Zuma se seun in die hof

Duduzane Zuma Foto: africa.widmi.com

Duduzane Zuma Foto: africa.widmi.com

Die geregtelike ondersoek om te bepaal of pres. Jacob Zuma se seun Duduzane aanspreeklik gehou kan word vir ʼn noodlottige taxi-ongeluk, is Vrydag in die Randburgse landdroshof uitgestel.

Duduzane moet in November weer in die hof verskyn vir die ondersoek nadat ʼn taxipassasier, Phumzile Dube, gesterf het toe hy die voertuig van agter met sy Porsche gestamp en dit omgeslaan het. Die geregtelike verhoor sal van 4 tot 14 November duur.

Pieter van der Merwe, Duduzane se vorige prokureur, het aan die hof gesê hy sal nie meer die president se seun verteenwoordig nie, en die saak is aan sy senior kollega, Gary Mazaham, oorhandig.

Duduzane het die vorige geskeduleerde hofverrigtinge op 12 Augustus misgeloop. Mazaham het namens sy kliënt om verskoning gevra, en aangevoer hy het nie die boodskap ontvang dat hy daardie dag in die hof moet wees nie. Daar was glo verwarring tussen die ondersoekbeampte en Mazaham se broerskind, Richard, wat die boodskap aan Duduzane moes oordra. Mazaham het gesê Richard is “baie nalatig”. Hy het egter aan die hof gesê Richard het niks te doen met die hofsaak nie, maar is ʼn sakevennoot van Duduzane.

Landdros Lalita Chetty het die verskoning aanvaar.

Hoofsuperintendent Wayne Minnaar, woordvoerder van die metropolisie, het in daardie stadium gesê die Porsche het die taxi op die M1-suid by die Grayston-afrit in Sandton van agter getref. Drie ander mense is in die ongeluk beseer. Die hof het ook gehoor ʼn tweede persoon, Jeanette Mashaba, is in Mei, drie maande ná die ongeluk, oorlede. Sy was een van die beseerdes. Staatsaanklaer Yusuf Baba het egter aangedui die staat sal nie ʼn geregtelike verhoor versoek oor haar afsterwe nie, aangesien sy, volgens haar sterftesertifikaat, dood is aan natuurlike oorsake.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

veronica ·

Mmmmm……. Raai raai wat gaan die uitkoms van die saak wees???!!!!!

alet ·

Verseker gaan daar niks van kom want,want onder deur te tafell praat . Seker nie voldoende bewyse dis n ou storie. Maar hy moenie warry nie pappa is die president .Uit geslaap want n jakkels in skaapklere kom weg met alles haha

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.