Zuma se seun vir haatspraak verkla

Edward Zuma Foto: Marilyn Bernard, Daily News

Edward Zuma Foto: Marilyn Bernard, Daily News

Die Menseregtekommissie (MRK) het Donderdag bevestig dat hy ʼn klagte van haatspraak teen president Jacob Zuma se seun, Edward, ontvang het.

“Die kommissie het ʼn klagte ontvang oor beweerde uitlatings wat Zuma se seun gemaak het,” het Isaac Mangena, MRK-woordvoeder, gesê. “Ons is besig om die uitlatings te bevestig en ondersoek.”

Edward word wyd gekritiseer omdat hy koning Goodwill Zwelithini se kontroversiële siening ondersteun dat buitelanders uit Suid-Afrika gedeporteer moet word.

Hy het aan News24 gesê hy is bang dat Suid-Afrika op ʼn tikkende tydbom sit van buitelanders wat die land oorneem.

“Ek sê dit omdat van die buitelanders vir private veiligheidsmaatskappye werk waar hulle as goedkoop arbeid aangestel word,” het hy gesê. “Die maatskappye wil nie aan Suid Afrika se arbeidswette voldoen nie.”

Edward se kommentaar volg twee weke nadat Zwelithini sy sentimente oor buitelanders tydens ʼn byeenkoms in Pongola in KwaZulu-Natal gedeel het. Hy het glo gesê: “Ons moedig alle buitelanders aan om hul sakke te pak en te loop.”

Zwelithini se kommentaar word ook deur die MRK ondersoek. Die ondersoek duur voort.

Mangena het gesê die klaer glo dat Edward se kommentaar aan haatspraak grens. Die klaer is ook van mening dat sy uitlatings xenofobies is.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Uys ·

Dit vat ń man op ń perd om te erken dat die buitelanders ons gesondheidsdiens uitbuit en nie welkom is nie.

jacques ·

Stem saam met hom oor ons op n tydbom sit en meeste van die crime is ook van uitlanders ja.
Mal ema is die lont ja weet nog nie wie die bom gaan wees nie.

ig ·

Stem saam met sy uitlatings maar hy moet by sy pappa gaan kla want dit is hy wat miljoene buitelanders toelaat om hiernatoe te kom en dan burgerskap gee vir nog stemme.

Chris ·

Dis reg. Pappa Zuma laat alle Afrika immigrate toe vir stem. Hulle is seker nou al by die 8milj wat hier is.

jakes ·

Ruik ‘n rot. Uitgesproke man onder faandel sy vader No1? En hy woon ook in Inkandla? Kind no hoeveel hy- nog nooit van hom gehoor??

Prit ·

Dink bietjie verder as jul neuse. Volgens hulle sluit dit ons in.

Cindy ·

Prit, maak nie saak waar my mense vandaan kom nie, ek is in Suid- Afrika gebore, dus maak dit my ‘n Suid-Afrikaner, nie ‘n buitelander nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.