Zuma se mediese verslag eindelik ingedien

Oudpres. Jacob Zuma. (Foto: Emmanuel Croset/AFP)

’n Mediese verslag oor oudpres. Jacob Zuma se siektetoestand is eindelik by die hooggeregshof in Pietermaritzburg ingedien nadat sy dokters die sperdatum van ’n week gelede (20 Augustus) gemis het.

“Ek kan bevestig dat Zuma se regspan ʼn mediese verslag ingedien het wat verband hou met sy siektetoestand,” het adv. Mthunzi Mhaga, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) Vrydagaand aan Maroela Media gesê.

Dit is egter steeds nie bekend wat die oudpresident makeer nie.

Mhaga het gesê die mediese verslag is ʼn vertroulike dokument en die NVG sal geen verdere kommentaar lewer totdat die saak in die hof aangehoor is nie.

Die hof het vroeër vandeesmaand ’n mediese verslag aangevra om Zuma se geskiktheid te bepaal om in die korrupsiesaak teen hom en die Franse wapenvervaardiger Thales te getuig.

Die saak word nou op 9 en 10 September aangehoor nadat dit vroeër vandeesmaand weens Zuma se hospitaalopname uitgestel is.

Die oudpresident is op 6 Augustus in ’n hospitaal opgeneem en het intussen ’n operasie ondergaan.

Zuma word deur 16 aanklagte in die gesig gestaar vir die 1999-aankoop van onder meer vegvliegtuie, patrolliebote en weermagtoerusting van vyf Europese firmas terwyl hy Suid-Afrika se adjunkpresident was.

Zuma dien tans 15 maande tronkstraf uit weens minagting van ʼn hofbevel om voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping te getuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Francois ·

Waarom het hulle die verslag aanvaar? Dit was na die sperdatum ingehandig. Tipies vertraagte taktiek. Hulle moes eers n dr kry wat bereid was om te lieg vir hom op n verslag

agnes ·

Lekker gekonkel, hy het seker die ook shabir shakes Se siekte om uit die tronk te bly

gatgogga ·

Ek dink ek weet iets omtrent die operasie wat Zuma moes ondergaan: sy toonnaels moes geknip word, en as die toestand nie verander nie, sal hy weer oor ‘n maand of so nog ‘n operasie moet ondesrgaan.

Drico ·

Ons as belastingbetalers en inwoners van Suid-Afrika is ook geregtig daarop om te weet wat in daardie verslag staan. Hy het lankal sy regte op privaatheid verloor.

Johann ·

Lekker man. Skreuende bewys dat Zuma en sy Zumaikies eenvoudig onverandwoordbaar is. Geen aanspreeklikheid of vervolging soos die regstelsel voorskryf nie.

Frank John ·

Verbasend hoe hy altyd die sper datum of tyd mis. Ek glo dit is sy modis operandi. Hy doen dit met opset om die wet te omseil en te wys hy sal hom nie onderwerp aan die gesag van die land en die se leiers nie. He defy’s them on every turn.
Ek glo hy wil hul wys hy sal nie aan hulle onderwerp nie.

Dup ·

Ek het nie geweet dat om skelm en slinks te wees nou as ñ siekte geklassifiseer is nie.

Francois Le Cochon ·

Hierdie slingse gevangene nommer 1 het lyk my meer lewens as ‘n kat. Om ‘n “criminal mind” te troef, moet jy selfs ‘n groter “criminal” wees. Hierdie paling gaan nie sommer vasgevat word nie.

Inkpot ·

Watse tipe besering kan so vertroulik wees? En waar is die besering? LOL

Corne123 ·

Hy het “VIPTRSD” VIP tronk reatment simdroom doodelik siek as hy in trok moet wees ander as dit makeer hy niks.En dan gaannjy huistoe maklik

Lee ·

Ek glo hy is gesond genoeg om sy dag in die hof te kry. Hierdie ernstige siektetoestand is oëverblindery. Hy is BANG om die gevolge van sy misdade te dra. LAFAARD!

JohanR ·

Net ‘n groot verneuk spul, Daar is baie mense in SA ou Zumpie wat NIE 30 percenters is nie EN kan tel! Het jy gholflitis?

Samuel ·

Jacob Zuma is die beste skaakspeler in die wêreld. Niemand sal hom troef nie. Pffffft.

Bernard ·

Gekneusde vingers; kasregister se laai het skielik toegeklap.

4ntj13 ·

Meeste mense word binne ʼn dag na chirurgie ontslaan omdat dit Covid is. Dis seker 40 jaar of meer sedert mense 2 weke na chirurgie in ʼn hospitaal moes bly. Tensy dit ʼn baie stadige staatshospitaal is.
Ek wonder hoeveel mense van DKD word daagliks gestuur om hom op te pas! Dit sal interessante leesstof wees!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.