Zuma se neef beboet kerk met vier bokke

Argieffoto (Foto: ansi.okstate.edu)

Argieffoto (Foto: ansi.okstate.edu)

ʼn Kerk in Eshowe in KwaZulu-Natal is met vier bokke beboet nadat dit glo Sibusiso ‘Deebo’ Mzobe se voorvaders se vrede gesteur het.

Mzobe het glo die Rooms Katolieke kerk beboet nadat dit suikerriet op die noordelike plaas gebrand het waar sy poligamiese oupa en sy drie vroue begrawe is. Die Sunday Times berig Mzobe is pres. Jacob Zuma se neef.

Biskop Xolelo Kumalo van die Eshowe katolieke bisdom het aan die koerant gesê dit is ʼn verrassing dat daar grafte op die grond is. “As ʼn kerk respekteer ons kultureel die grafte,” het Kumalo gesê. Hy sê Mzobe moes die kwessie met die plaaslike stamhoof, Sithembiso Ntuli, bespreek het.

Ntuli het egter aan die Sunday Times gesê volgens sy inligting is daar geen grafte op die grond nie. Hy het egter ingestem dat Mzobe die grond moet kry om “enige konfrontasie” te verhoed.

Mzobe wou nie kommentaar lewer nie en het alle navrae na sy familiewoordvoerder verwys. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Heila ·

Zuma se neef beboet kerk met 4 bokke!!!! wat het van respek vir GOD geword. SA het die pad veseker byster geraaaaaaakkkkk!!!!
Heila

Jasper ·

Dit is nou die tipe mens waarmee ons moet hande vat en saamwerk. Ek sal graag die verligtes se kommentare hier wil hoor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.