Zuma se staatsrede ‘flou en ʼn verleentheid’

Pres. Zuma lewer sy staatsrede. Foto: Elmond Jiyane

Pres. Zuma lewer sy staatsrede. Foto: Elmond Jiyane

Pres. Jacob Zuma was Donderdagaand ’n afwesige, flou makou en sy staatsrede was geheel en al irrelevant.

Sό het die vakbond Solidariteit op pres. Zuma se staatsrede in die parlement reageer. Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het gesê pres. Zuma was net so afwesig wat die gebeure betref wat hom in die parlement afgespeel het, as wat hy is oor die gebeure wat in die land aan die gang is. “Die politiek het hom vanaand buite die president afgespeel. Hy speel geen strategiese rol nie en dit sal net ’n aanwins wees as hy bedank,” het Hermann gesê.

AfriForum het die staatsrede as ʼn verleentheid beskryf wat die gebrek aan leierskap in die land duidelik uitbeeld. Volgens Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het opposisiepartye enersyds die geleentheid gebruik om hulle verkiesingsveldtogte van 2016 in die kollig te plaas en met ’n algehele gebrek aan respek teenoor die president opgetree. “Andersyds het die president hierdie tragiese stand van sake soos gewoonlik as ʼn grap hanteer en historiese gebeure misbruik om net meer verdeeldheid op grond van ras tussen gemeenskappe in die land te saai.”

Volgens Bailey was die inleiding van die staatsrede net nog ʼn bewys van hoe die president en regerende party ʼn sondebokkultuur skep om hulle eie mislukkings te probeer verdoesel.

“Wat die res betref: die president het geen verantwoordelikheid aanvaar vir sy rol in die ekonomiese uitdagings wat die land tans in die gesig staar nie. Geen aanspreeklikheid is erken vir rampspoedige optrede wat strek van die aanstelling van ministers van finansies in Desember 2015, tot die skade wat visumregulasies die toerismebedryf aangedoen het en selfs die Eskomkrisis nie. Ekonomiese sake het oorheers. Sleutelkwessies soos misdaad en onderwys het feitlik geen aandag geniet nie, hoewel albei ʼn sleutelrol speel wat die toekoms van die Suid-Afrikaanse ekonomie betref,” het Bailey gesê.

Lees alle voroge berigte oor die staatsrede van 2016.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Michael ·

Dit het tyd geword om Zuma te vervang met ‘n regte President en leier anders gaan die land verder agteruit en ons gaan finansieel swaarder en swaarder kry

Tweetie ·

Zuma is net nog n Mugabe. Daar is niks positiefs of voordelig vir die blankes in sy afgeleesde ‘toespraak’ nie. Hy is veronderstel om almal se president te wees, nie net vir die swartes nie.Die droogtehulp waarvan hy praat, was meestal vir die kleinboere, wat geen bydrae lewer tot die kosmandjie in SA nie. Hy moet ook onthou dat dit die kommersiele produsente (boere) is wat belasting betaal, hoekom word hulle dan oor die hoof gesien as daar gunste en gawes uitgedeel word. Alles gaan net daaroor om diegene wat reeds voordeel trek uit swartbemagtiging net nog ryker te maak. Sy toespraak was so voorspelbaar, ons is mos gewaarsku dat hy weer die ou sondebok rassisme gaan gebruik om sy foute te verdoesel. En so sweep hy steeds die een helfte van sy burgers op teen die handjievol ander.

Kaspaas ·

Hy het baie gepraat maar niks gesê nie. Nie te sleg vir iemand wat op graad 3 vlak is.

Paul ·

As jy die land se belange jou fokus is sal jy als in jou vermoë doen om dit in orde te kry.So hy kan maar vir ons sê dankie mense ek bedank.

Anna van Wyk ·

Ek kry die gevoel dat die anc weet Mnr Zuma se tyd is verby, daarom die indruk dat hy nie meer betrokke by die staatsrede is nie. Die Da se hoof glo ek het baie suid afrikaners se respek gewen. Wanneer hy gepraat het, het almal geluister, en gedoen wat hy voorgestel het

P J Strydom ·

Ek skaam my dood vir hierdie man wat ʼn president van ʼn land genoem word. Hy is n nar, onbeholpe en uit voeling met die wêreld, sy land en sy onmiddelike ongewing. Hy het geen leierseienskappe of dryfkrag nie en neem nie al die mense in die land in ag nie en is daarom nie geskik om my president te wees nie, PUNT.

Ronel ·

PJ jy neem die worde uit my mond. Ons regering is een groot surkus met ons presedent as die hoof nar. Die wereld lag ons uit. Ek skaam my dood

m ·

Het nie eers my tyd gemors om te kyk nie. Het mos geweet daar sal nie iets van waarde gese word nie.

Hannelie ·

Is Zuma ‘n regte president? Ek vra net want van hy kamtig president is, is hy eintlik die grap van die jaar. Ek skaam my dood om te sê hy is veronderstel om ons land se leier te word. Daar het ‘n tyd gekom om te gaan………..

mariette manser ·

Ek het gekyk tot by die gedeelte wat terug gaan na die hantering van die swart mense in die 2 wereld oorlog, toe loop ek ook uit…BELAGLIK

StopTheMadness ·

Die reaksie van die amptelike oposisie was selfs papper as die toespraak self! Tien uit Tien vir Lekota.

chrisp ·

STM.
Net soos jy se Lekota is al een wat iets beteken, lyk dit vir my.

johan ·

Zuma is niks anders as ‘n skoothondtjie nie. Hy blaf maar weet nie wooroor dit gaan nie.
Zuma, jy is ‘n bespotting vir hierdie land.

Carlet ·

Die belaglike rassisme is not holrug gery! As dit nie vir ons paar blankes was nie, was die land al soos Zim. JZ is ‘n grap en geen leier!

Rikku ·

Het julle opgelet hoe groot die Font van sy ” Speech ” was ? ‘n Blinde person kon dit van “n afstand lees.
En daar haak en steek hy weer vas toe dit by die Syfers kom.
Aai Aai wonder net tot hoe ver hy kan tel ?

christine ·

Die Pres van die land is siek. Kort n kop Dr. Sonder gewete sonder om skaam te wees gebruik ander niks is sy skuld nie. Klink maar sleg vat geld wat nie aan hom behoord nie. Ly aan wat? ??

Louis le Roux ·

Jaaa zoempie nê, praat ‘n hele uur lank oor dinge wat hy gladnie verstaan nie. Weer eens maak hy ‘n krater van homself

Ja, zoempie. Praat ‘n hele uur lank oor dinge wat hy gladnie verstaan nie. Maklik om te sê WAT gedoen moet word maar sê nie HOE nie. Om dit eufemisties te stel, dit was pateties. Wonder wat dink die wêreld van hierdie pogingkie? Foeitog, weer eens maak hy ‘n krater van homself en stel ons mooi land in die verleentheid. Aggasheimsiestogfoeitog, die arme idioot.

Dan ·

Hy is n verleentheid vir die land, sy toespraak het toe sommer met rasgedrewe politiek begin, die eienskap van n rassis,maar wys sy vinger vir ander.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.