Zuma sê oor standbeelde

Pres. Jacob Zuma by die onthulling van Chris Hani se graf as 'n erfenisterrein op 10 April 2015 Foto: @presidencyZA, Twitter

Pres. Jacob Zuma by die onthulling van Chris Hani se graf as ‘n erfenisterrein op 10 April 2015 Foto: @presidencyZA, Twitter

Pres. Jacob Zuma het Vrydag gesê ʼn nuwe inklusiewe erfenis moet vir die land geskep word, en dit moet binne die wette van die land plaasvind.

“Die verwydering van koloniale standbeelde moet binne die wette van die land geskied,” het Zuma tydens die 22ste herdenking van Chris Hani se sluipmoord in Boksburg, gesê. “Deur die standbeelde te vernietig rig skade aan die bewaring van die geskiedenis van die land, insluitend die afstootlike koloniale apartheidsgeskiedenis.”

Hy het gesê dit is belangrik dat alles ordelik en volgens die wette van die land moet geskied.

“Toekomstige generasies moet weet wie ons land gekolonialiseer het en wie apartheid ingestel het wat uiteindelik deur die Verenigde Nasies as ʼn misdaad teen die mensdom verklaar is. Wat ons moet bespreek, is dus die ligging van hierdie koloniale en apartheidsartefakte en ons is dankbaar dat die debat begin het.”

Zuma het Vrydag Hani se graf as ʼn erfenisterrein verklaar. Hani, hoof van Umkhonto we Sizwe, die gewapende vleuel van die ANC, is op 10 April 1993 vermoor.

Pres. Jacob Zuma lê 'n krans by Chris Hani se graf op 10 April 2015 Foto: @presidencyZA, Twitter

Pres. Jacob Zuma lê ‘n krans by Chris Hani se graf op 10 April 2015 Foto: @presidencyZA, Twitter

Zuma het saam met Hani se familie en verteenwoordigers van die MKMVA, Sanco, Cosatu, SAKP en die ANC aan ʼn kransleggingseremonie deelgeneem. Hy het die Chris Hani-monumentplaatjie onthul voordat hy ʼn gedenktoer onderneem het. Blade Nzimande, uitvoerende hoof van die SAKP, en ANC-sekretaris-generaal Gwede Mantashe, en Chris Hani se weduwee Limpho Hani, het hom vergesel.

“ʼn Belangrike aspek om ware versoening te bereik, sluit ʼn nuwe erfenislandskap vir ons nuwe demokratiese samelewing in,” het Zuma gesê. “Dit moet gebaseer wees op ons geskiedenis van die strewe na vryheid, gelykheid en geregtigheid. Vandag open ons amptelik die Chris Hani-gedenkterrein, en dit sal geslagte lank nog mense oplei oor sy nalatenskap en strewe na vryheid.”

Zuma het bygevoeg geskiedkundige persele, individue en organisasies wat ʼn bydrae gelewer het tydens die vryheidstruggle is geïdentifiseer om opgegradeer te word en as erfenisterreine verklaar te word. “Só skep ons ʼn verteenwoordigende en inklusiewe Suid-Afrikaanse geskiedenis en erfenis. Dit sal ook ʼn bydrae lewer tot gedeelde waardes en ʼn gemeenskaplike nasionale identiteit in ons land.”

Zuma het hom ook skerp uitgespreek teen die xenofobie in die land en het gesê die regering se beleid oor hoe vlugtelinge hanteer word, moet heroorweeg word. “Dit is so dat daar ʼn groot aantal uitlanders onwettig in die land is, en die regering hanteer die probleem. Ons sal seker maak dat niemand onwettig of sonder dokumente in ons land woon nie. Maar talle uitlanders is wel wettig in ons land en lewer ʼn bydrae tot die bevordering en sukses van die land. Talle word aangestel om aan skaars vaardighede in ons land te voldoen sodat ons die land kan ontwikkel.” Hy het egter bygevoeg dat geen ekonomiese moeilikheid of ongelukkigheid ooit ʼn aanval op uitlanders, wat winkels en ander ondernemings besit, kan regverdig nie.

