Zuma sê optogte wys ‘rassisme is ʼn werklikheid’

Pres. Jacob Zuma by die gedenkdiens vir die struggle-veteraan, Chris Hani, in Boksburg (10 April 2017). Foto: GCIS

Pres. Jacob Zuma het Maandag gesê verlede week se optogte wat landwyd gehou is om te eis dat hy uit sy posisie verwyder word, is ʼn bewys dat rassisme steeds ʼn werklikheid in Suid-Afrika is.

Opposisiepartye en burgerlike regte-organisasies het verlede week massa-optogte reg oor die land gehou om te eis dat Zuma bedank na aanleiding van sy onlangse middernagtelike kabinetskommeling waartydens Pravin Gordhan as minister van finansies die trekpas gekry het.

Nog ʼn massa-optog word vir Woensdag 12 April beplan wanneer optoggangers van kerkplein tot by die Uniegebou in Pretoria sal stap op dieselfde dag wat Zuma sy 75ste verjaarsdag vier.

Zuma het Maandag tydens ʼn gedenkdiens vir die struggle-veteraan Chris Hani ʼn beroep op Suid-Afrikaners gedoen om teen rassisme te veg ter herdenking van Hani wat sy lewe lank daarteen geveg het. “Ons het ongelukkig nog nie daarin geslaag om die nie-rassige samelewing wat ons beoog het te bou nie. Daar is ʼn herlewing van rassisme is ons land,” het hy gesê.

“Dit is ook duidelik dat rassiste meer gewaagd geraak het. Die optogte wat verlede week gehou is, demonstreer dat rassisme ʼn werklikheid is en steeds in ons land bestaan,” het Zuma gesê. “Baie van die plakkate en banniere wat omhoog gehou is, het menings weerspieël wat ons gedink het in 1994 al begrawe is, soos plakkate wat swart mense as bobbejane uitgebeeld het. Dit is duidelik dat sommige van ons wit landgenote swart mense as minder menslik of ’n sub-mens sien.”

ʼn Kranslegging ter herdenking van Hani se dood is in Elspark in Boksburg gehou. Hani is op 10 April 1993 tydens ʼn sluipmoordaanval buite sy huis in Dawn Park in Boksburg vermoor.

Zuma het gesê Suid-Afrika moet verby rassistiese uitlatings en openbare vertonings kyk in ʼn poging om rassisme hok te slaan. “Rassisme is ʼn growwe oortreding van menseregte wat hierdie land dekades lank in konflik gedompel het. Ons kan nie toelaat dat rassiste ons land agteruit neem nie,” het Zuma gesê.

Hy het verwys na die wetsontwerp oor die voorkoming en bestryding van haatmisdaad en haatspraak wat enige vorm van diskriminasie sal kriminaliseer.

Zuma het as deel van die seremonie ʼn gedenkplaat onthul om Hani se graf en die Chris Hani Memorial en Walk of Remembrance as ʼn nasionale erfenisterrein te verklaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

84 Kommentare

Dissie ·

Waar is die foto’s? Waar is die bewyse? Uit jou duim gesuig? Seker net nog ‘n leuen net om verdeeldheid te bring wanneer almal in ‘n eenheid teenoor hom opstaan!

Koos ·

Zuma is n strateeg. Ek begin al hoe meer wonder of die dalende rand en swaar toekoms nie deel is van sy plan om rasse haat aan te blaas nie. Hoekom praat van rassisme en radikale ekonomiese verandering kort na als wat hy nou in die ekonomie veroorsaak het. Hy bank daarop dat die armes agter hom gaan staan as hy vir hulle grond uitdeel.

Brian Sterley ·

Waar is die foto’s wat rassisme uitgebeeld by die optogte.

pamela Woest ·

Mr Zuma. Jy sien niks verkeerd met jouself nie. Daai optogte het alle kleure Suid Afrikaner bevat, nie NET wit of NET swart nie. Mr Zuma, bedank eerder.

Xavier ·

Maar natuuuuuurlik is daar steeds rassisme salank daar rassistiese wetgewing is. Kom ons kyk na BEE en ‘Employment Equity’ en regstellende aksie….nie eens van quota’s in sport te praat nie!!! Al daardie wetgewing het sy wortel in die euwel wat is Rassisme! So, as die hoogste gesag, naamlik wette, rassisme aanhits, sal daar mos rassisme onder die bevolking heers!

