Zuma sê sy ‘regte is vertrap’

Oudpres. Jacob Zuma buite die hooggeregshof in Pietermaritzburg. (Foto: MotshwarI Mofokeng/ANA)

Oudpres. Jacob Zuma het aan tientalle van sy ondersteuners buite die hooggeregshof in Pietermaritzburg gesê die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het sy regte geskend weens die herinstelling van bedrog- en korrupsieklagte teen hom, in ʼn saak wat hy meen polities gedrewe is.

Zuma het sy ondersteuners in Zoeloe toegespreek, ná ʼn dag in die hof waartydens sy regspan redes aangevoer het waarom die saak teen hom permanent laat vaar moet word.

“My regte is op ʼn ernstige manier vertrap en ons het oorweldigende getuienis wat ons nog glad nie bekend gemaak het nie, omdat ons die regsproses respekteer. Ons respekteer wetgewing, ons respekteer selfs ʼn waansinnige man, ons meng nie in met sy waansinnigheid nie,” het Zuma gesê.

Zuma staan tereg op een aanklag van rampokkery, twee aanklagte van korrupsie, een aanklag van geldwassery en 12 aanklagte van bedrog, omdat hy glo omkoopgeld van die internasionale wapenmaatskappy Thales ontvang het. Dit is glo gedoen deur sy voormalige finansiële raadgewer, Schabir Shaik, in die multimiljoen randse wapentransaksie wat in 1999 aangegaan is.

Thales is die tweede beskuldigde in die saak en word in die gesig gestaar deur een aanklag van rampokkery, twee aanklagte van korrupsie en een aanklag van geldwassery. Thales begin na verwagting Dinsdag met sy saak om die aanklagte teen hom te laat vaar.

Zuma het gesê dit is duidelik dat die klagtes teen hom op twee maniere gebring word: “op regsgronde en polities”.

“Die saak is gefabriseer deur aanklaers wat skinder en my wou weerhou van en probeer keer [om president te word]”, het Zuma gesê.

Adv. Muzi Sikhakhane, Zuma se regsverteenwoordiger, het vroeër die dag aan die hof gesê die voormalige hoof van die Skerpioene, Leonard McCarthy, en die destydse NVG-hoof, Bulelani Ngcuka, het saamgespan om te probeer keer dat Zuma ANC-president en gevolglik president van Suid-Afrika word. Hulle gesprekke oor die tydsberekening van Zuma se vervolging is in die sogenaamde spioenbande opgeneem.

“Jy kan nie jag maak op ʼn onskuldige Suid-Afrikaner soos Zuma nie,” het die oudpresident gesê.

Zuma het gesê daar was ʼn “beduidende verandering” in die saak nadat KwaZulu-Natalse adjunkregterpresident Mjabuliseni Madondo van die saak verwyder is. “Hulle het drie regters in die saak aangewys, wat beteken daar gaan drie uitsprake wees.

“Dit is nou 15 jaar sedert hulle my die eerste keer probeer vervolg het, ek dink dis nou vyf regters wat al aangestel is as voorsittende beamptes oor die aanklagte teen my. Toe hulle die klagtes heringestel het, het ons saam met my regspan besluit om die aanklagte te betwis. Selfs die ooggetuies het al vergeet wat ons gesê het en sommige is selfs al dood,” het Zuma gesê.

“Die hof het ons die geleentheid gegee [oor die vier dae] om ons redes te verstrek hoekom die verhoor nie moet voortgaan nie. Ons vra dat die aanklagte permanent laat vaar word. My regspan het ʼn kans gekry om aan te voer waarom dit nie moet voortgaan nie, om te sê wat ons glo die ondersoekers en aanklaers gedoen het om my regte te skend,” het Zuma gesê.

Hy het gesê sy regspan het die waarheid voor die regters gepraat en hulle herinner dat hulle voogde van geregtigheid is en moet “erken dat die aanklaers ʼn fout gemaak het deur nie wetgewing te volg nie”.

Zuma het ook sy ondersteuners bedank omdat hulle op 8 Mei in die nasionale verkiesing vir die ANC gestem het, ʼn verkiesing wat die party gewen het.

“Ek onthou die laaste keer wat ek in die hof was, het ek julle gevra om vir die ANC te stem omdat ek gehoor het sommige mense het gesê hulle gaan nie stem nie. Ek het besluit om iets te sê, want as ek nié het nie, sou ek skuldig gewees het aan stilte as die ANC sleg by die stembusse gevaar het. As jy vir die ANC stem, stem jy nie vir ʼn individu nie, jy stem vir die beweging,” het hy gesê.

“Ons land in die ANC en ons verlaat weer die ANC. Niemand ís die ANC nie; ons is almal lede van die ANC. Daar is nie ʼn enkele mens wat meer magtig as die ANC is nie; die ANC is magtiger as die individu.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

corne ·

laat vaar net allenaanklagte teen hom.Hulle mors net geld en ons almal weet hier gaan nils van kom nie so hoekom aanhou belsating betaalers se geld mors

Tanya ·

Omw hy is mos onskuldig laat hom gaan. Julle mors net geld van dat za nou as geword het is die land dood.

