Zuma se rol in Gupta-hofsaak

Pres. Zuma tydens Vryheidsdagvieringe op 27 April 2016 in Giyani. Foto: Elmond Jiyane

Die presidensie het Woensdag ʼn verklaring uitgereik om “duidelikheid” te gee oor pres. Jacob Zuma se betrokkenheid in die hofsaak tussen die land se vier grootste banke en die omstrede Gupta-familie.

Die presidensie het gesê Pravin Gordhan, minister van finansies, is die hoofapplikant in die saak. “Die presidensie is aangehaal as ʼn belanghebbende party op die basis dat die president direk geraak sal word deur die verklarende bevel wat Standard Bank versoek.”

Standard Bank het vroeër die hof gevra om sy bevel uit te brei sodat Zuma en enige ander minister ook nie in die Oakbay-banksage kan inmeng nie. Volgens die presidensie kan dit beteken die hof kan ʼn bevel uitreik waarvolgens die presidensie of kabinet sekere dinge moet doen of nie moet doen nie en dan was hulle nie partye in die verrigtinge nie.

Die presidensie het ʼn beëdigde verklaring by die hof ingedien om die korrespondensie tussen die staatsprokureur en Standard Bank se regsverteenwoordigers op rekord te plaas. Die korrespondensie verwys na die presidensie se kapsie teen die uitgebreide bevel.

Standard Bank het dit egter duidelik gemaak dat hy gaan voort met die aansoek. Die hof het beslis die presidensie is nie ʼn party in die saak nie, maar kan wel die hofgebeure noukeurig dophou.

Die hof het Dinsdag Oakbay se aansoek, dat die Finansiële Intelligensiesentrum (FIS) se sertifikaat oor 72 verslae oor verdagte transaksies oor die Gupta-maatskappye in Gordhan se hofstukke geskrap word, toegestaan.

ʼn Versoek deur die Gupta-beheerde Sahara Computers, dat Gordhan persoonlik die regskoste moet betaal in die voortslepende hofsaak, is van die hand gewys. Die hof het ook bevind die staatsprokureur het die nodige gesag om namens Gordhan in die hofgeding op te tree .

Gordhan het die hofgeding ingestel om ʼn bevel te bekom wat verklaar dat hy nie hoef in te meng in vier handelsbanke se besluite in Maart verlede jaar om die Gupta-familie se maatskappye se bankrekeninge te sluit nie.

Die saak gaan vandag voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Genieve ·

Ek vra my elkedag af,weet Zuma ooit wat hy doen..ai die arme man

Chriszelda Steyn ·

het enige iemand in die nuwe suid afrika al ooit geweet wat om te doen?

Johann ·

Warm plate laat die katte vinniger dans…so n lekker tradisionele Zuma skud terwyl hy sy masjiengeweer soek…Vader laat geregtigheid hom toeval. Laat sy boosheid hom self verswelg!

wicus ·

ZUMA GAAN PRAVIN FIRE VOOR DIE HOFSAAK , DAN GAAN ALLES INGUNS TEL VAN ZUPTAS

Rabes ·

Die presidensie het ‘n beëdigde verklaring by die hof ingedien. Kla die hele gespuis aan vir meineed want hulle weet nie wat die waarheid is nie. Als is omtrent net leuens.

jaco ·

Asseblief Loews ANC. Nasionaliseer die banke en sommer alles anders ook. Kry tog net finaal klaar met julle “national democratic revolution”. Maak net warehouse soos julle kommunistiese pelle in China. Daars STERK Wat en orde, die doodstraf word meer as 1000 maal per jaar toegepas, daars nie beurtkrag nie, daars nie swak bestuur van waterbronne nie. Enzovoorts, enzovoorts. Eks geen mornings nie, maar selfs onder regte klassieke kommunisme sal SA beter af wees as onder Zuma en die ANC.

ken benoni ·

Wonder of Zuma nie dalk bang is dat sy bankkaarte ook dalk gekanselleer sal word nie!!!

John ·

Die Staatskapingsbrigade is nog nie ter ruste gele nie, inteendeel. ‘n Ou Zoeloe-bordspeletjie is weer opgediep en die steentjies glo uit Indie ingevoer… met 6e aan al die kante… hou net brandslange daarvan weg anders was die towerkrag af.

Alida ·

Met n IK van n slak verstaan sommige mense nie waaroor die bohaai gaan nie. Wil net die staatskas se sleutel kry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.