Zuma sê regskoste van 783 aanklagte ‘nie sy probleem’

Pres. Jacob Zuma. Foto: Elmond Jiyane

Pres. Jacob Zuma het gesê die regskoste wat deur die staat betaal moet word nadat hy die herinstelling van 783 aanklagte van korrupsie, bedrog en rampokkery teen hom betwis het, is nie sy probleem nie, maar die DA se skuld.

Zuma het vrae beantwoord in die Nasionale Raad van Provinsies en gesê hy sal nie in sy persoonlike hoedanigheid vir die regskoste verantwoordelik gehou word nie.

“Ek gaan nie uit my eie sak betaal en afwyk van die reëls nie. As die DA dan so simpatiek is, sal hulle nie heeltyd mense hof toe sleep nie. Jy kan nie die koek hê en dit eet ook nie. Julle mors regtig net ons tyd,” het Zuma gesê.

Zuma en die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het in Oktober ʼn hofgeding verloor om ʼn uitspraak deur die hooggeregshof ter syde te laat stel. Dié uitspraak het ʼn vorige besluit om die aanklagte teen die president terug te trek, ter syde gestel.

Die DA het die saak voor die hof gebring en aangevoer die besluit wat deur die voormalige nasionale direkteur van openbare vervolging, Mokotedi Mpshe, in 2009 geneem is om die aanklagte teen Zuma terug te trek, was irrasioneel.

“Die DA gaan hof toe vir alles en veroorsaak dat belastingbetalers se geld gebruik moet word om vir die verdediging te betaal van diegene wat in die regering werk. Dit is julle verantwoordelikheid, dit is nie my verantwoordelikheid nie,” het Zuma gesê.

“As julle iemand hof toe vat, dan moet julle weet iemand moet die saak verdedig. As daardie persoon in die regering werk en die saak spruit uit die president se werk, dan, volgens wet, moet die regering betaal. Dit is nie my probleem nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Leahim ·

My boodskap aan die geagte president is doen jou werk en hou op met duistere dinge om jouself te bevoordeel dan hoef die opposisie nie die hof te nader nie en leer by jou maat in zimbabwe wat gebeur as jou mense moeg raak vir jou.

Ek vertsaan nie ·

Nou eweskielik is jy besorg oor die belasting betaler se geld??? Jou kop werk nie reg nie zuma, maar dit weet ons almal, so jy wil he as jy skuldig is, moet ander mense daarvoor betaal? Is dit net ek of maak sy redenasie nie vir my sin nie?

HPV ·

Enige bedrag is geregverdig om Zuma uit sy pos te kry, die land kan hom net eenvoudig nie meer bekostig nie. Dalk kan FW en Roelf help met die proses, hulle was mos die argitekte van die Grondwet met sy baie tekortkominge. As hulle hul werk behoorlik gedoen het was Zuma uit sy pos en in die tronk waar hy hoort.

Trots Afrikaans ·

Net twee vragies gou:
1. Wie is die hoof van die weermag?
2. Het hy tenks?

John ·

In navolging van Mogabe. Gaan hy in 2019 afstap van die troon? Ek wil dit eers sien. Dieselfde speletjie soos in Zim gaan hier inskop, Kyk maar…

pieterdp ·

Ons President vergeet hy het die musdaat gepleeg nie die regering nie. Dis is Hy die een wat die kostes moet dra.

Andre ·

Hy wil sy brood aan altwee kante gebotter he. Bewerings van kriminele klagtes met die belastingbetalers se geld en dan moet hulle nog opdok vir sy regskoste. Dit is absurd. Dit is nou al 24 jaar wat hy nie meer n voorheen benadeelde is nie, hoe lank het hy nog nodig om te leer dat hy eintlik n staatsamptenaar is wat deur n groep mense gekies is om na hulle belange om te sien en nie daar is om homself te verryk nie. Enige eerbare persoon sal afstand gedoen het van sy pos na al die bewerings van oneerlikheid. Dit lyk nie of die Konstitusie van die land in die hande van die ANC die papier werd is waarop dit geskryf is nie.
(Andre)

CHRISTA ·

Andre, Zuma wil sy brood albei kante gebotter hê en dat het hy ook nog die cheak om te vra vir “jam”!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.