Zuma sê parlement-geweld is apartheid se skuld

EFF-lede word uit die parlement verwyder (17 Mei 2016) Foto: Skermskoot uit SABC Digital News-video op YouTube

EFF-lede word uit die parlement verwyder (17 Mei 2016) Foto: Skermskoot uit SABC Digital News-video op YouTube

Pres. Jacob Zuma het gesê die gedrag van die opposisiepartye se politici is die “produk van ʼn baie gewelddadige samelewing” wat spruit uit die apartheidstelsel.

Dit volg nadat Julius Malema, leier van die EFF, onderneem het om “met alles wat hulle het terug te baklei” ná ʼn onderonsie tussen sy party se LP’s en lede van die parlementêre veiligheidsdiens.

Zuma het, kort nadat EFF-LP’s fisies uit die Nasionale Vergadering verwyder is, gesê die gewelddadige betogings wat die land beleef gebeur nie omdat die regering die mense ignoreer nie, maar omdat daar ʼn “kultuur van geweld” in Suid-Afrika bestaan. Hy het gesê die EFF se optrede is ʼn voorbeeld van dié kultuur waarvan die samelewing deurtrek is.

“Ons kom uit ʼn gewelddadige stelsel genaamd apartheid, en mense het geweld ontwikkel om dit te bestry en ons het nooit daardie kwessie aangeroer om te sê ons is nou in ʼn ander situasie nie, so as mense iets sien, dan gebruik hulle geweld,” het Zuma gesê.

“Dit is waarom mense dink dit is wat hulle moet doen – geen respek nie, om vingers te wys na die Speaker en een ná die ander op te staan – dit sê vir jou mens het te doen met mense wat ʼn produk is van ʼn baie gewelddadige samelewing wat hulp nodig het.”

Terwyl die president ʼn beroep gedoen het op partye om “saam te kom” om die “gewelddadige gedagtes” in die samelewing te hanteer, het Julius Malema, ondersteun deur swaargewigte in sy party, belowe dat Zuma nooit weer vrede in die parlement sal hê nie. “Ons kan nie deur ʼn man gelei word wat versuim het om die Grondwet te onderhou en te beskerm nie,” het hy gesê.

Malema het ook sy LP’s verdedig nadat hulle terugbaklei het toe hulle uit die Kamer verwyder is. “Hierdie uitsmyters moet weet as hulle geweld gaan uitdeel, gaan ons met geweld reageer.”

EFF-LP’s het waterbottels na die veiligheidsbeamptes gegooi nadat Speaker Baleka Mbete hulle aangesê het om die Nasionale Vergadering te verlaat en die veiligheidsdienste hulle fisies moes verwyder. Malema het gesê hulle belofte om “terug te baklei” sal nie by waterbottels stop nie. “Enige wapen wat ons in die hande kry sal ons gebruik om mee te baklei. Ons gaan terugbaklei met alles wat ons het.”

Die EFF-LP’s is outomaties vyf dae lank uit die parlementêre distrik geskors.

Die ANC het die parlement versoek om strafregtelike aanklagte aanhangig te maak teen die EFF-leiers wat met die parlement se veiligheidsbeamptes baklei en die wetgewer se eiendom beskadig het.

Lees meer: [Video] Vuiste klap toe ‘withemde’ EFF verwyder

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

75 Kommentare

Grap ·

Dit is so net soos Zuma die laagste geskoolde staatsleier in die wêreld is met sy gr 2 en dit moet die skuld kry vir sy belaglike uitsprake wanneer sy mond oopgaan.

Wat-ek-lees ·

Graad 5 (standerd 3). Tog is ‘n ruggraat meer werd as ‘n universiteitsgraad.
Hier weer ek egter nie by nommer 1 . . .

Kosie ·

Kan nie glo dat hy nou apartheid gebruik om hom self te beskerm en te regverdig nie

Hannelie ·

Ek stem saam Kosie, apartheid is meer as 2 dekades gelede. Ek het een een woord vir Zuma wat altyd die lafhartige pad kies….. BOU ‘N BRUG EN KOM DAAR OOR. Die land se mense is moeg vir sy flou verskonings.

dries ·

And the onorabbel don’t think that his own leadership has got anything to do with it. Actually he then approve of such behaviour…

Moeg ·

Die ANC is al van 1994 aan bewind. Arme apartheid is nog die skuldiges vir die plaas moorde, verkragtings brandstigting van skole en Munisipale geboue en die gemors in die Parliament.

Anoniem ·

Indien dit aan apartheid grens was dit blankes vs nie-blankes, MAAR dit is nie-blankes vs nie-blankes. Hul eie mense word aangeval. Haal die skille van jou oë af die President.

