Zuma sê hy ‘het Zwane berispe’

Mosebenzi Zwane, minister van minerale hulpbronne.

Mosebenzi Zwane, minister van minerale hulpbronne.

Pres. Jacob Zuma het Maandag gesê hy het Mosebenzi Zwane, die minister van minerale hulpbronne, berispe omdat hy vroeër vanjaar verkeerdelik aangekondig het dat die kabinet goedkeuring gegee het dat die banke wat hul bande met die Gupta-familie verbreek het, ondersoek word.

Zuma het Maandag in antwoord op ʼn parlementêre vraag deur David Maynier, die DA se finansies-woordvoerder, gesê hy het Zwane oor sy uitlatings aangespreek. Maynier het Zuma gevra of hy Zwane oor die aangeleentheid berispe het en die besonderhede van hierdie teregwysing versoek.

Zuma het in September Zwane se uitsprake verwerp dat ʼn kommissie van ondersoek nie net die vier banke se besluit om hul bande met die Gupta-familie te verbreek sal ondersoek nie, maar ook die departement van finansies se moontlike betrokkenheid by die banke se besluit.

Zwane het ʼn paar weke later sy stelling in die Nasionale Vergadering herhaal in ʼn geskrewe antwoord op ʼn parlementêre vraag. Sy stelling is beskou as ʼn aanduiding van die spanning in die kabinet oor die Gupta-familie. Jeff Radebe, die kabinetswoordvoerder, het later aan verslaggewers gesê dat hy eers deur die media van Zwane se uitsprake bewus geraak het.

Adv. Thuli Madonsela, die voormalige openbare beskermer, het intussen in haar staatskaping-verslag bevind dat Zwane moontlik onwettig opgetree het deur met onderhandelinge vir die verkoop van die Optimum-steenkoolmyn aan die Guptas se Tegeta Exploration te help. Duduzane Zuma, pres. Zuma se seun, het ʼn groot aandeel in Tegeta Exploration.

“Dit was potensieel onwettig vir die minister om sy amptelike magsposisie te misbruik om op onregverdige en onbehoorlike wyse die kontrak vir ʼn vriend, of in hierdie geval sy baas se seun, te beïnvloed ten koste van die staat,” het Madonsela gesê.

Maynier het Maandag gesê Zuma moes Zwane afgedank het. Hy het bygevoeg dat hy nog ʼn vraag sal indien om die besonderhede oor die teregwysing te kry en te vra hoekom dit nie skriftelik gedoen en aan die parlement voorgelê is nie. “Die ‘briewe van teregwysing’ wat aan die ministers betrokke by die Nkandla-skandaal gestuur is, is immers aan die parlement voorgelê,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

zoom zoom ·

Seker het hy hom berispe met n aandeel aan sy Gupta familie

Johan ·

Hoe is hy berispe met n eish………he he he he…….hier is vir jou n cheque…. .. .

Yster ·

Siestog. Seker vir hom uitskryfwerk gegee. Soos op skool. Ek mag nie sê wat ek wil nie . 100 maal.

MarieM ·

Yster, jy weet daai het nogal gewerk toe ons op skool was het jou twee keer laat dink om nie weer dit te doen nie. Sjoe om so te sit en uit skryf was darem maar goor.

Sê maar net ·

En so gooi hy hulle een vir een onder die bus… Maar hulle is klaarblyklik tevrede om op getrap te word. Getroue slawe.

Johandup ·

En as ons dit glo.,,.
Die prezzie dink die people is sheeple…..

snoefie ·

aan Zuma, zwane en al die ministers betrokke by die nkandla skandaal net een sinnetjie “PAY BACK THE MONEY.” n berispering per brief of daar sonder kan nie genoeg wees nie.

jaco ·

Watse BEE en regstellende aksie is hier aan die gang? Shaun Abrahams wat ‘n kleurling is, kry ‘n top pos by die NVG en die Guptas, wat Indiërs is, kry die een lekker staatstender na die ander… Hier moet nog net ‘n wit skelm ook allerhande voordele uit Zuma kry; dan gaan die gewone swart mense regtig teen hom in opstand kom.

Johann ·

En so speel al.die Zumaikies al te lekker saam in die sandput…en pipi die sand en mekaar meer as gereeld nat…maar NIEMAND se wiet wanneer hoeveel gepipi nie….dit word in Zuma ae boekie geskryf en eendag as jy nie wil.saam speel in die sandput jie….dan lees hy hardop voor al.die ander Zumaikies van jou pipirekord!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.