Zuma se seun kap Max du Preez

Max du Preez. Foto: Twitter

Max du Preez. Foto: Twitter

Pres. Jacob Zuma se seun, Edward, het behoorlik uitgevaar teen Max du Preez nadat laasgenoemde koning Goodwill Zwelithini in ʼn rubriek gekritiseer het.

Zuma het na Du Preez verwys as ʼn “bitter ou man” en gesê die land kan nie bekostig om hom hier te hê nie. Hy het gesê Du Preez se kritiek teenoor Zwelithini is “nie net disrespekvol teenoor hom [die koning] nie, maar ook die Zoeloe-nasie”. Zuma het geëis dat Du Preez vir Zwelithini om verskoning moet vra.

News24 het Dinsdag ʼn rubriek deur Du Preez geplaas. In dié rubriek getiteld ‘Zwelithini moet die gevolge dra’, het Du Preez behoorlik teen die koning uitgevaar en gesê “dit is hoog tyd dat die koning op sy plek gesit moet word”.

“Suid-Afrikaners moet nie net Zwelithini se onverantwoordelike uitlatings oor buitelanders, die mees voor die hand liggende rede vir die xenofobiese aanvalle, onder die mat vee nie. Enige invloedryke openbare figuur wat skuldig is aan dié tipe uitlokkende en onverantwoordelike uitsprake moet gedwing word om die gevolge van sy aksies te dra,” het Du Preez in sy rubriek geskryf.

Du Preez het verder gesê Zwelithini word baie anders behandel as ander konings. “Dit is hoog tyd dat die koning van die Zoeloes op sy plek gesit moet word. Hy is nie bo die wet of grondwet verhewe nie. Hy gedra hom asof hy die Suid-Afrikaanse eweknie is van Swaziland se koning Mswati III.”

Du Preez se rubriek het Zuma duidelik warm onder die kraag gehad. “Deel hy dieselfde sentimente oor Brittanje se koningin Elizabeth II?” het Zuma gevra. “Hy sal haar nooit verkleineer op die manier wat hy met koning Zwelithini gedoen het nie. So hy moet ophou om die Zoeloe-nasie en Afrika-gebruike te verkleineer. Poligamie is iets wat ons al vir jare doen en ons is gelukkig daarmee.”

Volgens Zuma het Du Preez ook die Zoeloe-kultuur verkleineer. “Hy het basies vir ons, spesifiek die Zoeloe-nasie, gesê om ‘n lewe te kry en dat ons té Verwesters geraak het. Max het nie tradisionele leiers nie en hy moet herinner word aan waar hy as individu vandaan kom. Koning Zwelithini is die koning van die Zoeloes. As jy ‘n Zoeloe is, hetsy of jy in Europa of Amerika is, is hy jou koning en as Max ‘n probleem daarmee het, moet hy sy goed oppak en weggooi en miskien sal hy homself dan vind.”

Zuma het geëis dat Du Preez die koning om verskoning moet vra. “Ons koning lewe nie van broodkrummels nie; hy is waar hy is omdat ons hom ondersteun. Wie sit koning Elizabeth II op haar plek? Waar kom hy vandaan om vir ons te wil sê hoe om ʼn kultuur uit te leef?”

Volgens Zuma is Du Preez se uitlatings dikwels van rassisme deurspek. “Sy uitlatings lei tot maatskaplike verdeling. Hy is ʼn bitter, ou wit man wat nie wil aanvaar dat Suid-Afrika in ʼn oorgangsfase is nie.”

Du Preez het gesê hy sal later op Zuma se kritiek antwoord.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Dave ·

My minagting vir albei, maxima en zulima, is uitspoegbaar. Dit lê op die sypaadjie waar op hul name getrap word.

Swanna ·

Maxi en Zumi is van dieselfde stofasie. Die een is swart en die ander wit. Jy kan amper se ‘n identiese tweeling.

Patrys ·

Dat Zuma se Edward nou vir Max van rassisme moet beskuldig is vir ons Afrikaanses ondenkbaar. Is Max dan nie die kampvegter vir die swartman in Suid-Afrka van toeka se dae af nie. Hoe het die gety nie verander nie!!!

Neptunus ·

Klein Edward Zuma vergeet seker dat hy gebore is in Swaziland? As hy in boekekennis belang gestel het sou hy wis dat die Nguni-stamme ook maar hierheen gekom het van die Groot Mere-gebied. Oor ou Maxi is daar niks nuut te sê nie.

J.Z ·

Max praat nie vir my nie.Klein Zuma jy sit ook die pot baie vermis indien jy dink dat jou koning wat met ons belasting geld aan gehou word,my koning is.ook wat die koningin van England met ons tedoen het weet ek nie .Sy is vir ons net sovaal werd as jou ou koningkie.Niks nie,!!!!!.

Bruno Stef ·

Ag sjympies nou word ou Mad Max wat ver links en Pienk Liberaal is ook aangevat deur n persoon wat n groot aandeel in die Xenofobiese aanvalle saam met sy SG chief met die Pou Vere op sy kop het.Soort soek soort julle is altwee omstrede en uiters onbeskof en verwaand moet nie probeer om publisiteit by die publiek te kry nie julle verdien mekaar.

JoeV ·

Ou Max bly konstant reken dat die reënboog hom insluit. Gedink by nou sou hy verstaan mens kan dit net van ‘n afstand af sien.

Paul ·

Gerhard, jy som vir my die situasie baie mooi op. Die zwelithini zulutjie het nog nooit vir iemand is beteken nie maar hy het sy vingers stewig in die geldlaai.

chris ·

“Waar kom jy vandaan om vir ons te wil se hoe om ‘n kultuur uit te leef”Hierin le die liberaal oor die algemeen en ou Maxie in besonder se probleem . Sy sestien jaar agtige droom van ‘n reenboog is ontbloot,maar nog steeds sien hulle dit nie in nie.
Dit verduidelik presies wat ek oor en oor probeer se op hierdie blad.Die liberalis beskou sy Kultuur(wette,gereg,politieke bestel, ens) as beter en hierdeur se hulle vir die swartman, jy is benede die westerse stelsels.Daarom sal die DA nerens kom nie behalwe as hulle heeltemal oorgaan in Afrika mentaliteit en hierin sal hulle net dalk vir”altyd” die opisisie wees.Die westerse stelsel is beter vir my, dit gee my egter nie die reg om almal te wil verwesters nie.Gaan die Max-sies van die wereld nooit wakker word en besef dat hulle die meeste minagting kry(en verdien) van beide kante nie.
‘n Mens kan net vir solank droom ,nee regtig word nou wakker asb!Jy slaap nog, indien nie, is jy die mees dwaase mens waarvan ek weet.Jy baklei jou hande stomp vir ‘n reenboogland en nou hou jy nie van jou maaksel(of is dit braaksel?) nie?Nou wil jy Afrika reg timmer met jou sogenaamde sagte kunssinnige handjies .Jy droom Max!

chris ·

Zumies moet eerder saam met die koning gaan swem in pappa Zummie se swembad by Nkandla

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.