Zuma se staatsrede kos glo amper drie keer meer

Pres. Jacob Zuma antwoord op die vrae en kritiek wat vandeesweek tydens die parlementêre debat oor die 2017-staatsrede gelewer is. Foto: Twitter via @SAgovnews

Pres. Jacob Zuma antwoord op die vrae en kritiek wat vandeesweek tydens die parlementêre debat oor die 2017-staatsrede gelewer is. Foto: Twitter via @SAgovnews

Pres. Jacob Zuma se staatsrede het belastingbetalers glo amper R11 miljoen uit die sak gejaag.

Volgens John Steenhuisen, hoofsweep van die DA, het antwoorde op parlementêre vrae aan die lig gebring dat die staatsrede baie meer gekos het as die R4 miljoen wat vir die geleentheid begroot is.

“Die departemente van polisie en openbare werke het in antwoord op parlementêre vrae bekend gemaak dat hulle onderskeidelik ʼn bykomende R4,085 miljoen en R2,7 miljoen bestee het.”

Volgens Steenhuisen het die departement van staatsveiligheid geweier om bekend te maak hoeveel hulle bestee het. Hulle het net gesê die geld wat gebruik is, het uit die bedrysfbegroting van die staatveiligheidsagentskap gekom. Steenhuisen het gesê die DA sal ʼn aansoek indien ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting om vas te stel watter hulpbronne van die staatsveiligheidsagentskap ingespan is vir die staatsrede en hoekom.

Steenhuisen het gesê meer as R204 000 is bestee om 441 weermaglede by die opening van die parlement te ontplooi. Hy het gesê die R11 miljoen wat na bewering aan die staatsrede bestee is, kon eerder aangewend word om werkskepping te bevorder.

“Die hartseer werklikheid is dat die staatsrede nie meer toeganklik is vir lede van die publiek nie. Tog word daar van hulle verwag om elke jaar meer op te dok vir ʼn president wat in die gedrang is en ʼn vyandige parlement in die gesig staar.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Justice ·

Wiskunde was nog nooit Zuma of die ANC se sterk punt nie.

Frik ·

En nou DA nou dat julle dit weet, wat gaan julle daar omtrent doen. Dis so maklik om al die goed op die lappe te bring maar ons as DA kiesers het julle daar gesit in parlement. Nou wys ons wat gaan julle daar omtrent gaan doen. Ons as kiesers het nie insae by parlement nie.

Johann ·

jy mag dit dink maar jy mag dit nie sê nie. dit is die beleid op die ww. hulle self dink sekere dinge, maar dan ……..

Ljl ·

As direkteur van ń groot maatskappy wil el graag sien dat Dawie Roodt ingryp,al moet ons ń fonds stig, maar so kan dit nie aangaan nie.Ek self is ń persoon met kwalifikasies maar so kan dit meer aangaan nie hetsy moord,bedrog of wat ook al.Ons as volk sal moet saamstaan en ingryp, ek is lief vir julle laat ons mekaar help.

Basjan ·

Ek stem saam. Dawie Roodt is ‘n oopkop ekonoom wat weet wat in die land aangaan.

Hendrik ·

indien die oprigting slaag, hoop ek op die plaat staan ter nagedagtenis na die beste koripte nar wat sa nog opgelewer het. groot mariko sal ek noot besoek as xoempi daar staan nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.