Zuma se kleinneef sterf

Jacob Zuma (Foto: Nic Bothma, Pool via AP)

Ntokozo Busa Amadoe Zuma, oudpres. Jacob Zuma se kleinneef, het Dinsdag op die ouderdom van 29 in Durban gesterf.

Busa is die enigste seun van Khulubuse Zuma, ʼn neef van Jacob Zuma.

Die ANC se Msholozi-tak, waarvan Khulubuse ʼn lid is, het Busa se dood op hul Facebook-blad bevestig. Die tak het gesê Busa is dood ná ʼn kort siekte, maar nie meer inligting verskaf nie.

Volgens mediaberigte het die Zuma-familie Dinsdag bevestig dat Busa aan lewerversaking gesterf het. Die familie het hom as ʼn ware sakeman en entrepreneur bestempel en gesê hulle is in rou oor sy dood.

Times Live berig Busa word oorleef deur drie seuns, sy ouers, ʼn ouma en talle ander familielede.

Busa se dood kom kort nadat Vusi Nhlakanipho Zuma, een van Jacob Zuma se seuns, in Julie vanjaar aan lupus in ʼn Johannesburgse hospitaal gesterf het. Vusi was een van vyf kinders wat verwek is uit die huwelik van Zuma en sy derde vrou, Kate Mantsho. Hy was 25 jaar oud.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Riaan ·

Dit maak twee van ons Thys. Die ware sakeman gedeelte verwar my net. Sal eerder nie skryf wat Ek dink nie.

Lindtjies ·

Susan, ek dink jy verstaan vir Thys en Riaan verkeerd. Hulle is nie onsimpatiek teenoor ‘n persoon wat sterf nie maar wel teenoor die oud president. Menigte voel dieselfde. Hoe minder ons van hom hoor hoe beter.

PLP ·

Dit is nie of ek nou gaan jaag om n ruiker te koop nie. Dit het eintlik niks met ons uit te waai nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.