Zuma sê hoekom hy nié vervolg moet word

jacob-zuma-2

Pres. Jacob Zuma. Foto: GCIS

Pres. Jacob Zuma se prokureurs het Woensdagaand sy vertoë aan die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) gerig oor waarom die aanklagte van korrupsie nie weer teen hom ingestel moet word nie.

eNCA berig Shaun Abrahams, die nasionale direkteur van openbare vervolging, was by die NVG se hoofkantoor om die vertoë te ontvang.

Die aanvanklike sperdatum was 30 November, maar Zuma het sewe weke uitstel gekry.

Volgens die berig het Abrahams aanklaers twee weke kans gegee om die vertoë te bestudeer voordat hy besluit of die president aangekla sal word of nie.

Die NVG was nie onmiddellik beskikbaar vir kommentaar nie.

Die DA het op 30 November dokumente by die NVG ingedien oor hoekom 783 aanklagte van korrupsie, bedrog, geldwassery en rampokkery teen Zuma onmiddellik weer ingestel moet word. Mmusi Maimane, leier van die DA, het destyds aangevoer die besluit in April 2009 om die aanklagte teen Zuma terug te trek, net maande voordat hy as president verkies is, was irrasioneel.

Nadat die appèlhof beslis het dat die besluit deur Abrahams se voorganger, Mokotedi Mpshe, om die aanklagte terug te trek wél onwettig was, is Zuma die geleentheid gegun om nuwe vertoë te rig oor hoekom die aanklagte teen hom nie weer ingestel moet word nie.

Die DA se James Selfe het Woensdag gesê die party het aan Abrahams geskryf om te versoek dat ʼn afskrif van Zuma se vertoë aan hulle gestuur word. “Die DA is as die hoof-litigant in hierdie saak geregtig op Zuma se volle vertoë,” het Selfe gesê.

Hy het gesê die DA sal Zuma se vertoë deeglik bestudeer om te verseker dat Zuma “sy dag in die hof kry net soos enige landsburger wat dieselfde aanklagte in die gesig sou staar”.

Volgens Selfe is die proses vorentoe nou baie eenvoudig en moet Abrahams ʼn verhoordatum vasstel sodat Zuma in die beskuldigdebank kan staan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Reg ·

Vervolg en kry die ding agter die rug. Daar is reeds besluit hy moet vervolv word. Hoeveel keer moet hy nog gevra word.
Gewone landsburger sou al vir mindere klagtes vervolg gewees. Waar lê die verskil.

Moontlik ·

Hy moenie bang wees om tronk toe te gaan nie. Hy sal die eerste President wees wat tronkstraf kry.
?

std3 ·

Hierdie is nie laerskool waar jy ‘n briefie van mammie vir die onnie kan gee en dan doen wat jy wil nie.

Piet Pompies ·

Die berig se opskrif bevat nie die antwoord binne die berig….

Alida ·

Ek kan nie sien hoe jy 780 klagtes gaan vryspring nie. Tronk toe.

snoefie ·

is shaun abrahams nie geskors nie? hoekom moet zuma sê hoekom hy nie vervolg moet wors nie? dir skep mos nou n presedent vir elke moordenaar, verkragter ander krimineel om te gaan sê hoekom hy/sy nie vir hulle dade aangekla moet word nie. he did the crime! let him do the time.

Alida ·

Jaco Zuma is NIE verhewe bo die reg nie. Vervolg hom op AL 780 klagtes daar moet tog ‘n paar wees waaraan hy skuldig is indien nie almal nie. Dit maak mens siek dat hierdie man die hele land manupileer en hy kom weg daarmee.

cor ·

Nog tyd nog 10 jaar en dan is die ouman te oud vir n oranje pak . Na die NVG se verslag sal daar weer n appel wees of iets soortgelyks.

Coen ·

Wanneer word Bathabile Dlamini aangekeer ?
Hoe kan sulke blatante onbevoegdheid ongeskonde voortgaan sonder om tot orde geroep te word ?

Eddie ·

indien ooit sal hy die eerste President wees wat tronkstraf kry en ook soos ‘n Koning daarin behandel sal word !

Moeggewag ·

Ek’t vir Gerrie Nel gevra hoeveel van die 783 aanklagte is siviele klagte en hoeveel krimineel. Sy antwoord; al 873 klagtes is krimineel. M.a.w die staat is verplig om die saak te dryf.
Ek reken, as sou van die klagtes siviel wees, kan Zuma die saak dryf en laat sloer tot sy geld op is, of tot sy dood. Watter gebeurtenis eerste plaasvind. En natuurlik het hy alreeds sy hemel op aarde gehad.!
En net terloops; sy tweede naam se Zulu betekenis beteken; TERWYL EK GLIMLAG, BEPLAN EK JOU ONDERGANG.

Alida ·

As so baie klagtes krimineel is dan MOET hy mos aangekla word en gou ook.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.