Zuma se verjaardagwens

Pres. Jacob Zuma. Foto: Ntswe Mokoena, departement van kommunikasie

Pres. Jacob Zuma. Foto: Ntswe Mokoena, departement van kommunikasie

Pres. Jacob Zuma het Dinsdag met die viering van sy verjaardag sy wens vir Suid-Afrika bekend gemaak.

“Ek is dankbaar vir die geskenk van lewe en om die spesiale dag in my lewe te vier. My verjaardagwens is om te sien hoe Suid-Afrika al meer ’n beter plek word vir almal. Ek wens dat ons land sal voortgaan om saam te werk om gemeenskaplike uitdagings die hoof te bied, veral in die moeilike ekonomiese klimaat van werkloosheid, stygende brandstof- en voedselpryse en hoë vlakke van armoede en ongelykheid. Dit is slegs in en deur ons eenheid as Suid-Afrikaners dat ons die huidige uitdagings die hoof sal kan bied en ’n voorspoedige Suid-Afrika bou,” het Zuma gesê.

Zuma vier vandag sy 74ste verjaardag. Volgens die presidensie sal Zuma die spesiale dag saam met sy familie vier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Johann ·

Ag asseblief…beste geskenk wat jy Suid Afrika kan gee is on te verdwyn.

Weezie ·

Laat hy eerder die kersies tel as hy kan, plaas van so sit en nonsens gorrel

Theresa B ·

Sy verjaarsdagboodskap is in elk geval vir hom geskryf……………………..
Ek stem saam met Johann. Daar is klaar soveel skade.

Tiger ·

Die beste geskenk wat hy Suid Afrika kan gee is BEDANK onmiddelik!Jinne dit sal ‘n vreeslike geseende dag vir ons land wees. ”My verjaardsag wens is om te sien hoe Suid Afrika al meer ‘n beter plek word vir almal.”Jy praat snert zumpie!Hoekom is daar dan ‘n veldtog om witmense uit die land uit te jaag en hul geskiedenis te vernietig??Bedank net asb.jou skobbejak!

Willie ·

O KOEK… gaan saam met die Guptas… doen Suid Afrika n guns en bedank… TSHAMAAIJA

Corné ·

Maak jou droom waar en BEDANK! Gee sommer pad en gaan bly saam met jou gupta vriende in Indië. Dit sal positiewe gevolge vir Suid-Afrika hê.

Karma ·

My wens vir jou, Mshowerlozi783 is dat jy net eendag “poef” sal verdwyn, maar jou korrupte party saam met jou vat!!! Phansi, Zuma, Phansi – PHANSI ANC, PHANSI!!!

Gesiggie ·

Happy 74 Birthday…. Zuma… jou verjaarsdag wens is pragtig…jou wens om te sien hoe Suid- Africa n beter plek gaan word…..OOOPS daar brand die kersies uit”” soos dit nou gaan… asseblief, meskien moet jy maar weer aan jou verjaarsdag wens skryf…want hierdie wens gaan nie werk…. Pay back the Money. Maybe then…

Weskaper ·

Kan julle nie sien hoe konsentreer hy om die woord te spel wat hy wil skryf nie

Bolander ·

Weet julle, dit is eintlik een groot grap. Ons is veronderstel om ons president geluk te wens en mooi boodskappe te stuur, maar hoe kan jy dit doen as ons NIE EEN HET NIE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Zelda ·

Hy het dit seker nie self geskryf nie. Hy verstaan duidelik nie wat Hy gelees het nie. Agv hom is SA in so gemors

Will i am ·

En ek word Vier en sewentig tagtig en sewetien. Stok oud

Bolander ·

En ek het R1 000 000.00 (Een honderd rand) vir my verjaardag gekry….

Sampie ·

Ek hoor oor die media zuma spandeer die dag saam met sy familie, ek wonder of hy ‘n dag verlof ingesit het.

M A ·

Hoekom word ek gedwing om op 60 af te tree terwyl ek nog ‘n nuttige bydrae lewer en Mr die President kan aanbly tot hy omkap?

Petro Buys ·

Asseblief tog. Ons moet saam werk net vir JZ en sy travante om hulself meer te verryk en te vat.

Pieter ·

Gelukkige 74 and twenty three, and point 8th, verjaardag ou stortkop.

HEVW ·

Die een wat hierdie verjaarsdagwens namens hom geskryf het, het nie rekening met sy valsheid igehou nie. Kort gelede het hy dan verlaar die anc is groter en belangriker as SA, die land. Bereken seker hoeveel stemme hy hiermee kan verwerf. Maar hy sal verras wees teen die tyd dat die verkiesing gaan plaasvind, is hierdie “pragtige gebaar” vergete. Soos dit tans met die kieserlyste vaar, wonder n mens of dit in die volgende jare sal wees.