Willie ·

Iemand wat:
939 million 3000 and 60000
Ja Right…. goeie een nommer een, 1000, en 20 en 5

Gideon ·

Zuma om in jou posisie te wees is seker enige mens se droom, maar jy veroorsaak soveel onmin in hierdie eens wonderlike vooruitstrewende land! Zuma jy is soos ‘n man wat sy eens pragtige bruid mishandel en afkraak tot net ‘n bang angstige vroutjie oorbly!! Hou op om die skuld op ander te pak, maak daai paar groot oë van jou oop en skuif!

ANNE-MARIE ·

Weet jy n mens kan nie alles met geweld regmaak nie daar is Zuma reg maar onthou ek vat nie Zuma se part in ander opsigte nie, nie Malema of Zuma is in staat om die land te regeer nie en ja delemma is rasisties iets wat by my werk gebeur het met die eff’s

Griki ·

Nee, Zuma, dis ‘n produk van jou en jou kornuite se korrupsie, bedrog en diefstal.

Theresa B ·

Iewers moet iets DRASTIES gebeur. Hierdie mense vernietig alles.

Darty ·

Daai excuse van ‘n president moet nou net weggejaag word !!!!

Jonnie Bie Ghoed ·

My kat is dragtig. Dit is apartheid se skuld. Die wasmasjien is stukkend. Dis apartheidse skuld. Apartheid het ‘n miljoen jaar raklewe en is ‘n handige sondebok.

Siener van Melbourne ·

Wel al wat oorbly is om die treurige presidentskap ook op apartheid te blameer.

KLEIN ·

Dit laat my ZUMA (sommer) lag apartheid se skuld. Snaaks dat hulle nie Godsdiens ook daarvoor blameer nie.

Truth-Seeker ·

Wel dit het reeds begin. Kan jy die berig onthou waar hulle vra hoekom word Jesus nou juis as wit uitgebeeld.. *sigh* die donker volkie van Suid-Afrika.

Willie ·

Niks gaan gebeur nie, hulle hou van wanorde en anargie… moord en roof is hul volkspele…

Charlotta ·

Zuma is n “nar” en ek stem saam, hy ken net twee woorde. Julle mense wat kommentaar gelewer het, het my dag gemaak met julle kommentaar. Beter kon ek dit nie gestel het nie.

m ·

Ag hier gaan ons alweer, die apartheidskaart word gespeel. Ek dink die samelewing van vandag is baaaaaaaaaaaaaaaie meer geweldadig maar hulle sal natuurlik dit nooit erken nie.

John ·

Elke woord wat nou uit president Zuma se mond kom, is gelaai. Ons moenie lag of spot nie. As opstande in felheid toeneem, gaan die witmense ook in die visier beland. Die kritiek en ontmaskering van die geagte president, le hy eerstens aan die voete van laasgenoemdes omdat sy mense hom vergewe of selfs trots is op sy bravodo. Die DA word die skuld gegee vir die optrede van die EFF. Onthou bloed is dikker as water en die ANC probeer die EFF dalk net terugwen om sodoende ‘n magtige meerderheid te vorm. Hulle kan moontlik ook ‘n ministerspos aanbied vir mmr Malema.

Manie ·

Nee, my maat hy vat n vet kans. Orals waar ek buite land gewerk het in Afrika, is hulle optreede presies die selfde. Die man zuma behoort op die straat sodat hy dit self kan beleef.?

Willie ·

Ek dink die EFF is maar nogsteeds die ANC jeugliga… net ondergronds…

Rene van Wyngaarden ·

Ek is oortuig daarvan dat jy die spyker op die kop slaan.Hulle is geplant om die aandag van Zuma en sy trawante se onkunde en onhandigheid af te lei.Deur die EEF se ontwrigting is daar nie geleentheid vir sinvolle debatetering nie.Want hulle weet nie hoe nie.

Lourens Maritz ·

Zuma, jou onnosel uitsprake word bevestig uit die boek Spreuke: Wanneer die dwaas sy mond oopmaak verklap hy homself!

Koos1 ·

Nee wat, ek dink hy is reg. In die 70’s en 80’s het die ANC al hulle ondersteuners vertel dat hulle die land onregeerbaar moet maak deur nie wette na te kom nie.
So ja hy is reg dat dit van apartheid af kom, maar hy het vergeet om te meld dat sy eie party die argitekte daarvan was.
Ons sien dit in daagliks, skole word gebrand, daar word gemoor en geplunder omdat die massas ongelukkig is, en hulle gebruik die enigste “tool” wat hulle ken en wat hulle weet werk. Per slot van sake, die vorige regering is omver gewerp daardeur.

