Zuma sê jammer oor aardrykskunde-flater

jacob-zuma

Pres. Jacob Zuma. Foto: Governmentza/Flickr

Pres. Jacob Zuma “betreur” die feit dat hy gesê het Afrika is die grootste kontinent.

Bongani Majola, woordvoerder van die presidensie, het in ʼn verklaring gesê Zuma betreur die fout wat hy op 9 Desember tydens ʼn sake-ete in Sandton gemaak het.

“Afrika is in werklikheid die tweede grootste kontinent in terme van bevolkingsgrootte en die grootste kontinent is Asië. Volgens die Verenigde Nasies se wêreldbevolkingvooruitsig vir 2015, woon 60% van die wêreld se bevolking in Asië (4,4 miljard), 16% in Afrika (1,2 miljard), 10% in Europa (737 miljoen), 9% in Latyns Amerika en die Karibiese eilande (634 miljoen) en die oorblywende 5% in Noord-Amerika (358 miljoen) en Oseanië (39 miljoen),” het Majola gesê.

ʼn Video van Zuma wat die uitlating maak, is wyd op sosiale media versprei:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Andrea ·

hmmm, dit vat hom so lank om te verstaan wat die verskil is tussen grootste en twede grootste.

Skep Ties ·

Gwede het seker vir hom gesê hy wat praat bollie nadat hy wat Gwede is self op Wikipedia gaan kyk het. Ja né, ons president het seker daardie dag vir vryheid geveg toe hulle daardie std. 4 geografie klas gehad het.

Anny Penny ·

Sê ek ook. Sou verkies dat hy eerder verskoning vra die gemors waarin hy SA gedompel het en sê dan sommer hoe hy dit gaan regstel

Vicus ·

Ja of ten minste om verskoning vra dat hy niks tov die plaasmoorde doen nie

Berhalet Beukes ·

Sy flaters is legio… Pleks “betreur” hy die toestand waarin Suid-Afrika homself tans bevind!

Dennis ·

Hy het sekerlik nie self om verskoning gevra nie. Moes kom van sy woordvoerder. Zuma het self erken hy het geen skool opleiding nie so hoe sal hy weet hy het ‘n fout gemaak.

alida ·

As mens nie eers kan lees of skryf nie hoe sal jy dan nou iets van Aardrykskunde weet?

Rynhardt ·

Ons moet Zuma cergewe vir sy afrika flater! Ons moet ook die prez en Anc vergewe dat die ekonomie vernietig is, en dat jy as blanke geen toekoms mag he nie!Ons moet ook die prez vergewe dat hy Nskandla met belastingbetalers se geld gebou het.Ons moet ook die prez vergewe omdat hy Jan van Riebeeck blameer vir alles wat verkeerd loop! Vergewe ook asb. die prez as hy sy treffer,”Bring my masjiengeweer” sing! Hy bedoel dit nie, maar kan dit nie weerstaan nie! Vergewe ook die prez en Anc dat misdaad buite beheer is, onthou daai superplan kom nog! Vergewe voortaan die prez vir alles, dit is jou plig as gehoorsame burger! Die man is te komies en te pragtig vir woorde!

StopTheMadness ·

Dis rassisme se skuld. Dis witmense wat die grootte van die kontinente bepaal het en nie swart mense nie. As swart mense die grootte bepaal het sou Afrika die grootstse gewees het. Dis rassisme die ek se julle!

Illa ·

Man, Zuma het nie sy “cripnotes” byderhand gehad nie en ons almal weet tog daarsonder kan hy net giggel of nonsens kwytraak. Wat wel ‘n feit blyk te wees, is dat SA se president die grootste grap in Afrika is.

Yahleda Ihlathini ·

Verduidelik julle slim mense net vi my… hoe kan n man wat net gr 2 het… 4 ere doktors grade he!??? Ek kan dt noe begryp nie!

Rynhardt ·

YAHLEDA, die pragtige prez en SA se nr.1 komediant het daai vier grade gekry as geskenk! Te pragtig vir woorde!

Chris W ·

Selfs ‘n ere doktors graad is tot rommel status verlaag in Suid Afrika deur die anc.Hulle deel dit uit soos swiets!Een vir jou en een vir jou en twee vir my!Dis lagwekkend!Ou IDI AMIN sou die surkus kon geniet het!

Henri ·

Maklik, Maar dit werk (en het dieselfde waarde) soos wanneer ‘n mamma en pappa goue sterretjies op Baba se geboortesertifikaat plak

DPJ ·

Wanneer gaan sy woordvoerder vir ander blapse verskooning vra? Net voor die verkiesing om temme te bekom?

