Zuma se seun sterf

Jacob Zuma (Foto: Nic Bothma, Pool via AP)

Een van oudpres. Jacob Zuma se seuns, Vusi Nhlakanipho Zuma, is Sondagaand in die Milpark-hospitaal in Johannesburg dood.

Vusi se afsterwe kom ná ʼn kort siekbed, maar meer besonderhede oor die oorsaak van sy dood is nog nie bekend nie.

Vukile Mathabele, woordvoerder vir oudpres. Zuma, het Vusi se dood bevestig en gesê meer besonderhede sal later vandag bekendgemaak word. “Die familie sal teen 12:00 ʼn woordvoerder aanstel.”

Vusi was een van vyf kinders wat verwek is uit die huwelik van Zuma en sy derde vrou, Kate Mantsho. Die tweeling Duduzane en Duduzile Zuma is Vusi se broer en suster. Mantsho het in 2000 haar eie lewe geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

CAROL ·

Hoeveel duisende rande gaan van ons belasting geld op die begrafnis gebruik word???

What a joke! ·

Kyk ongeag van die man se dade toon net bietjie respek …

Albaster ·

Hoeveel respek het hy gehad vir die derduisende mense wie se kinders dood is in hospitale waar geld vir sy sak afgesyfer is?

MissDemeanor ·

Albaster en What a joke. Julle moet onderskeid maak tussen die man Jacob Zuma en sy seun. Ons weet wat Jacob se tekortkominge en foute is, maar sy seun was dalk n goeie mens. Ons kan hul nie oor dieselfde kama skeer nie.

Ella Bella ·

As ouer, kry ek vir Jacob jammer. Om ‘n kind aan die dood af te staan, is moeilik. Innige simpatie, mag julle troos vind.

GM ·

Jy is reg, ongeag wat hy aangevang het, en hoe hy gehelp het om ons kinders (en die res van die samelewing) se toekoms te verwoes, hy bly ‘n ouer wat nou verlies ervaar. Ek kan ongelukkig nie help om te wonder hoekom nie een van hul in ‘n staatshospitaal sal gaan lê nie, maar daar word van die ‘gewone’ mense verwag om dit te doen aangesien almal nie ‘n mediese fonds kan bekostig nie. Maar dan klink ek ook nou disrespekvol, en dit is nie die bedoeling nie. Dit maak my net hartseer dat almal se lewens nie eweveel ‘werd’ is nie, en dat almal gedefinieer word volgens die hoeveelheid geld wat hul besit. Sterkte aan Zuma en sy naasbestaandes.

Ander Annie ·

Dit gaan hier oor ‘n kind wat oorlede is. Dit is bitter seer om jou kind aan die dood af te staan. Innige simpatie mnr Zuma en familie. Ek dink in my gebede aan julle in hierdie hartseer tyd. Baie sterkte.

Albaster ·

Simpatiseer ook aan die derduisende kinders se families in staatshospitale wat onderbefonds en swak bestuur was as gevolg van die agbare meneer zuma.

Al ·

N Groot verlies inderdaad.
Maar hy het nie ñ snars omgegee vir plaasmoorslagoffers nie – dis hy wat die kommando afgestel het in 2009.
En hoeveel haat en verdeeldheid het hy nie gesaai nie!

Ander Annie ·

Alida ek voel soos jy. Ongeag wie dit is, dit is bitter seer om ‘n kind aan die dood af te staan.

Local Annie ·

Hoe oud dink jy was die kind Annie? Duduzani se staatskaping kan seker aan sy suster se selfdood toegeskryf word. Ag siestog.

Alida ·

Hy is ‘n ouer wat sy kind verloor het. Vergeet wie hy is en wie hy was. Dit bly seer.

Rabes ·

Jacob jy moet voel hoe dit is om iemand aan die dood af te staan. Kom sing en dans nou saam met jou travante

Alida ·

Hoeveel van julle wraaknemers het al ‘n kind aan die dood afgestaan?

Nog 'n hartseer ouer ·

My innigste simpatie aan die Zuma familie. Ek lees so deur al die kommentaar en my hart breek. Die afstaan van ‘n kind aan die dood wens ek nie my grootste vyand toe nie. Dis die seerste seer wat enige ouer hart seker kan ervaar. Maak nie saak wat wie gedoen het nie, hy bly ‘n pa wat sy kind aan die dood afgestaan het. En ja, ek het ‘n seun van 22 aan die dood afgestaan.

Nicola ·

Ek stem met jou saam….. ek het ongelukkig ook n seun van 22 aan die dood moes afstaan en dit bly maar een ding wat en niemand toewens nie…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.