Anoniem ·

Corne, dis presies waarvoor Zuma mik – dat ons moedeloos raak en opgee, want dan verdwyn al sy probleme. Die regte ding om te doen is om die goeie stryd te bly stry.

As die Zuma domino val, sal baie ander domino’s ook begin val.

Gemaskerde Sopbeen ·

En hier is die kruks van die saak……….”Meeste het al vergeet en sommiges is selfs dood”… As jy enige saak lank genoeg kan uitstel stap jy weg as ‘n vry man…

fred ·

ja dit dit is n groot voordeel om nooit skuldig te voel of skaam te kry nie….hy gaan nog vir jare aankarn….het hy nou al die Nkantla miljoene terugbetaal ..?

Andre Coetzee ·

Daar sal niks hiervan kom nie.Korrek net belasting geld wat vermors gaan word.In ‘n land met ‘n werkende regstelsel sou reg kon geskied maar nie in die land nie.

Siener van Melbourne ·

Zuma moet maar by sy adviseer uitvind hoe om tronkstraf vry te spring. Blykbaar iets te doen met terminale gesondheid en golf speel. Moet net nie verslaggewers aanrand nie.

Dirk ·

Indien die rampokker nie suksesvol vir die saak asook vir verraad teen Suid Afrika vervolg word nie kan Suid Afrikaners totsiens se vir hoop op suksesvolle vervolgings van enige van die senior staatskapers. Met al die feite en bewyse beskikbaar vir die oortredings is dit ondenkbaar dat nog niemand suksesvol vervolg is nie. Die rampokkers en die staat is steeds besig om die publiek op groot skaal te mislei. Daar is nog geen aanduiding dat enige iets daadwerklik verander onder CR nie, Dit is net n gepraat met steeds niks daadwerklik aan die gebeur nie!

Tanya ·

Omw hy is mos onskuldig laat hom gaan. Julle mors net geld van dat za nou as geword het is die land dood.

Asjas ·

Laat vaar alle klagte teen hom en spaar belasting geld, maar dan bewys jy die man reg en gee hom ongekende magte …
Albei ewe smaakloos!

Johan ·

Ek belowe hierdie ou was Vir 2 termyne SA se president.Nee regtig, eks ernstig…nee sonder jokes… hoekom wil niemand my Glo Nie!!!!

Kallimaari ·

Weg sal hy nié kom nie. Dalk hier, maar definitief nié voor God nie.

Zuma sál boet.

Tuptop ·

Nie te oud vir die tjoekie nie. Die belasting betalers dring daarop aan dat hy tronk toe gaan. Sommer nou al as verhoorafwagtende

Ore ·

Ag siestog,dat een “onskuldige” mens nou sy dag in die hof gaan kry…….wat ‘n grap,en dan is daar geleerdes wat hom nog wil verdedig!

Wielspore ·

Die skuldige pleit nou hy is die slagoffer, gaan kry ‘n stokperdjie.

Julie Jansen van Rensburg ·

Ag, FOEI-tog!!! My hart bloei – VLA vir “arme,onskuldige” ZUPTA…

ES ·

Hoe lekker giggel ek nou.

Sonder lede, is die ANC net ‘n naam. Dit is die lede wat die party maak, nie die party wat die lede maak nie. Selfde geld vir enige ander instansie, maatskappy of party. Die party is nie groter as enige individu nie want dit bestaan net uit individue.

Die lede word ook aanspreeklik gehou vir hul aksies. Hy word beskuldig van so baie dinge, dat ek nie verstaan hoe dit moontlik is dat hy dink dat dit polities gedrewe is nie. Hy is nie meer enigiets nie, nou blameer hy dit op politieke gekibbel.

En sy regspan maak natuurlik geld soos bossies uit hierdie saak.

Josua Keys ·

Zuma moet bid dat die saak hom agter tralies laat beland, skuld erken is sy voorland
vir ‘n korter termyn agter tralies. Gerrie Nel wag in spanning vir die hof se beslissing ongeag die uitslag dan vat hy oor dan gaan dit nag wees vir Zuma en sy skelm trawante. Niemand het jou regte vertrap nie Zuma jy het dit self gedoen en die beste hiervan is die wereld kan dit getuig, sosiale media wys alles.

H ·

As hy so voel hoe voel die lands se belasting betalers oor húlle regte?

Hans ·

Hy moenie so alleen voel nie, miljoene belasting betalers voel ook net so!

Tanja ·

JOU regte Zuma???
Wat van die hardwerkende, uitgemergelde belasting betaler, se belasting geld wat onder jou wanbestuur net verdwyn het se regte?

Svl ·

Vandag se ek vir jou, wat jy saai sal jy maai! Weet nie wanneer nie, maar ek weet dat my God is in beheer Zuma, ek weet dit. Amen!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.