Zuma sê hy kan OB se bevindinge hersien

President Jacob Zuma. Foto: GCIS

President Jacob Zuma. Foto: GCIS

President Jacob Zuma het Donderdag aan Thuli Madonsela, Openbare Beskermer, gesê daar kan nie van hom verwag word om haar verslag oor Nkandla net te aanvaar nie.

Zuma het gereageer op Madonsela se brief wat sy verlede maand aan hom gestuur het en waarin sy hom gevra het wanneer hy op die bevindings in haar verslag oor Nkandla gaan reageer.

Zuma sê in sy antwoord dat hy “verskil met respek” van Madonsela se siening dat haar verslae en aanbevelings slegs deur ʼn hof en nie deur die kabinet of ministers hersien kan word nie.

“Die rol van die Openbare Beskermer is soortgelyk aan dié van ‘n ombudsman en verskil baie van dié van ʼn regter,” het Zuma in die brief aangevoer. “Verslae van die Openbare Beskermer is nie ʼn hofbeslissing wat nagekom moet word en waarvan nie-nakoming minagting beteken nie maar eerder ʼn nuttige hulpmiddel wat demokrasie in ʼn samewerkende manier bystaan.”

Zuma het gesê die Openbare Beskermer het haar bevindinge gemaak sonder die “opponerende verhoor” wat inherent aan ʼn hofproses is en dat hy nie net die verslag kan aanvaar sonder om dit deeglik te oorweeg nie.

Zuma se kantoor het intussen Donderdag die spesiale ondersoekeenheid (SOE) se finale verslag oor Nkandla by die parlement ingedien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Leon Jodaan ·

So Mnr. Zuma se dan eintlik dat net hy kan besluit of hy anspreeklik is al dan nie. Wanneer gaan hierdie man tot veantwoording geroep word? As hy dan voorstel dat ‘n hof met teenpartye hieroor besluit, hoekom gebeur dit dan nie so nie!

alet ·

Wie dink hy is hy met sy kaders as dit iemand anders was ,was hy lankal toegesluit .Kry die President nie skaam om voor die volk te lieg nie sies is hy n voorbeeld vir hierdie land Nee Nee

Joey Fourie ·

Ek verstaan die president nou nie so mooi nie. Aan die een kant sê hy dat haar bevindinge nie ‘n hofbeslissing is wat nagekom moet word, en indien dit nie nagekom word nie, dit neerkom op minagtiging. Aan die ander kant sê hy dat sy haar bevindinge gemaak het sonder die “opponerende verhoor” inherent aan ‘n hofproses. Wat wil hy nou hê?

henk ·

Zuma, die probleem is dat jy nie eens die gesag van die howe aanvaar nie. Jy het geen respek vir niks en niemand as dit nie tot JOU voordeel strek nie.Jy hersien alles en het geen magte om dit te hersien nie, presies net soos wat jy reken Madonsela het geen regte nie. Jy is ruggraatloos en eis jou dag in die hof om jou onskuld te bewys, jy voer ‘n staatsgreep in Polokwane uit en kaap die totale demokrasie in Suid Afrika en nou gebruik jy die belastingbetaler se geld om maande in die howe deur te bring, net sodat jy UIT die hof kan bly. Waarom? Omdat jy weet dat daar reeds regspraak is wat se korrupsie het meer as een deelnemer en dat dit duister is waarom jy nie in dieselfde bank as Sheik gestaan het nie? Dis nou natuurlik die regsbank en nie ‘n finansiele instelling soos wat jy hoop ek na verwys as ek se in die bank nie!

Chris van Heerden ·

Nog nooit in die geskiedenis van Suid Afrika het ons n president en regering gehad wat so n verleentheid vir ons land was nie.

Gerhard Bezuidenhout ·

Woorde kan nie die wese se arrogansie beskryf nie.Wat dink hy van homself? Dit lyk vir my dat hy een of ander tyd uitgerook moet word sooswat n mens n swerm bye uitrook. Hy maak presies netsoos wat hy wil .Skande.

Floors Basson ·

Sit terug en geniet die fliek. Swart mense is nie meer so naief soos wat hy dink nie, sosiale media het alles verander. Ek sal nie verbaas wees as iemand van sy eie mense hom uit haal nie, hy is besig om sy nasie (tribe) te veralgemeen en baie van sy mense weet presies watter tipe mens hy is. Dis net ‘n kwessie van tyd, die mense wat goeie regering voorstaan hoef niks te vrees nie. Die hele wereld se oe is in elk geval op ons (SA), die wurggreep raak net al hoe stuiwer….time has come to pay the rent.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.