So Mnr. Zuma, die skuld daaraan le voor jou eie deur. Net jy kan dit regstel. Kom jou verkiesings beloftes na, en aanvaar verantwoordelikheid vir jou en jou party se dade en die massas sal met nuwe oe na julle kyk…………. Eish, hoe droom ek nou!

Hannah ·

Nee wat, lyk my as onse president geen argument het of ‘n voet het om op te staan nie is daar altyd Opsie A: Apartheid of Opsie B: Rassisme. Of op ‘n goeie dag sommer beide… Belaglik!!!

Jan maak n Plan ·

Zuma is heeltemal reg – dis apartheid se skuld dat daar beskaafde stelsels in plek is om te kan regeer en sake kalm en beskaafd uit debater tot almal se voordeel nie soos hy en sy gespius om die bierpotte voor n hut, n saak met knopkierries uitslaan nie. Hy sal nooit regkom met hierdie stelsel nie.

André ·

Jan maak ‘n plan
Jy kon dit nie meer raakvat nie. Die appartheid verskoning maak my al so g*tvol dat ek wil K*TS.

Johan Pretorius ·

Luister mnr Zuma, moenie as julle in n hoek gedruk word, die maklike uitweg soek en apartheid of rassisme die skuld gee nie. Wens julle kan bykom in die land, want julle vernietig alles. Ons voor ouers het eeue gevat om die land op te bou en al wat julle ken is vernietiging, julle het die land begin vernietig vandat julle aan bewind gekom het, julle het nog niks opbouend vir die land gedoen nie. Kom by asb Mnr die president, jou eie mense verwoes die land, deur jou toe doen van korrupsie en diefstal van die mense se geld. Dis tyd om verantwoording te vat vir julle eie aksies.

Rynhardt ·

Zuma vir 22jaar heers geweld on Anc, dit is ook Apartheid se skuld of hoe? As jy standard3 het en jou regering kom nie die mas op nie, is dit apartheid se skuld of hoe? Wanneer korrupsie buite beheer is, is dit ook aoartheid se skuld of hoe? M.b.t. geweld in parlement, is u vriend, Malema vir alles verantwoordelik saam met u, want hy was n voormalige Anc-Jeugliga leier wat groot gemaak was met geweld, maar dit was weereens apartheid se skuld! Alles is apartheid se skuld, behalwe om die vinger na u en u kabinet te verwys wat met alles misluk het!!!

Daleen ·

Dis 22 jaar later,almal kry die skuld net nie hy nie. Dis so groot gemors en ek wonder of dit nie Siener se gesig is wat hy gesien het nie, dat die parlement gaan ontbind nie?

vierkleur ·

Ek hoop waaragtig dit was die gesig,want hierdie nar vernietig ons land

Suzette ·

Ontbind Daleen?. Aangesien plunder, geweld, afbreek en afbrand hulle kultuur is dink ek ons gaan dalk binnekort net op ‘n dag hoor of lees die parlement is verwoes in n brand. Tot op die GROND AFGEBRAND, watch dit gaan kom

Spook ·

REGTIG? Is dit al wat die regering kan se, dit raak nou afgesaag. Zuma moet ook aangekla word vir rassisme want hy is een van die groot opstokers. Dis tipiese kommunistiese taktiek- Skep n gemeenskaplike vyand(die wittes) dan beheer jy die massas makliker en trek al die aandag af van jou booshede af. Volksmoord stap 6 POLARISASIE! G’n wonder die moorde op wit mense raak al hoe meer en wreedaardiger.

lynette ·

Hy erken dat hulle die geweld gestook het destyds maar se dat hulle die mense nooit ingelig het dat dit nou n ander bedeling is en dat hulle nou nie meer geweld hier te gebruik nie??? Man hulle stook geweld steeds die afgelope 22 jaar, elke keer dat hulle weke lank vorige oproere herdenk en die films van geweld en brandstigting oor en oor op die televisie uitsaai. Ek het die huidige geweld al jare terug gesien kom met hulle gewelds verheerliking en hulle is steeds te dom om te sien wat hulle doen.

HENRY ·

Ander Afrika lande het ‘n erger geweldadige verlede as Suid Afrika, maar hulle het dit agter gelos en is nou baie suksesvolle lande. Apartheid was nie goed nie, maar dit is 22 jaar agter ons. Zuma beweer ook werkloosheid is apartheid se skuld, maar hy maak die foutjie om te sê dit is omdat swart mense nie die nodige opleiding ontvang het nie; beteken dit dan dat daar baie vakante poste is, maar hulle weet net nie hoe om die werk te doen nie???