KZAN ·

Eks stem saam met jou Xavier, hulle gaan aan as of daar niks verkeer is met die wetgewing nie. Hulle is besig me n’ Zuma in die Parlement, dus TABOE! Kry julle self agter mekaar.

lw ·

Ly hy aan dementia? Of is dit hoog tyd dat hy weer gaan vir ñ oogtoets! Almal is keelvol vir hom – oor die rasgrense heen.
Hy is ñ bedrieer en niemand glo sy snert mee nie – net die Zuma lojaliste wie hul beursies wil volstop!

Hentie Smit ·

Nee nie dementia nie, net gewoon onosel. Net vindingryk as dit by steel kom.

Spook ·

Regtig? Is dit al rympie wat ky ken? Ek het laas in die kleuterskool met iemand gestry met die intelligensie vlak . Ou twenty eleventy seven and three!

Mike ·

Soek hy al weer verskonings vir sy onvermoeë om iets te kan reg doen. Hy wil weer mense opsweep teen mekaar. Swak verloorder.

Lizelle ·

Ag siestog dink hy Suid Afrika se mense is almal stupid of wat. Dit gaan nie oor rassisme hier nie dit gaan oor jy ons land uitverkoop het aan die Guptas. Jy meneer wat nie my president is nie is euwel en van jou moet baie beslis ontslae geraak word

Gerhard van der Merwe ·

Wat ek noe verstaan nie van watter rasisme praat hy nou wit op swart of swart op wit want ek het die optogte gesien en wit en swart het nie kleur daar geken nie hulle het ingehak en saam betoog teen Zuma so miskien kan Maroela media hier help as daar miskien optogte was waarvan net Mr Zuma weet lig ons ook dan asb want julle nuus is nogal op datum.

jaco ·

Word wakker. Die ANC beskou enige anti-ANC swartes, behalwe miskien die EFF, as die wit mense se tea girls en tuinwerkers. Ironies dat hulle dit by die oude wit Nasionale Party geleer het. Dis hulle wat jare lank gesê het jy is net ‘n goeie Afrikaner as jy Nasionaal stem.

Annatjie Kruger ·

Mr Zuma, gee vir ons een NET EEN voorbeeld van waar enige persoon swart mense bobbejane genoem is. Dit is natuurlik behalwe waar jy vandag beweer dat wit mense swart mense as bobbejane sien. Ek moet nog daardie plakkaat met so ‘n stelling op sien. En as daar na dese so ‘n plakkaat die lig sien sal ons almal weet dat dit vervals is deur een van jou trawante.

Sonja ·

So gerieflik pluk hy die rassekaart uit om die aandag weereens van hom af te hou. Nou dink hy seker almal gaan nou op die rassewa klim en gerieflik vergeet waaroor die optog eintlik gegaan het. O nee….ek kan net my kop skud in ongeloof.

Stem saam ·

Ja nee sy eggo het n knou weg nou wil hy weer die witmense blameer vir rasisme!!net snaaks hyt nie weer die woord apartheid gebruik nie! Ons witmense is nie welkom in hierdie land nie maar ons geld is goed genoeg vir hom?? Hoe verklaar n mens dit nou? Is SA nie n demokratiese land nie? Of geld dit net vir sekerre mense? Ons mag mos se hoe ons voel oor hom is dit nie? Al die landsburgers het gese hoe hulle voel ons mag ook mos? Of begin sy gewete hom pla?

annie ·

Duidelik kon hy nie aan ‘n beter verskoning dink nie….vir die eerste keer in jare het ons almal as een volk ongeag van kleur of ras saam gestaan toe ons sy kop geeis het.

Arriewarrie ·

Ag siestog dink hy Suid Afrika se mense is almal stupid of wat. Dit gaan nie oor rassisme hier nie dit gaan oor jy ons land uitverkoop het aan die Guptas. Jy meneer wat nie my president is nie is euwel en van jou moet baie beslis ontslae geraak word

Gerrie ·

Wat sy presidensiële onbekwaamheid nalaat om te noem, is dat daar ‘n oorsaak moet wees. Ek het ‘n paar gelede op ‘n projek saam met ‘n Swartman, ‘n ANC ondersteuner gewerk. By een vergadering het ek vir hom gesê: “…, you know I am not a racist. But let me say this today, it is becoming increasingly difficult not to be one.” En dis Zuma en sy gatsakhandlangers en families wat die oorsaak is.