Blade Nzimande, uitvoerende hoof van SAKP, het vroeër gesê apartheidsparke moet opgerig word waarheen afstootlike standbeelde geskuif kan word sodat Suid-Afrika opgelei kan word oor sy geskiedenis. “Ons verwelkom die debat oor simbole van koloniale en apartheidsverdrukking,” het Nzimande gesê. “Ons stem nie saam dat die standbeelde vernietig moet word nie. Ons moet die skuif sodat mens kan deurstap en iemand jou telkens kan verduidelik wat en wie dit is.”

Clive Derby-Lewis is skuldig bevind aan ʼn sameswering om Hani te vermoor deur die vuurwapen aan die Poolse immigrant Janusz Walus te verskaf. Nzimande het gesê die SAKP staan nie Derby-Lewis se parool teë omdat die party sleg wil wees nie, maar omdat die party glo hy weerhou inligting oor Hani se moord. “Die waarheid het nog nie uitgekom nie. Derby-Lewis moet die waarheid praat,” het hy gesê.

Bron: Ockert de Villiers, News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

iemand ·

Dis ales goed en wel hoe hul se hul wil nie die standbeelde afbreuk nie, maar as ek so lees klink dit na breinspoelery van alles toe was sleg en verkeerd, en almal wat daarmee en die velkleur geasosieer word is net so sleg, kom ons maak ‘kampe’ vir die slegte goed waarvan ons nie hou nie, en gee ons eie weergawe van die geskudenus daaroor.

Gideon Roos ·

Dit begin met kanpe vir ons monumente en standbeelde, en Dan word dit kampe vir ons mense.

Hierdie is dieselfde stappe wat Adolf Hitler gevolg het voor die massa moord van die Joodse Volk.
1. Begin deur die Volk en alles wat met dit geassosieer word te kriminaliseer.
2. Blameer alles wat vout is in die land op die Volk ter sprake..
3. Skep sodoende die mentaiteit dat as jy die Volk vernietig, jy die probleme vernietig.
4. Isoleer die Volk, vorseer hulle uit hulle werkpleke, en magsposisies. Sodoende vernietig jy hulle kapasiteit om hulself geregtelik te beskerm en te verdedig.
5. Identifiseer die Volk, vorseer hulle om identifiserende tekens of kleding te dra.
6. Vervolg die Volk deur hulle in kampe en Ander afsonderlike inrigtings te plaas.
7. Moor die Volk uit.

Op die oomblik is die eerste 4 stappe reeds in plek en besig om te gebeur.
Dit is om hierdie rede dat Suid-Afrika as ‘n klas 6 land op die genocide scale geplaas word:
‘n land wat gereed maak om volksmoord te pleeg.

Grassie ·

Gideon – jou punt 5 word reeds nagekom. Ons dra reeds ‘n identifiserende teken – ons wit vel.

Afrikaner ·

Gideon – Stap 5 is reeds daar. Stap 6 en 7 het hulle omgeruil omdat ons volk reeds uitgemoor word maar nie bekend gemaak word aan die wereld nie omdat die grootste gedeelte van die media hierdie gerugte underdruk en onder die mat vee.
Sodra ons getalle aansienlik geval het sal hulle ons afsoder en probeer uitmoor.
Maar weet ons regtig wie ons is? Het ons vergeet van die slag van Bloedrivier? Die boerevolk dink hulle enigste uitweg is om met i grootliks ongewapende volk waarvan die meeste ou mense vroue en kinders is die swart massas alleen aan te vat en te oorwin!!
Ons het eintlik net ons gesig weg van God gedraai en gebruik hom slegs vir i spaarwiel in plaas van ons lewens stuurwiel. Daar is i muur gebou tussen God en sy volk wat eers moet val. God kan niemand help wat hom verhinder om hom te help nie ” Hy het ons mos vrye wil gegee” Sodra ons werklik, werklik Hom toelaat in ons strewe na veiligheid en rus, sal ons geen vrees meer he nie. Ons sal moet laat gaan en God laat doen. Ons moet op hom vertrou soos i kind en nie in Sy pad staan wanneer hy begin skoon vee nie anders is jy ook voor sy swaard. So kom ons versprei die woord ” Laat alles gaan en laat God doen”. Hy belowe dat sy Woord nie ledig terug sal keer na jou nie.

