Zuma sê oor Marikana-verslag

Onrus in Marikana, Augustus 2012

Onrus in Marikana, Augustus 2012

Pres. Jacob Zuma het Dinsdag gesê hy sal nie swig onder toenemende druk om die Marikana-verslag beskikbaar te stel nie.

Zuma het tydens die indiening van sy begrotingsrede in die Nasionale Vergadering gesê hy sal slegs die Farlam-kommissie se verslag uitreik wanneer hy dit behoorlik bestudeer het. Die kommissie het die verslag opgestel ná ʼn ondersoek na die voorval in Augustus 2012  waartydens 44 mense by Lonmin se platinummyn in Marikana, naby Rustenburg in Noordwes, doodgeskiet is.

“Ek ken en waardeer die angs van diegene wat geraak word. Dit sal egter onvanpas wees vir my om net die verslag bekend te maak sonder dat ek behoorlik daaroor nagedink het. Die verslag sal voor einde volgende maand uitgereik word,” het Zuma gesê.

EFF-LP’s het tydens die indiening van Zuma se begrotingsrede ʼn stille protes gehou waartydens hulle papiere met die woorde “Release Marikana report” omhoog gehou het. Zuma het dit egter geïgnoreer en voortgegaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Nina ·

Jy moet kan LEES en VERSTAAN om iets te bestudeer, ou beesblaas. En darem ‘n IK van meer as 30 hê om oor iets ‘na te dink’. Pateet.

CHRISTA ·

Zuma begin al hoe meer brûe afbrand. Hy gaan een van die dae nie meer omdraai-kans hê nie en dan sal hy moet SPRING!!! (Wonder of hy al sy truuks by Mugabe geleer het?)

M ·

Duidelik speel hy weer vir tyd dat iemand anders vir hom kan lees en verstaan. Dit is vêr bokant sy vuurmaak plek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.