Zuma se laaste presidentstoespraak: ‘Ek het my bes probeer’

anc-leierskap-pres-jacob-zuma-01

Uitgaande president Jacob Zuma lewer sy finale toespraak as partyleier Saterdag by die ANC se nasionale leierskapkonferensie in Johannesburg. Foto: Jonisayi Maromo / ANA.

Die ANC-president, Jacob Zuma, het in sy laaste politieke toespraak as leier van die party onder meer die media, regbank, sakewêreld en nie-regeringsorganisasies skerp gekritiseer.

Zuma, wat sy termyn van tien jaar as leier van die regerende party afsluit, het dié toespraak Saterdagmiddag ter opening van die ANC se 54ste nasionale verkiesingskonferensie by die Nasrec-sentrum in Johannesburg gelewer. Die geleentheid, wat tot Woensdag sal duur, word deur meer as 5 000 afgevaardigdes en sowat 1 000 lede van die media bygewoon.

Zuma het in sy toespraak uitgevaar teenoor ANC-lede wat die party oor interne konflik hof toe sleep. Hy het gesê die party veroordeel die soort optrede en die kwessie moet bespreek word omdat “dit die gesag van die ANC geleidelik verswak”.

“Dit is ʼn soort siekte om die party na die hof te wil neem. Regters kan ook nie die rigting vir ons beweging aanwys nie. Diegene wat die party hof toe wil neem, moet onmiddellik uit die party wees,” het hy gesê, te midde van ʼn gedempte applous vanaf die afgevaardigdes.

Die president het ook ʼn vinger na die media gewys en gesê dit word deur magte beheer wat vyandig teenoor die ANC is. Die vyandige optrede van die media het ook volgens hom in die laaste paar maande verskerp.

“Ons moet bewus wees daarvan dat die media ʼn aktiewe deelnemer met gevestigde belange is, eerder as ʼn onpartydige en regverdige waarnemer oor ANC-aangeleenthede,” het Zuma gesê.

Die president het NRO’s en die burgerlike samelewing veroordeel omdat hulle saam teen staatskaping opgemars het. Hy het ook nie die drieledige-alliansievennote van die ANC gespaar nie. “Ons het in die afgelope maande gesien dat ons alliansievennote langs die regsgesindes stap en saam eis dat die president moet bedank terwyl hulle selfs sover gaan as om die president te verhoed om sekere geleenthede by te woon,” het Zuma gesê.

Zuma het voorts ook gesê die ANC werk aan sy mikpunt van radikale ekonomiese transformasie, maar het gemaan dat diegene wat tans die begunstigdes is van die maatskaplike-ekonomiese status quo natuurlik daarteen gekant sal wees omdat hulle bedreig word.

Die president het verder sy kommer uitgespreek dat witboordjiemisdaad anders as staatskaping gehanteer word en gevra wetstoepassers moet strenger teen hierdie soort misdaad begin optree.

Hy het ook gewaarsku teen roekelose partyleiers wat die mag het om uitsprake te maak wat die land se ekonomie kan beïnvloed en gevra daar moet beslissend opgetree word.

Sommige afgevaardigdes het regdeur sy twee uur lange toespraak hulle onwrikbare ondersteuning toegewys deur hier en daar ʼn applous te gee.

Dit blyk ook dat Zuma gehoop het vir ʼn groter reaksie van afgevaardigdes op sy aankondiging dat die presidensie besluit het om universiteitsklasgelde vir arm en werkersklasstudente kwyt te stel, maar die reaksie van die vloer was maar skraal.

Die afgevaardigdes het positiewer gereageer toe hy hulle bedank het vir hulle ondersteuning. “Ek het my bes probeer. Ek koester geen wrok [nie],” het Zuma afgesluit. Hy het ook vir oulaas ʼn liedjie en paar danspassies ingewerk om sy laaste politieke toespraak af te sluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Mike Stander ·

Stem!!
Kan een mens onder soveel waan lewe? Ek glo Zuma het ook sy eie Auriga wat agter hom loop en hom die heel tyd in sy oor fluister “jy is amazing, jy is amazing”…
Want niemand anders dink of sê dit nie

Max ·

Hy het puik gebou op Madiba se droom vir die Nuwe RSA. Kyk net hoe goed vorder die tweede fase van die revolusie (madiba droom) met die gratis universiteits opleiding !

G ·

Ag kom nou wie glo jou ou zumpie ! Probeer om op te hou om so vir jouself te lieg ook as jy skrik skrik net wakker

Max ·

G, Hy is besig met n suksesvolle revolusie en sodoende breek hy die land suksesvol af!

HPV ·

Jy het die land en ekonomie totaal vernietig. Om te sê jy was ‘n pateet as president is om dit lig te stel!

Kietie Kat ·

Dankie tog ons is van die patetisie leierskap verlos. Wie is nou die president? Ons gaan nog lank sukkel om die skade wat Zuma ons Boere volk en Suid-Afrika aangerig het te herstel.

Blits ·

Hy het sy bes probeer, OM ONS LAND HEELTEMAL TE VERNIETIG EN ONHERSTELBAAR TE MAAK MET N EKONOMIE SWAKKER AS ZIMB.

