‘Zuma se nalatenskap bepaal deur Nkandla’

Aartsbiskop Thabo Makgopa

Aartsbiskop Thabo Makgopa

President Jacob Zuma se nalatenskap is afhanklik van hoe hy die kwessie rakende die opgraderings aan sy privaatwoning in Nkandla hanteer, het die aartsbiskop van Kaapstad, Thabo Makgoba, gesê.

Makgoba het die uitlating Saterdag gemaak tydens ʼn optog buite die parlement. “Mnr. die president, hoe jy onthou word in die geskiedenis, jou nalatenskap, gaan bepaal word deur hoe jy met die land praat oor hoe jy die besluite gemaak het wat jy gemaak het,” het Makgabo gesê.

ʼn Groep godsdienstige leiers het van Distrik Ses na die parlement ʼn optog gehou ter viering van 20 jaar van demokrasie en om hul kommer te kenne te gee oor die huidige stand van sake in die land.

Makgoba sê hy wil Zuma glo “as hy sê dat hy nie ons land se tesourie beroof het nie. Maar as hy nie het nie, het hy die trapleer vasgehou? Indien hy het dan is hy net so skuldig soos die persoon wat deur die venster geklim het.”

Hy sê Zuma moet dringend Suid-Afrikaners oor die aangeleentheid toespreek aangesien daar “historiese vlakke van wantroue” in die regering is. “Ons moet die stem van verantwoordelikheid hoor praat.” Makgoba sê Suid-Afrika se huidige “historiese geleentheid” is nie die viering van twee dekades van demokrasie nie maar eerder wat Zuma oor die lot van die land besluit. “Dit is in jou oomblikke van beslissing of besluiteloosheid dat ons lot gevorm word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

alet ·

Slaan hom dat hy luister hy het nie ore nie en moet opgevoed word net jammer dit moet vir hom se word

de ·

As selfs die Kerk Zuma berispe vir sy vergrype met Nkandla, speek dit van die erns van die saak en tog blyk dit dat Zuma nie veel omgee nie.

Die enigste afleiding wat enige regdenkende mens kan maak is dat Zuma ‘n groot bedrieër is en skaamteloos met sy skelmstreke omgaan – hy blyk verder heeltemal ongeërg te wees oor hierdie massiewe bedrog.

Alta ·

Ja en oor 5 jaar baklei die klomp kinders soos Mandela sinne oor wie kry watse grond en huis

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.