Zuma sê Gigaba moet plan maak met ekonomie

malusi-gigaba-ANA

Malusi Gigaba, minister van finansies van Suid-Afrika, het die Woensdag die 2017 Mediumtermyn-begrotingsbeleidverklaring (MTBPS) in die Parlement voorgelê. FOTO: ANA FOTO

Pres. Jacob Zuma het Malusi Gigaba, die minister van finansies, aangesê om tasbare maatreëls te identifiseer om die ekonomiese uitdagings te takel wat Gigaba in sy onlangse mini-begrotingsraamwerk uitgelig het.

Gigaba het in Oktober die ekonomiese groeivooruitsig afwaarts van 1,3% na 0,7% aangepas. Hy het gesê die ekonomiese groeivooruitsigte behoort eers teen 2020 tot 1,9% te verbeter.

Gigaba het ook aangekondig die belastingtekort sal vanjaar R50,8 miljard beloop, die grootste afwaartse aanpassing sedert die resessie in 2009. Die geskatte tekort vir 2018 is R69,3 miljard en vir 2019 ʼn tekort van R89,4 miljard.

Die presidensie het Maandag gesê Zuma het Gigaba en die nasionale tesourie opdrag gegee om gesprek aan die gang te kry met die doel om besteding met R25 miljard te sny sonder om die ekonomie skade te berokken en inkomste met R15 miljard, deels deur belastingmaatreëls, te verhoog.

Die gesprekke sal ook fokus om ʼn plan te beraam om gratis tersiêre onderrig vir behoeftige studente beskikbaar te stel en om ekonomiese groei vinniger te stimuleer.

“Pres. Zuma sal in die nabye toekoms met die presidensiële fiskale komitee vergader om terugvoering te kry oor die vordering wat gemaak word,” het die presidensie gesê.

Suid-Afrika se ekonomie, wat in ʼn stadium die sterkste in Afrika was, het getaan sedert Zuma in 2009 president geword het. Kritici beskuldig hom van die gebruik van sy politieke invloed om hom persoonlik te verryk ten koste van goeie bestuur. Zuma ontken egter dat hy korrup is.

Die graderingsagentskap Standard & Poor’s het Vrydag die land se staatskuld tot rommelstatus afgegradeer weens kommer oor die land se toewyding tot ʼn goeie ekonomiese beleid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Alida ·

Liewe genade waar dink Zuma moet die arme man nou planne uitdink! As hy nie kan nie gaan afgedank word merk my woorde.

Gatvol ·

Arme Man!!! Behoort van die begin af nie eers in die posisie te gewees het nie. Die deler is net so goed soos die steler. Ry op sy konsultant se rug.

pieterdp ·

Dis maklik. Stop al die aankope van luxury kare en en en. Stop die geweldige hoeie salarise in die staat. Bring belasting af dat ondwikiling kan plaas vind. Stop BBBBEEEE. Gebruik bekostigbare instansies om die week te doen. Betrek die blankes. Bekamp misdaat waar dit behoort te wees. Stop om misdadigers te beskerim . En so kan ons aan gaan.

Karel ·

Baie maklik. Maak die verhoging in salarisse en voordele van parliment ongedaan en verminder bestaande salarisse en voordele. Verbied die aankoop van luukse motors vir ministers en hulle adjunkte. Daar is soveel van hulle dat die beoodge besparing dan al amper behaal sal wees.

De Villiers ·

So praat ‘n persoon wat nie eens syfers behoorlik kan uitspreek nie omrede hy dit nie verstaan nie. En hy dink die fout met die ekonomie lê nie by hom nie.

Tokkie ·

Nee wat hulle gaan eers bekwame mense in sleutelposte moet aanstel voor ons ekonomie weer sal groei om nie eers te praat van die bellegingsvertroue wat op n laagtepunt is nie agv politieke inmenging en korrupsie

CHRISTA ·

Die vermetelheid!! Hy het vir 5 jaar nie eers sy belastingopgawe voltooi en belasting betaal nie, maar die res van ons moet vir die belastingtekort opdok!! Intussen behandel hy en sy vrinne ons belastinggeld as sy “private piggy bank”!!

Ekke ·

Dimitri Tsafendas wie onthou hom nog. Ai tog wat het van sy soort geword

snoefie ·

verklein die parlement en skort die provinsies in na wat dit voorheen was. laat kabinets en staatsaptenare se salarisse en bonusse deur opposisies partye vasgestel en gemonitor word. verder moet staatskontrakte deur opposissie partye geprys en toegeken word. ministers en parlementslede is tydelike werkers en moet as sulks nie in aanmerking kom vir pensioen, medies, behuising en vervoer nie.

Andre ·

Minister, begin planne maak om spoedig van die een wat jou die opdrag gegee ontslae te raak.

Vryheid ·

Gigaba het nie die insig of die mag om goeie ekonomiese besluite te maak nie. Verminder staatsuitgawes en staatsamptenare

Hansie slim ·

Stem saam met meeste hierbo.
Waar kry hulle die geld, looi die paar wat maar altyd belasting betaal, om NÓG meer te betaal.
Dis moeilik om nie moed te verloor nie!

Johanna Botha ·

Sal baie verbaas wees as n mislukte onderwyser n plan kan maak

Callie ·

Die enigste stelsel wat ooit sal werk regoor die wereld is eenvoudig. Politici doen dit mos vir die liefde vir hul land en sy mense. Jy in is kry jy geen salaris. Jy koop op n beperkte rekening jou kruideniers by n ordentlike staatsbeheerde instansie. So ook klere vir vrou en kinders. Dag as jy klaarmaak kry jy n bedrag gelykstaande aan n normale bstuurder van n gemiddelde maatskappy vir jou 4 jaar getroue diens. Gemiddeld in vandag se lewe so 500 000 per jaar. Stem hulle jou weer in dan loop jy weer die pad. . Onthou dit is gratis huis en vervoer. Geen bankrekeninge. Medies natuurlik ook. Kom ons kyk hoeveel staats amptenare het ons nou. Moet onthou, belasting kom af van jou bedrag

DAVID ·

JZ betaal bietjie jou belasting,en moedig jou makkers om ook hulle belasting te betaal dan sal daar darm n bietjie geld vir minister wees om by begroting te sit

Zumie ·

Dis mos nou maklik – doen soos altyd – maak ‘n wet wat se dat die ekonomie moet regkom…..

Rupert Ashford ·

As Kommunis Gordhan dalk nog die Minister was, was daar dalk nog hoop. Maar hierdie kandidaat…ai toggie. En hoeveel gaan die gratis tersiere onderrig vir almal wat Universiteit toe wil gaan (let wel nie almal wat wil studeer nie) kos om daardie nommers nog meer deurmekaar te laat raak. Die sosialistiese welsynstaat is besig om ineen te stort en dit voorspel niks goeds nie.

Mariaan ·

Dis Zuma self wat die gemors veroorsaak het.
Nou moet ń onbevoegde persoon wat hý aangestel het, dit probeer regstel.

neels ·

So aremme bennie boekwurm se kop gaan binnekort rol, want no1 wil n sogenaamde legasy genaamd gratis onderwys nalaat en as die minister dit nie kan regkry nie gaan n volgende gup-kader kom probeer. Seker binne die volgende paar dae sal ons weet en die nuwe gup-kader sal ook die kern krag kwessie moet deur stoomroller, want die huidige minister het mos reeds gese daar is nie geld nie. So wat het no 1 om te verloor die land het mos klaar rommel status.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.