Zuma sê hy het nie familie met staatskontrakte begunstig nie

Pres. Jacob Zuma. Foto: Kopano Tlape/GCIS

Pres. Jacob Zuma het Donderdag aan die Nasionale Vergadering gesê hy het nooit versoek dat staatskontrakte aan sy familielede toegeken moet word nie, maar LP’s van opposisiepartye wou nie dié reaksie aanvaar nie.

“Ek het nooit in ʼn vergadering gesit en enigiemand gevra om Duduzane te help nie,” het Zuma aan LP’s gesê en wou weet of sy seun deur staatskontrakte bevoordeel is.

Zume het daarna versuim om ʼn vraag van DA-leier Mmusi Maimane te beantwoord of hy Brent Simmons, die hoofdirekteur van staatsdiens en administrasie, sal dagvaar, wat ʼn beëdigde verklaring aan speaker Baleka Mbete oorhandig het waar hy die president daarvan beskuldig dat hy aan die parlement gejok het toe hy beweer het hy het nie enige familielede aan regeringsbeamptes as sakekontakte voorgestel nie.

Aldus mediaberigte het Simmons glo ʼn aantal voorvalle aangehaal waar hy beweer hy het gesien hoe Zuma lede van sy familie voorstel aan die wyle minister van staatsdiens en administrasie, Collins Chabane.

Zuma het die vraag geïgnoreer, en volgehou dat hy dit geantwoord het, nadat DA-LP’s gedreunsing het, “beantwoord die vraag”.

John Steenhuisen, hoofsweep van die DA, het gesê Zuma het nie die vraag beantwoord nie en dat hy die proses verhinder en het Mbete versoek om hom te dwing om die vraag te beantwoord.

Sy het gesê sy is nie by magte om aan die uitvoerende komitee voor te skryf hoe hulle ʼn vraag moet beantwoord nie, en Steenhuisen het daarop gesê die verrigtinge is net skyn as sy nie seker maak dat die president vrae beantwoord nie.

Daar was ook ʼn vraag van EFF-leier Julius Malema, wat onderbreek is deur besware van die ANC, toe hy vir die hoeveelste keer Zuma aangespreek het as “Baba kaDuduzane”, of die pa van Duduzane.

Malema wou ook weet waarom Zuma versuim om diegene te dagvaar wat ernstige bewerings teen hom maak en of dit beteken dat hul bewerings waar is.

Zuma het gesê baie mense sê daagliks negatiewe goed oor hom.

“Ek tree nie op teen mense soos jy doen nie,” het Zuma gesê en gelag toe Mbete Malema se mikrofoon afgeskakel het.

Die opposisie het ook beswaar gemaak teen Zuma se teenwoordigheid in die parlement.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Untochable ·

Die arme man. Hy word links en regs verdink terwyl hy net n eerlike en opregte lewe as regverdige heerser probeer lei… Shame

Johan ·

Jy praat nou bollie. Jou familie en die mandelas kry al wat n staatskontrak is.

Vryheid ·

Ja en ek is Nelson Mandela . Niemand glo die duiwel nie maak nie saak wat hy doen of sê nie.

Johanna Botha ·

Dan was almal nog sover verkeerd …ja sure wie glo jou ..net jyself !

Willem Grobler ·

‘n Organogram wat al die familieverbintenisse in die regering aantoon sal ‘n interessante ding wees om te sien…

SARIE VAN HEERDEN ·

Ja, ek het ook na hierdie genoemde kommentaar/antwoord van hom geluister en wonder hoe sou die Liggaamstaal fundi’s sy optrede beskryf het. Daai neus van hom wat hy soos ‘n rubbelbal gevryf het, die gegiggel en die arrogansie van sy hele optrede.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.