Zuma se seun veroordeel porno-skildery

Ayanda Mabulu by een van sy vorige skilderye van pres. Jacob Zuma. Die foto is digitaal gemanipuleer. Foto: Danielle Karallis, DirtyAllStars

Ayanda Mabulu by een van sy vorige skilderye van pres. Jacob Zuma. Die foto is digitaal gemanipuleer. Foto: Danielle Karallis, DirtyAllStars

[WAARSKUWING: Besonderhede in die berig is nie geskik vir kinders of sensitiewe lesers nie]

President Jacob Zuma se seun Edward, het skerp reageer op ʼn neerhalende pornografiese skildery van sy pa.

Edward Muzi Zuma het Dinsdagaand in ʼn verklaring die skildery, deur Ayanda Mabulu, veroordeel. In een van die skilderye word Zuma uitgebeeld met sy geslagsdeel in ʼn vrou se mond. “Oor die afgelope drie jaar verduur ons familie die vernedering wat gepaardgaan met pornografiese materiaal wat ten doel het om my pa en die president van die ANC en die Republiek van Suid-Afrika se beeld skade te berokken,” het hy gesê. “My boodskap aan Ayanda Mabulu is dat pres. JG Zuma ʼn ouer is en mens is bereid om hom te verdedig – selfs fisies as dit moet.”

Die ANC-vroueliga het hom ook al sterk uitgespreek teen die skildery en beplan Vrydag ʼn optog na die Uniegebou oor die “swartsmeerdery” van die beeld van die president.

ʼn Hele aantal skilderye het al die afgelope paar jaar verskyn wat Zuma naak uitbeeld en dit ontlok gewoonlik ʼn hewige debat oor vryheid van uitdrukking en respek vir die regte van ʼn individu.

Edward Zuma het gesê hy het besluit om daaroor te praat ná “oproepe en boodskappe van familielede, vriende en gewone lede van die samelewing” in reaksie op die grafiese beelde wat Mabulu geskep het.

“As ʼn familie kan ons nie verstaan waarom die media dié beelde kan publiseer wat regtig nie vir die publiek bedoel is nie. Om naakte foto’s van jou ouer in die koerant onder die vaandel van ‘vryheid van spraak’ te sien, is die ergste misbruik van die demokrasie waarvoor ons leiers so hard baklei het.”

Edward het bygevoeg sy pa het nog nooit krag gebruik om sy kritici stil te maak nie. “Hy het eerder die afgelope paar jaar baie hard gewerk om politieke diskoers op alle vlakke van leierskap te normaliseer. Diegene wat al met hom te doen gehad het, weet hoe hy teenstrydige partye byeengebring het, veral in KwaZulu-Natal. Hy het hulle aangemoedig om te aanvaar dat verkiesings nie ʼn dodelike kompetisie is nie, maar ʼn gesonde kompetisie vir idees wat aan ons mense die beste oplossing vir hul probleme bied.

“Hy was nog altyd ʼn voorstander van vryheid en demokrasie en is gereeld weg van die huis as ʼn teken van sy onselfsugtigheid. Dit is waar dat hierdie land baie uitdagings het, maar om te sê dat ons pa die land verkrag en molesteer is nie net ʼn belediging vir ons as ʼn familie nie, maar vir die hele land.

“Om foto’s te gebruik van ʼn vrou wat verkrag word en die f-woord te gebruik om ʼn politieke stelling te maak, is verstommend en alle Suid-Afrikaners behoort dit te veroordeel. Ons moet as ʼn land saamwerk en verdraagsaam wees. Ons moet onthou dat die grondwet alle persone beskerm,” het Edward gesê.

Hy het bygevoeg hy plaas sy vertroue in die kunsbedryf en word bemoedig deur kunstenaars wat hulself van Ayanda Mabulu se “pornografie” gedistansieer het.

– African News Agency (ANA)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Johan Viljoen ·

Hoogtyd Zuma permanent terugkeer na sy bordeel op Nkandla.

Melt Olckers ·

As Eddie net besef dat geen kunstenaar kan Zuma in meer onguns en skade berokken as wat Zuma dit self doen nie.

Winston ·

Ja wragtag Melt. Hy is nou n engel wat nie sy eie beeld skaad nie? Die skildery beeld die morele verval van die land uit soos die kunstenaar dit sien. Met die hoofrolspeler as fokus punt.

