Zuma se verjaardagwens vir SA

Pres. Jacob Zuma by die gedenkdiens vir die struggle-veteraan, Chris Hani, in Boksburg (10 April 2017). Foto: GCIS

Die presidensie het Woensdag gesê pres. Jacob Zuma sal vandag sy 75ste verjaardag met ʼn ANC-byeenkoms in Soweto vier.

Die feesviering sal plaasvind terwyl daar terselfdertyd ʼn massa-protesoptog teen Zuma in die Pretoriase middestad gehou word.

Die presidensie het ʼn verklaring uitgereik waarin hy Zuma gelukwens en gesê Zuma se verjaardagwens is om meer vordering te sien in die skep van ʼn beter lewe vir armes en die werkersklas.

“Ek wil sien dat ons meer vordering maak in ons stryd teen armoede en ongelykheid,” het Zuma in die verklaring gesê. “Ek wens ook ons kan die stryd teen rassisme in ons land wen. Ons is steeds toegewyd daaraan om ʼn nie-rassige samelewing te skep en sal aanhou werk om ons mense te verenig teen rassisme in al sy vorme.”

Betogers by die Nasionale Dag van Aksie-optog teen pres. Jacob Zuma in Pretoria (12 April 2017). Foto: ANA

Zuma het vroeër vandeesweek by die gedenkdiens vir die struggle-veteraan, Chris Hani, uitgevaar teen die optogte wat Vrydag landwyd gehou is om te eis dat hy uit sy amp verwyder word. Hy het gesê die optogte was ʼn bewys dat rassisme steeds ʼn werklikheid in Suid-Afrika is, omdat daar onder meer plakkate omhoog gehou is wat swart mense as bobbejane uitgebeeld het.

Die presidensie se verklaring het verder genoem Zuma is besig om voor te berei vir ʼn spesiale kabinetsvergadering om die huidige ekonomiese situasie in die land te bespreek.

“Die doel is om rolspelers en die hele land te verenig om oplossings te vind soos wat gedoen is toe die eerste ekonomiese krisis in 2008 ontstaan het, ʼn krisis wat nog skaars gedurende [Zuma] se twee ampstermyne gedemp kon word. Dit is verder vererger deur die onlangse kredietafgraderings,” lui die verklaring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Blits ·

Zuma dit sou n moviese groot party gewees het as jy eerder bedank het. jou nalatingskap aan die jonger geslag is ” dis reg om te moor, plunder en korup te wees en jou land te veraai en jou mense (alle inwoners van SA)
O jy darem maar USELESS

PJ ·

Heeldag gehoop vir ‘n berig wat lees hoe ‘n korrup ou president in sy koek verstik…maar heelaas het dit toe nie gekom nie. .hartseer ding daai…..

Jaquie ·

Zuma is self die grootste rasis wat rassehaat aanblaas. Hy is besig om diecland rot en kaal te besteel en ge kamma om vir die armes en werkloses. Wat ‘n siek grap van ‘n mens is hy??!!

Vetsak ·

Ek hoor Zuma is te skaam dat die buitelanders moet sien dat hulle so betoog hier. Sy “party” is nou na ‘n ander venue geskuif.

JD ·

Die party bly bydieselfde venue, die staats besoek aan SA van Qatar is geskuif.

vermeende ·

Wie is die mees gehate persoon in SA, Zuma of de klerk?
Maak nie saak wat Zuma doen nie, hy sal nooit vir de klerk kan wen met die een nie!

Pieter ·

Dit is baie waar, fw de klerk is verantwoordelik vir die gemors waarin ons sit terwyl ons kinders in die buiteland moet werk.

Ek wil ook my mond uitwas ·

Veels geluk Zuma! Ek dink hy wen die “kompetisie” teen De Klerk by verre!