Des ·

Hoe kan hy apartheid blameer as hy self mense opstook met sy woorde “bring my, my masjien geweer) . Lyk my met sy lae skool kwalifikasies kan hy nie verder dink as ‘n graad 2 leerling nie.

Ek sê ·

Kom ons vat die 22 jaar van huidige inwoners + 5-6 jaar voor skool, dan is hierdie mense nou 27-28 jaar oud. Waarom pleeg hulle dan geweld, hulle is mos “vry” mense.

Donovan ·

In die woord van God staan daar wat jy saai gaan jy maai…. ek moet sê die manier hoe hulle die land bekom het saam Jay Naidoo daardie tyd is besig om vrugte af te werk… Sewe voudig sal jy maai Zuma… Ons moet maar gewoond raak aan sy lieg tong en sy bedriëry, hy sit soos n neut in n kop sal sit… As jy na Zimbabwe kyk en sien hoe oud daardie leeukos van President is, het ons nog so 20 jaar saam Zumpie… Bid Bid Bid dit word van ons as Kinders van God verwag, want anders gaan daar niks van ons oorbly nie…

vermeende ·

Hein jy gee die beste antwoord,
STEM HULLE UIT ONS HET MOS N DEMOKRASIE.
Dit is juis demokrasie wat ons hier het en stel jy voor dat daar gekul moet word met die stemery want ek glo jy kan beter tel as Zuma en is ook hoer geskool.

HEVW ·

Waar kry die man die verstand om soveel gemors uit te dink. Die geskiedenis is teen jou z. Het jy nerens gehoor of gelees van die geraamtes wat voor Jan van Riebeeck se tyd oor die aarde gesaai gele het nie.

elsa ·

Elke keer as hy die gat in sy gesig oopmaak val daar gemos uit

Anne ·

Apartheid kry die skuld vir alles! Nee kyk ons kan net vbid vir ons land!

Gerda ·

Nee kyk toe ek die berig begin lees bars ek uit van die lag die trane loop sommer van lekker lag. Dis pateties regtig. Ons plig is om vir die mense wat in beheer van die land is te bid, so asb mense bid vir hulle.

Sarie ·

Die geskiedenis van die ANC is nou ook nie een van vreedsame protes nie. Miskien vergeet van halssnoermoorde, geweld in hulle opleidingskampe, gevegte met IFP, intimidasie van gewone mense wat wou werk vir ‘n lewe. Nog nie een vryheidsbeweging waar kommunisme die ideologie was het sonder geweld geskied nie. Afbrand en vernietig was hulle hulle strategie. Ek dink die skagspreuk was om die land onregeerbaar te maak. EFF gee hulle nou dieselfde medisyne. Maar nouja daar is geen pille vir onnoselheid nie.

cr ·

Ja dis apartheid se skuld en nie van die mense wat mekaar vry in die parlement nie.

Loeis ·

Die kultuur van geweld is deur die African National Congress in plek gebring.

Ben ·

Hullooooooo! Wakey, wakey! No more playing with snakey! Ek kan nie onthou dat die SA-Parlement ooit in Witregeringstyd in so ‘n Sirkustent debakel gedompel was nie. Daar het orde geskied en nie wanorde nie. Lyk my die klomp narre WIL baie graag nog binnekort R60. vir ‘n Dollar betaal. Ons val daagliks dieper in die put van lagwekkenheid voor die res van die normale wêreld.

Frans C ·

Die ANC ly aan kollektiewe gehueverlies. Op 10 Oktober 1984 maak Oliver Tambo ‘n verklaring op Radio Freedom. ‘Make South Africa ungovernable.

Dit is nog steeds beskikbaar vir iemand wat dit wil lees op die ANC- se webblad.

Theresa ·

Sowaar Frans. En die ergste is, dat dit sover net sommiges is wat deelneem aan al die afbreek en goed – wow vir as als en almal begin deelneem.

Frans C ·

Theresa
En een van die voorbokke was niemand anders as die vorige Staatspresident. Miskien moet ons Maroela vra om die ‘oproep om Suid Afrika onregeerbaar te maak ‘te plaas sodat almal kan lees waar dit werklik begin het,

Die ANC pluk nou die vrugte van ‘n beleid met ‘n goeie kommunistiese inslag en maai nou ditwat dit gesaai het.

