Zuma se seun in sop oor ‘wit honde’-uitsprake

Edward Zuma Foto: IOL

Die Menseregtekommissie (MRK) het Vrydag gesê hy gaan daadwerklike stappe doen teen president Jacob Zuma se seun, Edward Zuma, nadat hy homself skuldig gemaak het aan rassisme en haatspraak in ʼn brief wat gerig is aan Derek Hanekom en Pravin Gordhan.

In die brief, wat intussen deur sommige media gepubliseer is, sê Zuma dat Gordhan, die voormalige minister van finansies, en Hanekom, die voormalige minister van toerisme, aan wit mense “uitverkoop” is.

Zuma sê onder meer dat Gordhan wit mense sal verdedig, terwyl hy nie dieselfde vir ander kulture sal doen nie. Volgens hom is Gordhan een van die mees korrupte lede van die ANC, en maak hy hom daaraan skuldig dat hy glo swart mense is net “snyers van suikerriet”.

Hy sê ook dat Hanekom “niks beter is as ʼn walglike hond wat geleer is om swart velle te verskeur” nie.

“Gordhan het bewys hy het ʼn minderwaardigheidskompleks teenoor wit mense, maar is meerderwaardig teenoor mense van ander kulture. Hy glo dit is ondenkbaar dat mense inheems van Afrika [swart mense] in ʼn hoër klas as ander rasse is. Hierdie bevoorregte seun van die Sastri Kollege het bewys dat hy wit mense en hul aangestelde ‘krummeleters’ sal beskerm, sowel as dié agter wit monopolie. Beide Derek Hanekom en Gordhan het breedvoerig op witmonopolie-mediaplatforms teen die groter meerderheid van die ANC-lede, insluitend die president van Suid-Afrika, uitgevaar.

“Beide van dié leiers is witmonopolie-voorstanders, wat ook teen die regerende party is, en het programme wat deur die ANC uitgewerk is om die lewe van swart mense in Suid-Afrika te verbeter, teëgewerk,” skryf hy.

Gushwell Brooks, ʼn woordvoerder van die Menseregtekommissie, het gesê dié organisasie sal teen Zuma optree, en sal hom ook beveel om gepas om verskoning te vra.

“Die kommissie is bekommerd dat sulke stellings in die breër konteks van haatspraak, veral op grond van ras, deur individue met ʼn openbare platform gemaak word,” het Brooks gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

54 Kommentare

Hans ·

Die saak kan nie so maklik en stil-stil “afgehandel” word nie. N kriminele klagte en n gelykheidshof boete van R150 000 ( Penny Sparow) moet opgelè word

De Villiers ·

Ja Hans, ons sal nou na twee goed moet kyk in hierdie saak: 1) Of die menseregtekommissie hierdie saak met dieselfde meriete as die Penny Sparrow-geval gaan hanteer, en of 2) Dieselfde media wat met die Penny Sparrow-geval so geweldig tekere gegaan het, met dieselfde oorgawe hierdie Zuma-uitsprake gaan hanteer.
Om die waarheid te sê, twyfel ek.

Freud ·

Sal dit op dieselfde flak hanteer word as die onderwyser wat we lewe verwoes is na sy afdanking vandag? By gaan nie were ñ onderwys pos in die land key nie.

Ander Annie ·

Sjoe! So ‘n mond moet met sterk seep gewas word. Ai die Zuptas.

Hans ·

Die MRK moenie dink die saak kan so stil-stil en so maklik op die agtergrond geskuif word nie. Ten eerste moet n kriminele klagte ingedien word en ten tweede n verhoor in gelykheidshof met n boete van ten minste R150 000(Penny Sparrow) moet opgelè word.

Piet ·

Die eerste deel van sy sin oor Hanekom is dalk akuraat maar die res is snert

Andre ·

In alle reverdigheid van ons “MRK” sal hy seker ‘n groter boete kry as Penny Sparrow se R150,000.