Wat verwag jy van n mens net met graad 5?? hy weet nie wat dit beteken as hy sê dat hy sy bes probeer het nie

Yankee ·

Kietie ?, vergeet tog nou “skade” aan boerevolk!! Skade aan Suid-Afrika klink meer reg.

Renier ·

Sy bes gedoen !!!!???? Hoe lyk sy swakste ? En die pers is nie vyandig nie. Hulle berig naar net wat gebeur. As jy goeie dinge doen of gedoen word wat gedoen moet word sal hulle daaroor berig. Hoe moeilik is dit nou.

Dirk ·

Natuurlik het hy sy bes probeer! Jy kan nie gee wat jy nie het nie. Hy het alles gegee wat hy het! As jy bankrot is rakende jou waardes en sin vir verantwoordelikheid vir ‘n hele land en jy probeer jou bes dan het Jacob Zuma natuurlik alles gegee wat hy het! Bankrot mense saai bankrotskap!

Eddie ·

Zumpie , jy het jou bes probeer en dit wragtig reggekry om van die land ‘n gemors te maak op alle terreine en jy gaan steeds voort daarmee !!!

South African Animal Farm Plaasvark ·

En wat het ons as Suid-Afrikaners van die South African Animal Farm geleer uit die Zuma era? En wat gaan ons daaromtrent doen? En wat gaan ek en jy doen? WAARSKYNLIK NIKS behalwe hooghartig gal braak om die braaivleisvure en aanlyn kommentare lewer!

pieter ·

Wie het die ekonomie beinvloed ?????? elke keer as jakopie iets se of doen val die rand gaan kyk maar te veel om op te noem – Kyk wa staan die rand vandag hoekom ???????>?

John ·

Wat veel erger is, is dat die ANC hom aangestel het… en ‘n tweede keer en telkens aanslae teen hom in die parlement afgeweer het. Nou wens selfs Mbete, wat so snedig was teenoor die opposisie, hom weg. Die laaste dwase stap om miljoene te lok na lekkerlewe-universiteite (wie gaan hulle na dese kan uithou?) is sy beste poging om sy eks-wedelhelf verkies te kry; deel geskenke uit op skuld wat hy nie self gaan betaal nie ~ soos gewoonlik~ en hoop die beloftes gaan kiesers se koppe laat uithaak. Met ‘n klomp bogus-stemme teenwoordig, is enigiets moontlik… Zuma sal die land vernietig om sy eie bas te red en aan-poer-poer tot ’19. En met die Zette aan die stuur gaan ons bootjie vinniger as gou vol water lek…. terwyl ons geld druk soos Zim-jan om die gate toe te stop…

Wilna Marx ·

Mag so wees, maar Pres Zuma het die kat bietjie aan die stert beet. Ek glo hy het sy bes gedoen…. Om homself te verryk….. Nie om sy land ten beste te dien nie.

Haan ·

Ek haal my hoed af vir die man. Hy het die bewerkstelliging van die ANC se droom om alles wat wit is en werk te vernietig, bitter goed reggekry! Ek moet hom bedank vir sy onbaatsugtige bydrae tot die ANC paradys waarin ons nou leef. Hy kon honderdmaal die infrastruktuur vernietig wat mandela kon – en dít nog sonder n enkele bom! Die enigste man ter wêreld wat n salaris groter as sy wiskundige vermoëns verdien! Zuma, jy is die verpersoonliking van die ANC.

Hou maar daai fire-pool van Nkandla naby, want daar waar jy gaan, gan jy hom bleddie nodig hê

ID10T ·

Jip ons weet jy het baie hard probeer om jou sakke vol geld te stop, jip ons weet jy dink daar is altyd room for improvement.

bollie ·

Sonder sy toedoen sou die ANC nie so vinnig agteruit gegaan het nie. Ons moet eintlik dankbaar wees daarvoor.

Chrisjan ·

Hyt die golfie van apartheid gery tot hy nie meer kon nie.Nou kom maak hy of hy so baie vir die land gedoen het?Hy is die swakste president in wereld geskiedenis!NIEMAND het so droog gemaak soos hy nie.Waars die werkskepping wat hy belowe het?Hyt die labd ee ekonomie afgetakel.Hy het hoogverraad teen sy eie mense gepleeg en almal juig!Klomp simpel idiote!

Max ·

Hy het duisende werksgeleendhede uit gevoer na China en Dubai.

BANG JAN SE VROU ·

Zuma is dom en daarom het die Guptas hom as’n maklike teiken gesien om hulself te bevoordeel en die arme Standerd 3 leerdertjie in die stof te laat byt met derduisende rande.

Pieter ·

Ons 5de Ninja Turtle, maak nou soos n goeie skilpad hom betaam en gaan kruip weg by Nkandla met jou kop in jou dop.

Jan Dutch ·

Zuma zal wel net zoals Mugabe vrijstelling krijgen van vervolging.
ANC is ondanks verlies nog te machtig. Maar één dag zal ook Zuma voor zijn Rechter staan.
Suid-Afrkaners baie sterkte in de toekomst.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.