’Zuma se paroolvrylating 99,9% verseker’

Oudpres. Jacob Zuma by die hooggeregshof in Pietermaritzburg in Junie 2020. (Foto: Sandile Ndlovu/Pool)

Oudpres. Jacob Zuma kan nou in elk geval vir gewone parool in aanmerking kom. Om dié rede, het sy regsverteenwoordiger Dinsdag voor die hooggeregshof aangevoer, moet die regsgedinge oor sy mediese paroolvrylating van die hand gewys word.

Zuma is oorspronklik vir 15 maande tronk toe gestuur vir minagting van die hof. Hy kom reeds in aanmerking vir parool wanneer hy ʼn kwart van sy vonnis uitgedien het.

Thabani Masuku het voorts gesê dat die applikante in die onderskeie sake nié ʼn wettige voet het om op te staan nie, aangesien hulle nog nie kon bewys dat Zuma se mediese paroolvrylating hul regte geskend het nie. Dít terwyl die applikante skynbaar goedkeur dat Zuma se regte, waaronder sy reg op privaatheid, geskend word.

Hy voer ook aan dat die applikante bloot ʼn “politieke agenda” nastreef.

Adv. Dali Mpofu het op sy beurt aangevoer dat hy 99,999% versekering kan gee dat Zuma wel op parool vrygelaat sal word indien hy teruggaan tronk toe. Volgens Mpofu is dit onder meer omdat die tronk nie aan Zuma die 24-uur-versorging kan gee wat hy benodig nie. Hy meen Zuma sal verswak of selfs doodgaan indien hy teruggestuur word tronk toe.

Mpofu meen ook dat Zuma op 24-uur-versorging geregtig is omdat hy ʼn voormalige staatshoof is.

AfriForum, die DA en die Helen Suzman-stigting het Dinsdag tydens ʼn virtuele hofsitting aangevoer dat die besluit om Zuma op mediese parool vry te laat, hersien moet word.

Die hofverrigtinge duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Hardekwas ·

Maar wat sê die onafhanklike dokters wat hy weier om hom te laat ondersoek?

Jerry ·

Die nimmereindigende spel van zuma sal hy tot sy dood speel. Hy sal boet als is dit in die hiernamaals!

Pieter ·

Dit smaak my die Here kyk mooi na hom in lewe. Laat mens dink, nê?

Johanncb ·

Die man maak ‘n bespotting van ons reeds brose regstelsel!

Francois ·

As mens hom sien rondloop, is dit sy security guards, verpleegsters, of sy jabroers wat saam met hom loop?

jzjz05 ·

Niks nuut nie dit is hoe die ANC sy kaders beskerm, dit is nie die eerste keer nie en ook nie die laaste keer nie .

Shakespeare ·

Jou tyd gaan kom skelm gedrog en ek verseker jou jy gaan suffer vêr bokant wat jy kan dink of droom.

Nicolaas Hendrik ·

Hy sal nie tronk toe gaan nie en so ook die ander ANC en EFF kommuniste

Truthful ·

Ek het geen vertroue in ons regstelsel as die waar is……sug

Anel ·

Die ou makeer niks. En daar is al baie presidente van ander lande vir minder as wat hy gedoen het, tronk toe. Om president te wees gee jou nie carte blanche om te maak wat jy wil nie en dan nie verantwoording te doen nie. Hy hoort in die tronk en nie om soos ‘n koninklike behandel te word nie.

Pieter ·

Hierdie is Suid Afrika met die ANC in beheer. En hulle kyk na mekaar.

Hansie slim ·

Waarvoor het hy 24 versorging nodig… of is dit om sy volgende vrou te vat??

Jan Seerot ·

Het hy geld betaal vir die versekering by Virseker. Indien wel, het die kêrel vir seker sy geld gemors as hy so seker van sy saak was. (AWS 2017)

BOKKIEBEK ·

Duidelik weet hulle nie hoe lyk iemand wat 24 uur ‘n dag mediese versorging nodig het nie!!!

Hasie ·

Die man het nie eers amper kwart van sy vonnis uitgedien nie .Hy het nie 24 uur mediese behandeling nodig nie anders aou hy nie by polisie stasie kon opdaag om klaag te lê en of te dans nie .So wie probeer hul bluf .As hy so vreeslik siek is hoekom is hy nie bedleênd nie . Twak man .

Mallie ·

Die ou skelm sal elke triek in boek gebruik om uit te kom. Ek hoop net sy boeties kry hom in die hande en werk sy gal vir hom.

Samuel ·

Watter 24-uur versorging het Zuma nodig? Hy lyk heel gesond en fiks vir sy ouderdom. Net nog ‘n skelmstreek van sy regsverteenwoordigers.

Waarnemer ·

Die Mpofu ou praat deur sy nek…Zuma het NIE n kwart van sy vonnius in die tronk deur gebring nie,dus is hy NIE geregtig op parool nie en die feitb dat hy n oud staatshoof is vrywaar hom NIe van tronkstraf oor sy verrotte misdadigheid nie.Hy lyk blakend gesond en nou wonder mens wie moet hom 24 uur versorg…dalk die EFF?

AH ·

Wat ‘n klomp bollie!!! Hy is dan nie eens in ‘n rolstoel nie en as hy nog danspassies kan uithaal het hy verseker nie 24 uur versorging nodig nie!! Hulle weet duidelik nie hoe iemand lyk wat sulke versorging benodig nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.