Zuma se kinders in ongeluk

Pres. Jacob Zuma. Foto: Ntswe Mokoena, departement van kommunikasie

Pres. Jacob Zuma. Foto: Ntswe Mokoena, departement van kommunikasie

Drie van pres. Jacob Zuma se kinders is in die hospitaal opgeneem nadat hulle Vrydag in ʼn ongeluk betrokke was.

Volgens Mac Maharaj, woordvoerder van die presidensie, het die ongeluk Vrydag in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, plaasgevind.

“Die kinders en die bestuurder is in ʼn stabiele toestand nadat hulle vir verskeie beserings behandel is.” Maharaj het geen verdere besonderhede bekend gemaak nie.

“Die presidensie wens die familie alle voorspoed toe in dié tyd en wens die kinders ʼn spoedige herstel toe.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

12 Kommentare

jongste oudste gewildste
Fasted

Gesuip? Natuurlik nie. Karma? Nou praat jy………

Johan

Wonder of hulle met ‘n blou lig kar gery het.

Francois

Seker op pad Nkandla toe vir ‘n long weenend….

Gert

ag asb moet dit nou in die nuus wees omdat hy president is dit is belaglik hy het in elk geval soveel kinders ken hy hierdie drie? Indien wel stuur hulle volgende keer liewer per helikopter Nkandla toe vir `n naweek ons belasting betalers betaal mos

Piet

Siestog watch the cry in my eye. Hier kom seker miljoene se pad ongelukke fonds uitbetaalings