Justice ·

Andre ek stem saam – Penny Sparrow se boete in vergelyking met haar karige inkomste moet as `n verwysingsraamwerk dien vir die berekening van die verhoogde boete wat aan Edward Zupta opgele word.

Karel Kat ·

Sien jy het bogemiddelde insig in die politiek van Afrika . . . “pappa” sal definitief sorg.
Die arme MRK staatsaanklaer wat nie wil luister na “pappa” nie . . . kan maar solank sy bedankingsbrief by voorbaat inhandig

Cherokee ·

Dieselfde skrywer hou vas by dieselfde sinnetjie van ‘niks sal gebeur nie’, berig na berig.

Nico ·

Hy kan maar omverskoning vra sal dit nie aanvaar nie sy volgende lyfwagte is die manne van korrektiewe dienste voorspoed as ek hy was laat sak ek my kop in skaamte om n swarte te wees daar is baie goeies maar kan dit nie nie van hom se nie

Adoons ·

Nou wonder ek, hier diep-diep, rerig diep binne in die hart, wie is die een wat regtig minderwaardig voel?

Chevy ·

Ek wonder of hy verstaan wat hy self se? of het numba one in sy oor gefluister.

Johan le Roux ·

Die MRK sal seker vir hom sê: “Jou stoute kabouter.” en dan is die saak afgehandel.

Michael ·

Hy gaan niks oorkom nie hy is nie deel van die huidige benaadeelde persone soos penny sparrow en Helen Zille nie

Michael ·

Dit is soos die skrywer van die mi way valse epos as hy n huidige benaadeelde persoon was kan julle dink wat sy straf of boete sou wees nie te praat van die doods dreigemente en betogings wat hy in die gesig sou staar nie

Charles Rossouw ·

Dis goed wat hy se, sal meer mense se oë laat oop gaan en tot besef laat kom wat van blankes gedink word. Die aanslag gaan net groter word. Mense sal moet besef dis die pad van ‘n Afrika regering die kolonialiste sal geilimineer moet word.

llewellyn ·

‘N persoon met ‘n suiwer opvoeding wat in ‘n verfynde huis opgevoed was sal nooit na die lae vlak daal wat die persoon bereik het nie.

Yster ·

Lekker man lekker. Ek wonder waar sou hy gewees het as dit nie was vir die witmonopolie nie. Maar van sy dinge gaan perskes kom. Beboet hom en die Guptas betaal. Ek wonder as dit Zille was .

Karen ·

Aaaag shame ….. voel jy nou beter ? Return to sender in Jesus Name Amen – Stix and stones can break my bones but words can never harm me vandag lag ons saam jou – more lag ons vir jou. maak nie saak wat wie aan die saak doen daar is ongelooflike seer verwerping in die arme mens se hart … bid vir hom asb……

Andre Traut ·

Hierdie mense kom weg met moord. Daar is n onderwyser vandag afgedank oor rassistiese spraak maar hierdie persoon kom weg daarmee? Die haat en verdeeldheid in hierdie land is besig om te wen tussen rasse en die planke om die brug te bou word daagliks verbrand. Ek kan my nie hiermee vereenselwig nie. Gn wonder ons haat mekaar nie.

Koekie ·

Sy kommentaar is niksseggend, komende van iemand wat net sy eie en sy familie se bas wil red

Pietie ·

Hou die MRK uit die storie. Gee hulle liewer die minagting wat hul deur hul dubbele standaarde verdien het.

Boetman ·

Net weer ñ bewys hy het ñ minderwaardigheids gevoel. Hulle het ñ verskriklike jaloesie op wit mense

Boetman ·

As een van Gordan of Hanekom se mentaliteit tog ons pres was

Drikus ·

Klink dan vir my al te veel of hier ‘n benoude kat is wat benoude spronge probeer maak. Wat ‘n voorreg as ‘n mens se pa gewerk het vir sy geld. Dan hoef hy nie op so ‘n rassistiese en karakter skendende wyse verdedig te word nie. Is die kraantjies dalk besig om op te droog? Kom ons kyk hoe objektief gaan die MRK die ope briefie hanteer.

