Zuma se herroeping nie die papier werd waarop dit geskryf is nie, sê DA

Pres. Jacob Zuma (2 November 2017). Foto: Elmond Jiyane/GCIS

Die skrywe wat die ANC aan pres. Jacob Zuma oorhandig het om hom te herroep, die party wat hom ontplooi het om as staatshoof op te tree, is nie die papier werd waarop dit geskryf is nie, het die Demokratiese Alliansie Dinsdag gesê.

“Hierdie herroeping is ʼn interne ANC-resolusie, niks meer nie. Dit het geen invloed op Jacob Zuma se huidige status as president van die republiek nie, en Zuma kan dit eenvoudig ignoreer,” het Mmusi Maimane, leier van die DA, kort ná die ANC se aankondiging, dat Zuma herroep word, gesê. “Tensy Zuma sy bedanking indien, is die herroeping niks werd nie. Die feit bly staan – Jacob Zuma bly die president en bly aan bewind. En solank as wat dit die geval is, sal ons land daaronder ly.”

Maimane hou vol die enigste manier om Zuma te ontsetel, as hy weier om te bedank, is deur ʼn mosie van wantroue. ʼn Mosie van wantroue, wat die EFF versoek het, is reeds vir 22 Februarie geskeduleer.

Maimane en ander opposisieleiers wil hê die mosie moet na hierdie week vervroeg word, en versoek ook ʼn vervroegde verkiesing. “Enigiemand wat die volgende president van hierdie land wil wees, moet die mandaat van die mense hê, en dit kan net deur ʼn vervroegde verkiesing gebeur,” het hy bygevoeg. “Die mense moet die nuwe Suid-Afrikaanse president kies, nie ʼn paar kaders binne die ANC met die regte verbintenisse nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Francois ·

Die DA is so groot bek, omdat die ANC sukkel om van Zuma ontslae te raak, maar die DA self kan nie eens van Patricia de Lille ontslae raak nie.

Alida ·

Dit klink of jy Zuma wil behou! Enigiets anders as JZ is goed genoeg. Daar is ook wyse manne in die ANC moenie fout maak nie. Hulle sal hom dwing om te bedank en die DA is nie verkeerd met hul stelling nie. Ons is nie in die binnekringe nie en weet nie wat bespreek word nie.

Barnard ·

Zuma sal more en langer nog steeds in die saal sit.Sy kaders beskerm hom en die DA is hopeloos te swak om die gemors uit die kussings te lug.

Jack Klok ·

In ‘n demokratiese bestel sal ‘n leier wat die steun van sy mense verloor outomaties bedank omdat sodanige leiers die begrip demokrasie – regering deur mense vanuit die mense vir die mense – geinternaliseer het en dit werkilik uitleef.

Daarenteen, ten spyte van al die hoog opgegewe “demokrasie” wat die Always No Accountability swart span vir hulle self toegeeien het is hulle in hulle handel en wandel ‘n outokrasie wat nie van ‘n outokratiese leier ontslae kan raak nie.

As hulle egter maar ‘n outokrasie was wat goed geregeer het kon mens hulle nog vergewe het, maar het hulle so ‘n gemors van alles gemaak dat hulle tot ‘n kakistokrasie gedegenereer het.

Die ANC het binne ‘n kwart eeu van die ereld se liefling tot die wereld se muishond geval en die stank strek wereldwyd.

Realis ·

Arme Mmusi! Ek vat enige tyd vir Ramaphosa voor ek hierdie ou kan aanvaar. Hy is n klein Zuma “in disguise”. Magsbehep en vreeslik gekant teen enigiets wat effens te wit is na sy smaak. Ramaphosa het darem gese hy sal ons stadig kook. Mmusi het nie daardie geduld nie.

Alida ·

Dan is hy seker gekant teen sy vrou ook. Moenie belaglik wees nie.

Realis ·

Alida – Moenie jou blind staar teen die feit dat hy n wit vrou het nie. Politiek is n genadelose sisteem. Ek wil nie hier met jou in n argument betrokke raak nie maar Ek dink nie jy sien die ware prentjie nie. Liefde is een ding. Politiek iets heel anders. Vir politieke punte sal jy jou familie verkoop

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.