President Jacob Zuma het Woensdag ʼn reaksie oor die Openbare Beskermer se Nkandla-verslag by Max Sisulu, speaker van die Nasionale Vergadering, ingedien.
“Daar is drie staatsagentskappe of instansies, naamlik die Openbare Beskermer, die ministeriële sekuriteitsgroepering en die Spesiale Ondersoekeenheid wat dieselfde saak ondersoek het,” het Mac Maharaj, woordvoerder vir die presidensie, in ʼn verklaring gesê. “Die president het besluit dat hy alle sake voor hom behoorlik sal ondersoek en sodra hy die uitslag van die Spesiale Ondersoekeenheid bekom het, sal hy besluite oor uitvoerende ingryping aan die parlement voorhou.”
Maharaj sê die president is steeds besorg oor bewerings van wanadministrasie en ongerymdhede oor die Nkandla-projek, veral die bewerings dat koste gelaai is.
Is dit. Ook n aprilfool grappie