Andre ·

Ek dink nie Eddie kan die verf stukke die skuld gee vir sy pa se swak beeld nie. As sy pa nie so swak leiers was nie sou niemand so iets geverf het nie. Nee Eddie jou pa is sy eie ondergang

Johan ·

As Zuma en Kie RESPEK het by die Suid Afrikaans publiek en almal, dan sal niks en niemand van hom ‘n bespotting maak nie. Maar Zuma is nie net ‘n bespotting in Suid Afrika nie, maar regdeur die wêreld ook, veral as hy net sy mond oopmaak om iets te sê. DIE GROOTSTE HANSWORS (maar “n baie gevaarlike een ook). RESPEK IS IETS WAT VERDIEN MOET WORD,EN NET GEKRY WORD!!!!

chrisp ·

Om sulke “skilderye”goed te praat wys net die verval van ons mense. Die man het ‘n punt beet.Hoekom afdaal na sulke swak standaarde om iemand aan te spreek vir sy swak standaard?
Raak ons ook nou “geafrikaniseerd”? Dit is maar dieselfde kutuur soos waargeneem kan word by die Afrika betogings geen waardes of normes nie .Breek af, vernietig of skend in die naam van iets goeds of beter.Dit maak geen sin nie.

Ina Visagie ·

Ek stem saam met jou, dit is darem eens te erg en die beste is, dit vertel nie net ‘n storie van Zuma se lewens wyse nie, dit spreek van ons mense se morele verval om dit in die publiek te publiseer en toe te laat, ai man, dit is sooo hartseer hoe onse volk verwerelds het in die afgelope dekade, geen God of Sy gebod bestaan meer nie.

Geen wonder ·

hoekom dan so baie vrouens en kinders …. ja waarvan die hart vol is ….. ek weet nie of hy bewus van sulke berigte nie ek glo nie …. hy kan nie eers syfers lees nie …. geen wonder hy het nie gevorder na Gr 2 nie…. en dan nog sulke skilderye ….. lekker !!

Petrus Potgieter ·

Beste “Geen Wonder”

Ek dink jou beoordeling van JZ (die volwasse ET) is verkeerd – dis nie dat hy nie syfers kan lees nie, hy ly eintlik aan Discalculia: https://en.wikipedia.org/wiki/Dyscalculia (Google dit)

Hy het gevolglik geen benul van syfers en syferwaardes nie en is dus nie toerekeningsvatbaar betreffende korrupsie- en ander skandale nie!

Verder behoort sy gebrek aan skoolopleiding nie ‘n rede te wees om hom te verag nie, inteendeel: watter ander mens met só weinig skoolopleiding het al só gepresteer om die president van ‘n land soos Suid-Afrika te word ?

Martin ·

Petrus, ek het die ding gaan Google. Na wat ek daar lees, ly ek beslis ook aan die siekte. Ek praat nou van die bree spektrum. Ek vermoed van wat ek daar lees, 90% van die wereld lei ook aan een of ander vorm van die siekte. As jy nie kan dans of musiek note lees nie is jy ook een van die siekes. Wat ‘n klomp gemors.

GES ·

Ek stem saam dat ons waardes en sedes besig is om te verval. Uit frustrasie is ‘n mens geneig om die oë te sluit vir dinge soos die vermelde skilderry. Siende dat Zumu sukkel met woorde en syfers (veral syfers) kan beelde miskien tot hom spreek. Hoe lank gaan dit vir hom nog neem om tot die besef te kom dat hy ‘n bespotting is en geminag word?

Michiel ·

Maroela, die plasing van die goor skillerasie is in swak smaak – veral op my nugtermaag. Jul gee juself uit dat “Christelike karakter” die kern is van jul redaksionele beleid. Ten spyte van die sg waarskuwing bo-aan is dit steeds in swak smaak om so ‘n foto te plaas. Werk jul sensorskap nie op julself nie?

Michiel ·

DANKIE Maroela. EK is nie preuts of outyds maar mens wil nie met sulke goed vroeg in die more gekonfronteer word nie. Sou ek belangstel om so iets dan te gaan sien sou ek na ‘n kunsgallery gaan. Dankie weer.

Sune van Heerden ·

Dagsê Michiel

Ons vra om verskoning as die foto aanstoot gegee het.
Ons het die foto verder gemanipuleer.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

E.K. ·

Laurika, waar die berig in die inhoudsopgawe verskyn is daar ‘n ander foto gebruik. Daar word NIE deur Maroela gewaarsku dat hulle vieslike foto’s gaan plaas nie, wel net dat BESONDERHEDE in die berig nie geksik is vir KINDERS of sensitiewe LESERS nie.

Martin ·

E.K. Sou jy beter kon doen. Soos hulle sê – Die beste stuurman sit aan wal.

