemis “wanneer jy dit misgeloop het nie.
Verder gaan daar niks hiervan kom nie. NIKS!

Malan ·

Zuma maak wat hy wil en die howe aanvaar dit telkemale. Daar is iets drasties verkeerd met ons regstelsel.

Pierre ·

Ek het al hoeveel keer gesien dat ander lande die beskuldigde op sy bed die hof instoot.

Kobus ·

Die ding is nie siek nie speel net vir tyd hulle moet hom aan sy voete uit die kastige hospitaal gaan haal en terug smyt in die tronk waar hy hoort

Zet ·

Al weer tipiese uitstel taktiek. Sy tande seker getrek. Nou kan hy nie praat nie.

Philip ·

Siestog ou zums en sy regslui / mediese dokters wys vir die regstelsel van SA die middelvinger en hope geld verwissel van hande in die proses.Enige weddenskappe kan gewen word op die nie vervolging van zums in die toekoms teenoor goedgelowige neelsies se voorspellings van n suksesvolle vervolgings

Phillip ·

Ja Philip se mos lankal geld praat dikstukke daar goue handruk hier en goue handruk daar

Mariana ·

En so gaan die Zuma sage net voort, geen einde nie. Hy kry te veel kanse om hierdie ding te vertraag. Dis asof die sogenaamde regstelsel bang is vir hom. Hy is ‘n krimineel en moet gestraf word nes enige ander. Hy moet hanteer word soos enige ander mens. Hy is nie een of ander god nie, hy dink hy is, maar hy is niks……

ONTPS ·

Dalk was daar nie ‘n dokter beskikbaar wat pen op papier wou sit om ‘n rede te versin vir Zuma se nue-verskyning nie. Hulle het immers ook ‘n eed afgelê

Johann ·

Geweet dot kom. Siestog shame hys oud en siek…en eenvoudig GEEN verandwoordbaarheid nie. Voorkeur behandeling en uistel en afstel want hys ZUMA die magtige! Disfunksionele leunaar met n span mede kulkunstenaars om hom.

twaalfboor ·

Sluit Zuma se regspan ook toe vir minagting van die hof. Wat sukkel julle so met die spulletjie wat narre van julle maak?

4ntj13 ·

Dokters wat bo die Reg vehewe is? Of steeds net Zooma?
Die ex-Prez is ʼn openbare figuur. Hoog tyd dat dít hom begin druk! Wat van ons noem dit “ipekonders tot anders bewys” en kyk wat pop dan uit? Ek dink dis geregverdig teen die lamsakkige Stalingrad-Verdediging!

Maalstroom ·

Stuur tog iemand om Zuma af te rig om darem simptome te toon.
Vir tandpyn of soiets.

Alleen Wolf ·

Dit sal die beste ooit wees maar sal nooit gebeur nie.

JohanR ·

Hulle soek nog vir ENIGE teken van brein tussen die linker en regter oor. Hy sal genees wees waaneer daar enige teken opgemerk word!

Jakes ·

Die hele aangeleentheid kom voor as n sirkus. Niks verbaas my meer nie. Watter bewyse is daar dat Zuma wel in aanhoudung is?

Suzette ·

Vra ek ook. Wie weet waar hy regtig is. Hy klap sy vingers… . En hy kry sy sin. Sy keuse wanneer hy homself sal oorgee, tronk van sy keuse. Kriminele het nog nooit soveel regte of mag gehad nie. Volgende een wat presies selfde gaan doen is malema, hyt reeds daarmee begin

Blikkies ·

Ek het nie woorde nie, net Absolute Woede binne my vir ons regstelse, die ANC en die mense wat moet seker maak reg en geregtigheid geskied.

Tokkel ·

Hy vat weereens Suid-Afrikaanse regstel vir ‘n pop! Hy kom weg met alles. Ek hoop ten minste sy sit sy volle 15maande omdat hy nie saam werk nie. Ek dink hy moet ‘n boek skryf hoe hy die regstelsel elke keer kry om sy saak uit te stel……en hulle glo hom oor en oor!!!

Johannes ·

Dit wil voorkom asof die howe wat beslissings moet maak te bang is om enige besluit oor Zuma te maak. Dit is regtig of dit glad nie bevoeg is om enige uitspraak te maak nie.

Alleen Wolf ·

Tipies, minagting van die hof, zuma en sy makkers voel ‘n veer vir die regstelsel, maak ‘n bespotting daarvan en kom niks oor nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.