Daan ·

Kyk wie hom opgevoed het. Ek vertrou glad nie die sogenaamde baas van die land nie. Daar sou kleintyd aan hom `n voorbeeld deur die man gestel gewees het. Daar word gereeld gese dat ons ons kinders rasisties grootmaak. Gaan lees `n bietjie op wat Zuma met die wit mense wou doen toe hy leier van die ANC jeugliga was. Dit is nog steeds in sy kop. Moet my nie vertel dat sy gedagtes intussen verander het nie. Sy vooorvader was nie verniet Dingaan nie. Hierdie greinslaggie wat hy gewoontlik in die parlement het is baie verdag.

Hein ·

Is dit nie dalk Bell Pottinger wat dit vir hom geskryf het nie. Ek glo nie hy het die vermoee om so iets te skryf nie.

Andre Traut ·

Maroela media julle onderrok hang uit. My kommentaar het voldoen aan al julle vereistes en tog verwyder julle dit. Ek sien nou hoe partydig julle is.

Eish ·

Versigtig skryf André, hul aanvoeling het my, moet ek bely, al verleentheid gespaar.

Andre Traut ·

Eish, om verleentheid gespaar te word moet jy verleentheid ervaar. En ek doen nie.

John ·

Een van ann7 se Zupta-base? Kyk watter radikale uitsprake word daar gemaak. Die mannetjie word handgrootgemaak.

salmon vermaak ·

Hoe lank gaan al die Zuma’s se kriminele nog geduld word. Van die pa, seuns en neefs is dit net een groot gemors. Waar is die DA en ander partye nou. Is dit geriefliker om eerder nou agter n bos te gaan skuil ipv om Derick Hanekom en Pravin Gordon moreel te ondersteun. Ten minste staan hulle op vir dit wat reg is.

Bert ·

As ek enigiets soortgelyks teen swartmense sou kwytraak sou ek gearresteer geword het en nie net “gedwing word om verskoning te vra” nie. Sluit hom toe asb. Ons kan later die verhoor hou.

Nita ·

Die gehate kolonialiste het dinge lelik omver gegooi in Afrika. Mense wat n lui lekker bestaan gevoer het, waar mans heerlik in die son sit en vrouens om hul dartel om alles so lekker en gerieflik te maak vir die stamvader. Kinders by die dosyne wat vrolik in die sand speel! Ai hemel op aarde! Nou moet daar geswoeg en gesweet word vir kos, klere, behuising, geleerdheid om dit alles te kan verkry!! Is enige een nog verbaas dat wit mense van die aardbol af moet verdwyn sodat Afrikane kan terugkeer na die kommerlose tye??

Boetman ·

Die guptas het dit vir hom geskryf. Hyself het nie die vermoèe. Guptas wil anargie in die land veroorsaak sodat verkiesing 2019 uitgestel word om zuptas langer aan bewind te hou en nog meer kan plunder. Wonder wat het klein zuma al vir die lewe beteken.

Vannessa ·

Nog swart rassistiese opmerkings wat vinnig onder die mat gevee sal word en teen volgende week al vergete as daar nou weer n blanke gekry kan word om vkr stok te kry vir iets onbenullig.
Selektiewe veroordeling vier weer hoogty!

N Lourens Reitz ·

Met Adriaan Basson aan die stuur van gedrukte media Ek twyfel??

A. Mac ·

Hierdie saak sal bepaal hoe ernstig die regering en die mense regte kommissie is oor sake soos die. Ek het die idee dat daar twee verskillende regstelsels is, een vir wit mense en een vir swart mense. En die geval gaan dit nou duidelik uitwys. Laat dit nou ‘n wit persoon was wat dit kwyt geraak het was die persoon se huis tien teen een afgebrand en doodsdreigement rondgeslinger. En die persoon deur al wat persoon en media huis is gekruisig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.