Zuma sê sy kabinetskommelings was heel logies

Pres. Jacob Zuma tydens sy antwoordsessie in die parlement (2 November 2017). Foto: Elmond Jiyane/GCIS

Pres. Jacob Zuma het Donderdag aan LP’s gesê hy hoef nie redes te verskaf vir ʼn kabinetskommelings nie.

Zuma het vrae beantwoord in die nasionale raad van provinsies, deel van die Suid-Afrikaanse parlement, en gesê al elf sy kabinetskommelings was logies.

“Daar was geen besluite wat nie logies was nie – niks van dié aard nie. Deur die wêreld is dit algemeen dat staatshoofde hul ministers verander – dis hul besluit, dis seldsaam dat mense sal vra wat is die rede en hoe kan iemand sê dis nie logies nie. Dis nie waar nie,” het hy gesê toe hy gedruk is om redes te verskaf waarom hy ministers verskuif het, insluitend om Pravin Gordhan te vervang met Malusi Gigaba as minister van finansies, of deur Blade Nzimande te vervang met Hlengiwe Mkhize in die departement van hoër onderwys.

“Dis nie omdat die ministers net lui is nie. Daar is ander redes ook wat daartoe lei dat presidente besluite maak, om te probeer om die redes daarvoor te soek, is soos om ʼn naald in ʼn hooimied te soek.”

LP’s van opposisiepartye het gesê Zuma se besluite oor die kabinetskommeling was irrasioneel en DA-LP Leon Magwebu het gesê die president dien sy eie belange van “korrupsie, wanadministrasie en misbruik van mag”.

Zuma se reaksie hierop is dat Magwebu propaganda wil bevorder. “Sy aannames is sy aannames, dis nie noodwendig die korrekte aannames nie.”

Zuma se kabinetskommelings het alliansievennote warm onder die kraag gehad, veral die SAKP, waarvan Nzimande die algemene sekretaris is. Die SAKP en die derde lid van die driepartyalliansie, die vakbondfederasie Cosatu, het Zuma versoek om te bedank. Die SAKP het ook gedreig om self die 2019-verkiesing te betree.

Zuma sal in Desember tydens die ANC se verkiesingskonferensie as partypresident vervang word, maar nie as staatspresident nie. Dit sal eers gebeur as die party hom herroep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Grassie ·

Ek stem heelhartig saam mat Zuma – sy kabinetskommelings was baie logies. Dit is logies om van enigiemand ontslae te raak wat in jou pad staan wanneer jy die land se finansies verder wil plunder.

HPV ·

Hy het geen formele skoolopleiding, dit is ‘n feit. As hy maar std 3 gehad het kon dit dalk beter gegaan het.

Leon Dormehl ·

Daar gaan nie verkiesingskonferensie wees nie. Selfs as daar een gaan wees gaan dit ontwrig of betwis word.

N Lourens Reitz ·

Ja Leon ek dink ook so. Piet Croucamp glo weer daar gaan ñ leierskap konferensie wees.

Pieter ·

Zuma is in dieselfde klas as Mugabe. Al is lg geleerd en egn dom, is beide oneerlik en vernietigers van hul lande. Hoop die momentum om van Zuma ontslae te raak, sluit ook sy rasbehepte party in.

Blits ·

Wat vir n daad een logies is is nie vir n volwassene logies nie, So diegene wat dink dat dit logies was, is op dieselfde verstandelike gestremde golflengte as zuma

JK ·

Het die man al enige iets logies gedoen van hy die septer swaai?

wraggies ·

Dis logies vir hom want hy bereik sy doelwitte daardeur, ons weet almal wat is sy motiveering.

kat ·

Dit is logies vir iemand met onlogiese denke. Of eerder – vir iemand wat geen denke het nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.