JC ·

Hehe hehe, kritieke kognitiewe denke, logika en ander verbandhoudende denkprosesse ontbreek, en ons is almal deksels onnosel…

Johann ·

Die gesegde sê: “dont entertain fools”…maar dis haas onmoontlik om nie die kat op die warn plaat se dom onnosel dansies mis te kyk nie. Desperaat om die aandag af te hou van wat hy en sy boosheids denke beplan, nou gryp hy na die ras kaart. Irronies dat AS ras die issue was; dit JUIS sy eie ras is wat hom onder sy zir skop en wegjaag soos n sleg…wel die lys is LAAAAANK!

Jordaan ·

Die argument wat oorbly as mens niks anders meer het nie! Het enige van die plakkate in die algemeen verwys na mense van kleur, of net na jou, mnr Zuma? Soek bietjie agter jou eie deur vir die rede vir die felt dat die mense (van alle rasse) so oor jou voel.

gerrit ·

Wonder net wat sou gebeur het as dit n klomp blanke DA ondersteuners was wat n swart ANC ondersteuner aangeval het.
Maar nou was dit swart op wit en daar word verwys na politieke party geweld. Wonder maar net of rassisme net wit op swart kan wees……….

Naomi Berger ·

Hoe anders. Hy het nie die vermoë ominsig te toon nie. Siestog dis pateties

Irene ·

Ons soek nie a vrot appel met skildpad oe nie hy doen niks goed vir S A nie

Lila ·

Hy kan self nie lees nie, nou sit hy woorde op plakkate wat daar nie was nie. Nêrens sulke plakkate gesien nie! Net die wat die waarheid praat!

maria ·

DIS NET VREEMD VIR MY DAT DIT “RASSISME” GENOEM WORD AS VAN JOU EIE MENSE SAAM GELOOP HET EN DIE OPTOGTE BYGEWOON HET…. DIT WORD NET OMGEDRAAI MET DIE WOORD RASSISME MET DIE HOOP DAT DIT VERGETE WORD EN ALMAL MAAR MOET STIL BLY… “ONS MOET NIE DAT RASSISME DIE LAND LAAT AGTERUIT GAAN NIE” MAAR DIS NIE NODIG VIR RASSISME NIE NET ONBEKWAME MENSE.. EK GLO ALMAL WAT AAN DIE OPTOG DEELGENEEM HET SOU DIT OOK GEDOEN HET AS DIT N ANDER PRESIDENT WAS, WAT IN DIE SELFDE OMSTANDIGHEDE IS… EK WENS NET ONS ALMAL ( ALLE RASSE) KAN SAAM AS EEN STAAN EN N BETER WERELD MAAK EN OPHOU MOOR EN BESTEEL. ONS ALMAL HET N REG OM TE LEWE EN ONS VADER IN DIE HEMEL HET NIE N SEKERE LAND VIR SEKERE MENSE GEMAAK NIE…

Alida ·

As hy TV gekyk het die st 3 kind sou hy gesien het dat die meerderheid mense swart was. SY EIE NASIE. Daar was nie sprake van enige insidente nie en n volk het verenig soos nog nooit tevore nie. Kan sy raadgewers hom nie daarop wys dat hy WEEREENS n gat van homself maak nie. Mooi SA aan alle nasies my hart klop tjoklits vir Vrydag se optogte. Maak dit nou net groter en groter. Die arme man het gedink dit gaan net n paar 100 blankes wees toe ruk die hele SA op teen hom. Sy EIE mense. Kry vir jou!

Pieter ·

What is 1+1=eleventy and 2+2=seven. No no Zuma, you are the weakest link, and the WHOLE tribe has spoken, stand closer so Jeff can snuff your torch! Tsek nou, tsek!!!!

KZN ·

Daai kan net die witmense wees, want hulle was geplaas deur hul kleur.