E.K. ·

Martin, dis uitgesorteer en ja, dit kon beter gedoen wees en nou is dit. Baie dankie Maroela.

Sune van Heerden ·

Dagsê E.K.

Ons vra om verskoning as die foto aanstoot gegee het.
Ons het dit verder gemanipuleer.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Theresa ·

Ek weet sowaar nie of my oë ingee of wat nie. Of is ek te simple om te sien wat op die artikel se skilderyfoto fout is??????? Dit lyk vir my bloot of die man besig is om al sy besittings wat hy vinnig kon gryp om weg te kom (?) sulke kultuurryke goeters – en sy gesig die ene erns.
Wat die bespotting aanbetref, wil ek darem net noem dat naakskilderye regtig nie nodig is nie, maar dié man het niemand nodig om hom ‘n bespotting te maak nie. Daarin slaag hy wel briljant sonder ander se hulp.

SNEL ·

Het een van julle Ayanda Mabulu se skilderye gegoogle? Dis siek! Daai kop loop oor van “gemors” en duidelik sien hy die witman as n vark. Kan nie dink dat iemand wat meer as n stokmannetjie kan teken sy talent nou so mors nie. Dis om van naar te raak. Ek voel oor Zuma soos almal van julle, maar dat iemand sulke goed teken….dit slaan my, maak nie saak wie se kop of lyf hy gebruik nie.

Melt Olckers ·

Kunstenaars, nes skrywers is sosiale komentators. Wat hulle weergee is wat in die publiek se gedagtes is. Twee dinge is duidelik uit die kunstenaar se kuns. 1) Zuma het die respek van die publiek verloor en hy word gesien as ‘n verkragter van die samelewing. 2) Die publiek se morale waardes het tot by ongesonde vlakke gedaal.

Petrus Potgieter ·

Beste Melt Olckers

Ek stem volkome met jou saam.
Ek sou net die “morale” in jou kommentaar verander na “morele”…

JoeV ·

Nou is dit so, NIEMAND is met respek gebore nie, mens verdien dit. Veral as mens in mags posisies is, verg dit dalk bietjie meer om repek te kry. Voeg daarby die afgelope ruk se tentoonstelling van die vermoë waarmee ons te doen het, en repek ontwyk jou heeltemal.

Jan maak n Plan ·

Sjame die laaitie lei seker aan iets of is gerook. Ongelukkig werk vryheid van spraak so, dat jy min of meer enige iets oor iemand kan se. Die kunstenaar het net uitgebeeld wat die sogenaamde president met die land tans doen. En volgens die skildery is dis nie vrek ver van die waarheid af nie. Dink hy vir een oomblik dat iemand so n skildery sou teken as JZ voorbeeldig, hardwerkend, nie korup, ens was. Soos die spreuk woord se – wat jy saai sal jy maai. Die spieel (skildery) lieg nie.

Mariana ·

Edward vandag wil ek vir jou sê ek as ‘n ma is opreg jammer oor die aaklige skilderye en beelde wat van jou pa gemaak is, en in die media verskyn. Ek weet hy doen baie dinge nie reg nie, maar my hart is baie seer saam jou en jou familie. Wat net so hartseer is, is dat so baie mense die plasing daarvan kan goedkeur.

Tascha ·

Poep teen donderweer! Dis wat jy kry sou jy dit waag om in teenstelling met die ANC of hul hoof of hierdie land se president te leef. Word jy nie tot die dood belas nie, word jy beveel om jou snater te hou want dit benadeel vir Zuma. Wat mag mens dan sê sonder om ook onder dieselfde kam te beland as diegene wat morele verval, rasisme ens aanblaas?

erica roos ·

Ek sou saamstem dis maar net die samelewing se tergwysing na hoe vervalle mense geword het en alles is reg in ons oe, baie mense gebruik die Here se naam in oorvloed in hulle daaglikse spreekwyse maar daaroor word niks gese nie, maar noudat die president uitgebeeld word vir die man wat hy eintlik is, is dit omtrent die einde van die wereld, sies ek sou in elk geval hom nie so wou sien eers nie wat nog te se om so geskilder te word, slegte voorbeeld in elk geval as ‘n ouer voorbeeld vir jou kind

Dirk ·

Google Edward Zuma en sien hoe vuil is sy vingers! Doen goed navorsing en sien die vriende wat hom omring en hoogeres wat party saam met die spul. Hy is duidelik ‘n goed geplaasde skakel in die smokkel organisasie! Hawks is magteloos!

Christie Joubert ·

Edward-skapie…Jy is een van die min wat steeds nie besef die keiser is eintlik kaal nie. Hie-Hie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.