Zuma se kleinneef vas vir spoed

Khulubuse Zuma. Foto: Sunday Times

President Jacob Zuma se kleinneef, Khulubuse, is in Ballito aan die KwaZulu-Natalse kus in hegtenis geneem vir ʼn spoedoortreding.

Die Daily News berig dat Zum op 9 Januarie in hegtenis geneem is nadat hy teen 181km/n betrap is in sy silwer Maserati. Hy het op 10 Januarie in die Umhlali landdroshof verskyn waar hy skuld erken het en ʼn boete van R3 000 opgelê is. Die departement van vervoer het nie op navrae reageer nie. Zuma was einde verlede jaar in die nuus nadat hy vir sy verloofde ʼn 2009-Maserati gekoop het wat tussen R1 miljoen R1,6 miljoen kos. Zuma is ʼn direkteur van Aurora wat voorheen die Grootvlei- en Orkney-myne besit het. Oud-president Nelson Mandela se kleinseun, Zondwa, is ook ʼn direkteur van Aurora. Zuma is vroeër die maand deur die Pretoria hooggeregshof beveel om meer as R10 miljoen aan die Protea Coin veiligheidsmaatskappy te betaal. Protea Coin het vir langer as ʼn jaar by die Grootvlei-myn gewaak.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.