Robert ·

Sê ń skelm, krimineel, bedrieër, dat rassisme bestaan. Arme idioot.

Dereck Le Roux ·

Die enigste rassisme hierby betrokke is die rassistiese BBBEE wette, 119 van hulle wat deur die ANC Regering ingestel is met die hoofdoel om witmense uit die arbeidsmark uit te marginaliseer en te vervang met onbekwame kaders en politieke pionne wat lojaal teenoor die ANC is.

Seeklong ·

Net ‘n regstelling, Zuma beskik nie oor ‘n graad 3 nie. Hy het geen skool opleiding gehad nie. DIE TOESPRAKE WAT HY LEWER WORD NIE DEUR HOM OPGESTEL NIE. DIE VRAAG ONTSTAAN WIE STEL DIT OP? WIE SIT REGTIG AGTER DIT WAT HY KWYTRAAK?

Scalla ·

stem saam Seeklong, maar die probleem is hy kan dit nie eers ordentlik lees nie en syfers is bo sy vuurmaakplek. Dit wat ek verder wil se sal nie geplaas word nie, Hoop jy verstaan wat ek bedoel.

Dirk ·

Dis die ANC se modes operandi daai. Ontken alles. As dit nie werk nie, vernietig alles (ANCYL is ‘n goeie voorbeeld hiervan). As dit nie werk nie, speel die ras kaart. Net vir sy inligting, dit was nie net ‘n “wit” optog gewees nie. Daar was duisende nie blankes daar gewees nie. Vir Zuma om die skuld op rassistiese wit mense te plaas is in syself rassisties. Tipies. Die ANC is irrelevant, korrup, rassisties en sal vir ewig onthou word vir daardie waardes. Arme Mandela en Tambo draai seker in hulle grafte om.

El ·

Hierdie ses dinge haat die Here, en sewe is vir Sy siel n gruwel.
Trotse oë, n leuenagtige tong en hands wat onskuldige bloed vergiet. n Hart wat onheilsplanne beraam , voete wat haastig na die kwaad toe loop, een wat as valse getuie leuens uitstrooi en tussen brokers tweedrag saai

Annie ·

Wonder hoekom het hy nie weer gelag nie .. is mos sy styl .. pateties

Yster ·

En nou het ek alles gehoor. Die rassisme kaart word weer gespeel. Oom JZ. Hou jou bek. Elke keer as jy praat besef die nasie hoe dom jy is. En die Rand val. En jy kan hom nie optel nie. Oorgewig. So shuuuuut asb.

Gus Dry ·

Kom ons wees reguit .100 jaar van nou af gaan rassisme .apartheid .ens nog die skuld kry vir watookal verkeerd sou gaan .so gemaklikheids onthalwe wys Zuma na dit.

Neels ·

Nou as dit so was dat borde waarna hy verwys, die waarheid is, hoekom het hy dit nie na die Menseregte komissie verwys vir ondersoek nie. Word hier nou blatant gelieg net om ‘n gemeenskaplike vyand te skep om sodoende sy ondersteunings basis te versterk?

Ja nee. ·

Aaaaaaaaaaaaaaag Do………
Kom by Zuma!
Dis al groot woord wat hy ken…
Dis sy laaste patetiese poging…

Adam Boshoff ·

Ai oom Jacob Dis nie rassisme wat die land laat agter uit gaan nie maar die korupsie wat jy en die Guptas pleeg Julle steel die land leeg Gaan huistoe en drink jou bier in vrede

Vet Ed ·

Ons moet aanvaar dat hy nie die kapasiteit(intelligensie)het om te verstaan waaroor dit gaan nie. Kyk net noord en aanvaar dis n Afrika probleem

CR ·

Aai ou Zuma,word groot en hou op om misleiding te saai,kyk die werklikheid in die oe en hou op om by openbare plekke jou rasistiese kàart uit te haal. Jy sal n ander verskoning moet beginne gebruik en ophou om self n rassis te wees. Jys nie n voorbeeld vir ander.

siek en sat ·

Die probleem is dat die meederheid glo wat hy se – hulle hang op sy lippe!