KLEIN ·

Iemand het gepraat van raklewe. Ons is al in “BEST BEFORE1994″ verby. Moet al lankal verwyder gewees het. Al die wurms kruip nou uit want alles is nou vrot. Die nuwe regering is ook al by sy BEST BEFORE verby. Geen ” goeds” het nog voorgekom in die nuwe bedeling nie.
Tyd dat `n nuwe regering aan bewind kom.

STAAN BY ·

Apartheid was ‘n wonderlike ding, ons voor ouers het vir ‘n rede die goed eenkant gehou, want hulle het geweet as ons hulle los laat en laat oorvat is daar chaos, en toe……… toe is dit so. Ja hul moes dalk apartheid op ‘n staduim uit te weg ruim, maar ons moes hul stadig maak seker opgelei het oor baie jare en net die bestes van hulle, sodat hul dan nou maar oor 300 jaar eers 100% aan bewind is, dan sou daar nogsteeds probleme wees want dis ‘n “probleem kind” maar ek glo minder as nou.

Pieter ·

Zuma hou op lieg ,hou op beloftes maak ,die mens soek die warheid en jy kan dit nie doen nie een nie jou beloftes na kom nie dis hoekom da geweld is nie

Theresa ·

For you to understand, Zuma: It is not apartheid’s fault that people are violent. It is people who decide to be that. Try to find another thing in life to blame for everything this country is struggling to be. You cannot keep on blaming something that is long time passed now. Realise it. The EFF is nothing to be proud of. The current government is nothing to be proud of. Now how can you blame a government long gone out of the picture for all that? Think new. Think. Think more. Until you realise that to govern a country takes more than blame. It is also quite ridiculous for this young stirring the pot of disruption person, to oh so proudly promise others that the minority of whites will pay for the poor blacks. How utterly ridiculous!!! We surely are the laugh of the world because of all this unthinkable stuff being told to people – giving false hope; and no solutions.

Betsie ·

Genade tog!!! Wat gaan hulle nou nog voor apartheid se deur lê? Op die manier hoef hulle niks blaam te kry vir enigiets nie en hoef niks orde gehandhaaf te word nie. So ploeter ons ou nasie maar net voort in die gemors staat wat dit alreeds is. Zuma én Malema is albei besig om die land te vernietig.

Cobus ·

Daar moet in ag geneem word dat daar nie iets soos lieg in sommige kulture is nie

Deon ·

Wonder net of Jan van Riebeeck nie ook iets met die gaos in die parlement te doen het nie?

Joann ·

HEVW hy het nie verstand nie daarom praat hy sulke bollie. Hy soek stemme. Ons as belasting betalers moet net ophou belasting betaal. Dan gaan ons almal tronk toe op vakansie. Lekker chaos in Palestina

tamboti ·

Reg of verkeerd; APARTHEID sal vir ewig die skuld kry, maar gee kans – nog ‘n paar jaar later (of honderd en ses veertig???) sal dit bewys word as ‘n oplossing vir vrede onder verskillende nasies.
Enige regering in enige land moet met ware leierskap regeer word – die uitkoms is ‘n produk van daardie leierskap.

André ·

Die Regering is so onnosel, hulle weet self nie wat hulle nou tref nie.

pop ·

In al die jare van apartheid het ek nooit vrees beleef nie, of al die moord en doodslag wat in die laaste 20 jr aangaan nie.So ook nie jou mense nie. Kry vir jou daai meneer Showerkop.

Oom Kalahari ·

Nou-ja toe daar sing ons liefdevolle President weer die “Apartheids” liedjie. Ons lewe graag apart as om in so ‘n daaglikse sirkus van wanorde te leef en streef na rus, vrede, veiligheid en om ‘n godsdienstige lewe te kan lei, te kan opbou en nie van onderdrukking, misdaad, korrupsie en brandstigting nie. Hou op met apartheidstoepassings beleide van jul kant wat al 22jaar aangaan en erken die werklike feite van swak hantering en om alles wat deur blank gevestig is te eien en te vergryp en staan op eie voete en werk hard vir julself.

rr ·

Nee, meneer Apartheid hierdie apartheid is net deur julle gesaai.

Petro ·

Dink hulle moet nou apartheid ophou die skuld gee en groot word en man staan vir hulle eie dade hulle sien hulle word gelos en kom niks oor as hulle geweldadig raak nie so hulle gaan aan hou tot daar niks meer is om af te breek nie dan is dit Jan Van Riebeeck se skuld.

Poppie ·

Rerig, rerig. Party mense leef in ‘n grrot droomwereld van hulle eie.

raynard bennett ·

parllament laughing stock,and Zuma really the worst,sometimes I think they going to say laugh you on candit camera

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.