Johann cb ·

Terwyl JZ ons almal besteel, sal armoede nooit opgelos word nie. Dit is juis die armes wat die ergste deurloop en dit nie besef nie…

amanda jonker ·

Aai Shame moet ons nou bly wees omdat so ‘n ou bedrieer verjaar ? Zuma jy doen die land net skade sorg dat jy op jou volgende verjaarsdag uit die land uit is miskien sal Guptas jou birthday vier

Theresa ·

Ag tog. Verjaar net en bly liewer stil meneer wat so lekker weglê aan rasistiese opmerkings teenoor minderheidsgroep. Wonder of die man dink almal het net 1 breinsel?

AP ·

Wonder wat se verskoning hy vandag gaan uitdink .. kan nie weer rassisme gebruik nie betogers is meeste sy mense he he he he he , soos hy lag.

Oh please ·

Ag regtig, rassisme, apartheid, ongelykheid, kolonialisme, white capitalists, grondonteiening, transformasie, jy se niks NUUTS nie ZUMA. Nie rassige samelewing maar jy dreig wittes en sing saam kill the boer en umshini wam e en doen niks aan’n minister wat ons lewendig wil begrawe nie? Hoe bring jy die twee bymekaar uit. Swart en wit marsjeer teen jou, maar net die wittes word beskuldig van rassisme. Hoe gaan jy ongelykheid uitwis? Deur alles wat die wittes besit aan swartes te gee. Dit is net iemand met Standerd 3 wat dink jy kan 35 000 plase opdeel tussen 40 miljoen ongelukkige swartes wat sit en wag vir land. Daar is ongelykheid, jy is reg, daar is ‘n swart elite wat opgang maak met miljoene in hulle bankrekeninge terwyl die ondersteuners hongerly. Daar is BEE en transformasie wat die paar blankes wat nog ‘n bestaan gemaak het vernietig en kwotas wat wittes uit sport en universiteite hou, en ook nie meer beurse kry nie . Dit is net die heel RYK wittes en RYK swartes wat dit tans maak, en hulle is redelik gelyk, die gepeupel sukkel maar .. ZUMA SE BELOFTES IS LEEG!

Alida ·

Vrydag se optog het niks met rassisme te doen nie. Ek was wit en afrikaans. Ek het hande vashehou met n swart vrou wat engels praat. En oral in Pretoria was dit so. Ons het hande gevat en gebid en mekaar omhels. Dis soos ons wil lewe. Niks met rassisme te doen nie. En jy weet dit.

Piet Pompies ·

Uitstekend, gebruik die slegte omstandighede en omskep dit in iets goed, die ANC gaan veroorsaak dat mense herening alhoewel hulle kwaad aansteek.

mari ·

Ek wonder of hy sy party dalk by Spur hou. Miskien sal hulle nog vir hom sing.

Hanelie ·

Ja dan kan hulle sommer vir hom ‘n nar roomys gee vir nagereg….dis nou as hy homself gedra het.

Galbraak ·

Wie gee nou regtig om oor hy verjaar. Doen die beste ding vir amal en bedank.

AL ·

Ek is baie bly so baie rassiste het hul opwagting gemaak vd protes. Happy Birthday mr pesident….. Is die Arabiere nog kwaad vir jou omdat jy gasheer gespeel het en jul byeenkoms inderhaas na gisteraand geskuif het terwyl hul vandag vergas sou wees met jou teenwoordigheid? Hêhêhê die optogte het jou planne lelik in die wiele gery vandag…

Shirley ·

My verjaarsdag wens aan jou zuma is dat jy moet bedank. Ek glo dis bykans ons almal se verjaarsdag wens aan jou, numba 1. Ons gee regtig nie om wat jou verjaarsdag wens aan ons is nie. Doen net die eerbare en regte ding, bedank en groet die land saam met jou gupta tjommas. Julle het nou al MEER as genoeg vir jul self geskep!

John ·

Meer as 80 miljard se belastinggeld, waarvan ons wel bewus is, laat Zuma toe om te verdwyn sonder om ‘n oog te knip, maar hy het slapelose nagte oor armes? Die wil voorkom of Afrika eintlik deeglik eerder sorg dat armoede in stand gehou word, want wat anders het hulle om te wys om aalmoese en lenings te bekom. Afrika se gesifde bakhande sal eers genees moet word voor dit beter sal gaan en daarvoor is Muti van Bo nodig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.