Natasha ·

Mr Zuma, ek was by die optog Vrydag en swart mense en wit het hande vas gehou. Daar was n swarte met n bord wat se “spray zuma with doom”. Dis net maklik vir jou om die spotlight op rassisme te draai want jy kry obvs skaam dat jou eie mense besig is om teen jou te draai. Jy het ook obvs al die ander dinge wat jou eie mense ophoog gehou het…..”Zuma please leave and go run your tuck shop”. Jy maak nooit sin nie en probeer net rassisme aan te moedig. Jy maak my siek!!!!!!

Suze ·

JY neem ons land agteruit, jou pateet, nie enige sogenaamde rassiste nie!

leon pit ·

Nou Zuma hoekom gaan jy nie na die menseregte kommisie toe nie ek gaan verkla ons dan van rassisme. Jy is n grap

Lizelle ·

Whatever!!!! Dieselfde ou troefkaart word maar weer gespeel, maar die keer is dit ALLE Suid-Afrikaners wat saamstaan. Almal kan sien rassisme werk nie die keer nie. Lekker om jou naam gat te maak, ne mnr President?????

Oom Kalahari ·

Ai die gedurige ou rasse kaart wat net gebruik word om spanning en aanhitsing te bring. Deesdae is dit die norme om politiek by ‘n begrafnis te gebruik waar die afgestorwene se families en vriende al reeds emosioneel is en dan word die platform gebruik om “Apartheids” uitsprake te maak en rassisme gedurig te gebruik om die teenwoordigheid aldaar bietjie te kan politoer. Ons het op geen optogte van Vrydag 07/04/17 enige plakkate waargeneem van enige witmense wat swartes as Bobbejane ge-openbaar of beskryf het nie. Wie sal nou so dom optree met massa aksie byeenkomste waar Swart, Wit, Indier en Kleurling almal hande geneem en saam in een stem opgetree het sulke plakkate vertoon. Hierdie stelling is absurd en wil net mense se emosies opjaag. Waar is enige bewyse daarvan, want ek glo in my hart tot witmense sou opgestaan het teenoor sulke tipe van optredes. Die kleur skema stellings moet darem nou na 23jaar uit die weg geruim word want dit raak al hol gery en asb moenie die ontslape lede se begrafnis byeenkomste as ‘n platform vir die tipe politieke standpunte gebruik nie.

seker maar blind ·

Dink zuma sien hys besig om te verloor hy
kon nooit imagine dat wit en swart sal sam staan ni op di oomblik is hy aleenigste rassis want al di mense in Suid-afrika het as landgenote saam gestaan da was geen kleur en ek glo stellig solank jy op dai stoel sit gan os as Suid-afrikaners sam staan

Agnes ·

Zuma is die grootste rassis. Die mooi was dat blank en swart saam in opstand teen Zuma was. Almal wil van hom ontslae raak. Hy is net dikvellig

FM ·

Dis snaaks dat zuma nog nie die witmense die skuld gegee het vir junkstatus nie. En nou pas die rassekaart hom. Wie glo jou nog??!!Ek sal graag die bobbejaanplakkaat wil sien waarna verwys word. As die kat kleintjies kry, sal dit ook die wittes se skuld wees. Mens kry wittes wat donkerder van kleur is en wittes wat minder donker van kleur is. EN die protesoptogte illustreer dat SA eerste moet kom, nie zuma nie. n Staatspresident is veronderstel om n SAAMBINDENDE faktor te wees vir sy landgenote, maar hy verdeel al meer die land. ZUMA MOET WAAI!!!!

Opinie ·

Nou is dit weer rassisme en ons is weer die varke.
Wat van al die rassisme teen witmense??????

Stem saam ·

Kan Afriforum nie n klag teen hom le vir haat spraak en geweld aanhitsing nie? Ons mag mos nie se wat ons wil nie so hy mag ook nie dis mos regverdig! Kla hom aan van haatspraak en rasisme want jy Zuma is die grootste rassis teenoor jou eie mense in hierdie land!

Bearcub ·

Lyk my JZ weet nie wat rassisme is nie. Vir hom is enige een wat nie saam met sy besluite stem nie n rassis. Soos sy siek denkwyse wat weer ingeskop het. Gaan stort liewers want dit help mos vir hom teen siektes.