Champ ·

Natuurlik het hy metriek, “St 2 is mos metriek”, of is dit nou matriek. Hoeveel kos die sertifikaat nou weer? He he haaa. Vertel asb nog n grap asb?

Pieter ·

Zuma se hele politieke loopbaan moet as n flater beskou word.

Louise ·

Gaan terug skool toe, Zuma’tjie. Dis egter mos vir jou gratis.

carel smit ·

Hulle is die 2 de grootste maar hulle produseer die minste kos,daaikan ek nie verstaan nie,en ek weet nie hoe slim is sy bevolking nie,as hulle slim was sou hulle kos produseer

Yahlega Ihlathini ·

Nee daai begryp ek goed! Die “opkomende boere” in SA se landbou grond wat voorheen kommersieel geproduseer het is ook nou onproduktief… tog meen Zuma steeds dat grondhervorming al manier is hoe armoede tot n einde sal kom. Ek wonder in watter ere doktorsgraad het hy dit gelees ?

Andre ·

As Zuma sy mond oopmaak adverteer hy sy onkunde aan die hele wereld. Laat Ramaphosa liewer die praatwerk doen voordat die rand so ver val dat ons geld ook ‘n vervaldatum op kry soos die Zim dollar destyds.

Rynhardt ·

Yahlega, grondhervorming gaan nie welvaart skep soos wat Zuma en sy maters belowe het nie.Vir 22jaar is SA geregeer volgens die implementering van die Vryheidsmanifes wat die SA ekonomie vernietig het en gemaak het dat die rand sy waarde verloor het.In die verlede het ek dit baie uitgespel in media terwyl die liberale ekonome, liberale kommentators ens.die polities korrekte weg volg, want hul is bang hul gaan die pad stap wat Chris Hart gevolg het.In die verlede was die Vryheidsmanifes geneem na Rusland vir goedkeuring en is die Anc gebreinspoel met kommunistiese ideologie! Regstellende aksie verhoed dat kundige mense navore kan tree om n welvarende, ekonomiese land te skep vir mense.Zuma en Anc wil nou boere blameer vir hulle mislukkings:Dit is Jan van Riebeeck of weer witmense of “Mnr.Apaetheid “.Die probleem is Zuma en Anc wat misluk het! Zuma en Anc skep nie werk nie, misdaad floreer, oopgrense laat onwettige immigrante floreer na SA.Dit beteken probleme gedy sonder n doeltreffende ekonomiese stelsel! Kom ek noem nog n voorbeeld.Gister het Radio Helderberg berig dat dit presies 16 jaar was dat pres.Mugabe boere se plase onteien het.Nou wil Mugabe n opname doen om te bepaal of gevestigde boere geslaag het.Hy hoef nie, want sy land en mense krepeer van hongerte en ellende! Hy het sy land ekonomiese vernietig en dien ook as inspirasie vir Anc! As boere (wat nie finansieel bygestaan word deur Zuma en Anc nie) hul grond verloor in SA, sterf al jou mense en diere van hongerte en ellende! Dit is realisme waarmee n dansende Zuma nie mee rekening hou nie! Hou gerus dop die volgende:Rand gaan binnekort R18 verhandel teenoor dollar en later weer R21teenoor dollar wat ekonome nie sal se vir jou nie.Ons geld gaan baie vinnig sy waarde verloor.Met die begroting wat voorle, gaan Zuma en kie. jan publiek nog meer belas! Zuma kan aanhou met verskonings soos hy wil, hy en Anc het misluk! Bakhand staan, gaan nie n welvarende SA skep nie!Jy het n heel nuwe party en leier met visie nodig!

se net ·

Dink julle hy skryf sy eie speeches wat hy so voor die media kwyt raak???
indien nie dan is die ene wat in beheer is daarvan mos net so slim soos hy of hoe?????

Theresa B ·

Sal maar nie kommentaar lewer nie. Dit sal in elk geval nie gepubliseer word nie…………………………..

HEVW ·

Hy het nie daai doktorsgrade present gekry nie. Glo my dit kos ons land der miljoene. Noem hom maar net dokator en hy gooi sy handtekening.

Theresa ·

Ha ha hie hie hieieieiiee. Wat ‘n bogspul raak die man tog kwyt!! Respek-peiling sal interessant wees.

Henri ·

Dagse Mense, Wonder net, gisteroggend was daar ‘n foto van ‘n #ZUMA MUST FALL plakkaat teen ‘n gebou in New York VSA op Facebook. Wonder hoeveel SAners het dit gesien? Lyk my party in die buiteland hou ook nie meer van sy grappies nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.