chanel ·

Ek stem! Dis wie ons is! Dis wie die Afrikaner is. Ons is God se volk. Ons kan niks sonder Hom aanpak nie, dis ons geskiedenins en dis ons erfenis en dis ons toekoms. God en God alleen. Deur ons geskiedenis en kultuur was die volk die Afrikaner, nog altyd nederig voor God en het hulle altyd hul kop laat sak in gebed vir als wat hul nodig gehad het en ook ontvang het. Selfs die oorwinning en selfs die land Suid Afrika is deur God vir ons gegee. Nie omdat ons dit verdien nie, maar omdat ons Hom geken het. Betogings, woede, dit gaan ons nerens bring nie. Nie as ons nie God betrek en vra om ons te ly en te help nie

Andre ·

Ek ons weet mos wat Zuma se en doen, is twee verskillende goed. Die situasie gaan net vererger. ..

V ·

Stem saam Martel.Die breinlose ruggraatlose goed kon nog nooit dink nie.Hul het dan vervalste kwalifikasies en het net graad 5 agter hul naam.Dis hoekom die land in die gemors is wat dit is.

CHRISTA ·

Hoekom moet hulle uitlanders met vaardighede aanstel in posisies. Hier is landsburgers wat die nodige vaardighede en kwalifikasies het. Is dit omdat hulle WIT IS dat hulle nie aangestel kan word nie? Affirmative Action = ANC Apartheid!!

Afrikaner ·

Gideon – Stap 5 is reeds daar. Stap 6 en 7 het hulle omgeruil omdat ons volk reeds uitgemoor word maar nie bekend gemaak word aan die wereld nie omdat die grootste gedeelte van die media hierdie gerugte underdruk en onder die mat vee.
Sodra ons getalle aansienlik geval het sal hulle ons afsoder en probeer uitmoor.
Maar weet ons regtig wie ons is? Het ons vergeet van die slag van Bloedrivier? Die boerevolk dink hulle enigste uitweg is om met i grootliks ongewapende volk waarvan die meeste ou mense vroue en kinders is die swart massas alleen aan te vat en te oorwin!!
Ons het eintlik net ons gesig weg van God gedraai en gebruik hom slegs vir i spaarwiel in plaas van ons lewens stuurwiel. Daar is i muur gebou tussen God en sy volk wat eers moet val. God kan niemand help wat hom verhinder om hom te help nie ” Hy het ons mos vrye wil gegee” Sodra ons werklik, werklik Hom toelaat in ons strewe na veiligheid en rus, sal ons geen vrees meer he nie. Ons sal moet laat gaan en God laat doen. Ons moet op hom vertrou soos i kind en nie in Sy pad staan wanneer hy begin skoon vee nie anders is jy ook voor sy swaard. So kom ons versprei die woord ” Laat alles gaan en laat God doen”. Hy belowe dat sy Woord nie ledig terug sal keer na jou nie.

CP ·

Ek het die hoogste agting vir my oorlede pa, al is hy nie meer met ons nie. In die laat 70’s het hy my al by verskeie geleenthede gesê dat ons grootste gevaar is om ‘n kommunistiese land te word. ‘n Eenparty staat. Dis wat ons nou is. Toe het dit vir my vergesog geklink. Maar pa, ek moet jou gelukwens, jy was absoluut in die kol!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.