Blits ·

al wat ek kan sê oor die is HEL DIE DING IS DOM VERBY en kan wraggies nie lees nie

Anoniem ·

Ag foeitog Zumatjie, daar is nie verniet ‘n spreekwoord in Afrikaans wat se daar is niemand so blind soos die een wat nie wil sien nie. Dit is goed van toepassing op die president van SA.

Uvonka ·

As jy nie weet wat om jou aangaan of wat jy doen nie, skreeu rassisme, so maklik soos dit. Net so Ouma Mossie, net so!!!!!

amanda ·

Ek dink Zuma is kleurblind as hy nie pateties lag as hy nie n antwoord het nie is rassisme sy beste antwoord om te gee. Hy is duidelik kleurblind want alle rasse was teenwoordig. Dink was maar n moeilike pil vir hom om te sluk dat sy eie mensevsien wat aangaan. Mnr Zuma jy hoef net 1 breinsel te he om te kon sien was n rainbownasie by die optogte

Matilda Bester ·

Aggggggg please!!!!! Hy gooi die rasisme kaart vir alles… hy dink swart en wit is albei onnosel in die land, deur te val vir sy taktiek om rasse haat te probeer bevorder vir sy eie gewin. Ek sou hom nie eers krediet gegee het deur hierdie artikel te plaas nie. Ons wil nie meer sy gemors stories lees nie. Ons wil hom nie sien nie. Ons wil hom nie hoor nie. Al wat ons wil lees en hoor is dat hy en sy gewetenslose gespuis verdwyn het.

Wilma ·

Waar wil hy nou wees in hierdie lewe. Ons wil daai bewyse van die bobbejaan plakkate sien.

Piet Makwas ·

Hy is nie No:1 in die Parlement of die Land nie, hy is gewoon No:1 in RASSISME en HAATSPRAAK! Ons moet almal klagtes teen hom die by die Mense Regte Kommissie!

Scalla ·

Ouma Mossie, jy is cool, baie cool, dis mos ouma wat brandewyn gevra het vir jou koek, toe ek lag toe se jy nee man, dit is vir my vrugte koek vir kersfees.

shaun serrao ·

Deur hom het Suid Afrika nou rommelstatus bereik nou probeer hy weer die rasse kaart speel. Ek’s bevrees hy is blind want daar was net soveel ander rasse by die optogte as wit.

Ek ·

Nee wat hierdie man se woordeskat is 000000 …….. Vra vir hom iets – wat kom uit sy mond -??? —– rassisme !!!! Ag ons is siek en sat en moeg !!!!!! …….. KYK wat is JY besig om te doen Z …………. KYK in die spieël ….. JY is die grootste RASSIS denkbaar !! Jy blaas rassisme aan, en nie ons wit mense nie — jy het ‘n helse probleem met die kleur WIT ! Dit gaan oor ons land SA — jy vernietig alles wat is, was en kan wees. JY die uwe Zuma vernietig LEWE in SA. Kry !!!! Die boodskap die uwe Zuma, jou EIE mense soek jou nie !!!

Suzie ·

Jakob, lees nou mooi hier……. daar was nie sulke plakkate nie. As daar sou wees, sou dit BAIE beslis die voorblaaie van die koerante gehaal het, en hoofnuus op tv wees – ek dink jy het daardie aand seker animal planet gekyk?

SARIE VAN HEERDEN ·

Arme ou Jakob. Eers roep hy mnr Jonas terug Suid-Afrika toe vanaf Engeland terwyl die man nog in Suid-Afrika sit. Toe sien ou Jakob prente by die optogte wat swartes voorhou as bobbejane. Hallusineer die arme ou mens? Sien hy gesigte? Hy maak my baie bang want duidelik voel hy bedreig en ‘n bedreigde mens is soos ‘n vasgekeerde “ding” en wil homself verdedig en uitkom na veiligheid. Ek dink hy verdien dat hy vir sy eie beswil sielkundig en medies ondersoek word vir onnodige vrese.

Johanna Botha ·

Shame nou spieel hy die raskaart want hy het niks anders om te offer …pateties ! Hy het seker nie n tv nie want dis almal wat se GO !

Leon ·

Nee , mnr Zuma ons is nie rassiste nie , ons is net anti Zuma . En weet jy waarom , omdat jy besig is om hierdie land te vernietig

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.