Joann ·

Baie geluk Mnr. Die president. Mag jou lewe nog lank gespaar word op mars. Mag dit met selfverwyt en dorings besaai wees.

Elize ·

Bedank.Zuma.ons soek jou nie meer nie.Kan jy so dikvellig wees.Hoor jy nie wat die volk soek nie.Of is jy doof.!!!Jou praatjies beteken niks meer nie.

Theresa ·

Nee man. Ander wens jou geluk, nie jy jouselwers nie. Behoede ons tog hiervan. Weet jy lees dit nie – maar sou lekker wees as jy het, want tot en met nou toe, b e g r y p jy nie wat mense vir jou b l y sê nie. aiaiaiaia.

Johann ·

Soos in een van die vorige kommentare genoem. (Bolander) Is dit nie siek dat ons in plaas van gelukwense en seënbede vir ‘n leier van ons land; hom met rede met disrespek en miskenning afmaak en aflag. Shame on you Jacob Zuma: dat ek na my ouers kyk wat jou ouderdom beleef; maar in ‘n fraksie van hul leeftyd agv eerlikheid, harde werk, onselfsugtigheid, waardes en norme en integriteit ‘n legacy nalaat wat my skaamteloos trots verklaar hulle is my ouers! Wat het jou uitgebreide nageslag nie om oor skaam te kry nie! Jou grinnik word net oortref deur die nasmaak van walging in jou arrogansie .

E ·

My verjaarsdag wens is om n luukse groot woning te he met my eie inkopie sentrum, bioskoop, lekker groot swembad, privaat vliegtuig, butlers, bediendes, een vrou vir elke dag van die maand, baie kinders om my stam te vergrooooot,…gooi so paar myne en plase in die mix. Ja dit sal nou die lewe wees.

johann cb ·

Ek is nie dieselfde Johann wat hier kommentaar lewer nie en sal voortaan as Johann cb bekendstaan. As die president se wense vir SA wil realiseer, sal hyself daadwerklik iets moet doen om dit te laat geskied. Met die swak beeld wat hy geskep het, veral sedert verlede jaar, gaan ons nie veel vordering maak nie. Die geld loop nog steeds by die deur uit die Buiteland in, want almal soek sekuriteit en ons kry dit nie! Help ons almal asseblief no1!

Irene ·

St 5 gemaak kan nie dink nie kan nie lees nie kan net hiphop en gesig trek?

Callie ·

Ja neh Zupta, geniet jou 74ste verjaarsdag, net nie vir ewig daaraan vas klou nie asb, ek sukkel om te verstaan hoekom hy nie by sy familie in Nkandla gaan kuier het waarvoor ons alreeds R240,000,000.00 en tien vyftien betaal het nie? Nou het ons seker nog betaal om sy hele nageslag Gauteng toe te vlieg ook… Zuma my wense aan jou is dat jy op jou ouderdom sal besef dat jy al die jare wat jy vir die ANC op ge offer het, dit altyd vir eie gewin was, SA het dit besef, jy is die enigste een wat nog daarteen skop, ons weet jy kan nie tel nie, en jy het geen idee hoeveel skade 400 miljard rand is nie, die skade wat gelei is vanaf jy in Desember jou finansiele ministers ge shuffle het om jou eie onderduimse doelwitte na te jaag, ag maar wat praat ek alles, jy luister net so min as wat jy vir die land of jou mense omgee neh! As jy regtig voorspoed vir die land toe wens, bel dan jou tjoppas daar van Dubai, pak n tassie, en laat waai… Jy is die naam President nie werd nie!!!

Oom Kalahari ·

“Baie geluk aan die President met sy 74ste verjaardag” en mag u geskiedkundige Leirskap vir ons nageslag op skoolvlak in hul geskiedenis boeke weerspieël. Hopenlik het u verjaardag baie stof tot nadenke opgelewer wat was en vandag is en dat u die Hemelse Vaderkon raadpleeg op hierdie spesiale dag en in u hart kon bely dat u die beste vir die mensdom gedoen het tot ‘n beter toekoms sonder dat daar enige korrupte aktiwiteite was, geen mens te nagekom was, geen onreg gepleeg het of geen finansieële voordeel getrek het of daar was geen gesinne wat bedroef gelaat was deur van moord, verkragting, roof, plaasmoorde, kindertjies wat ouerloos gelaat is nie. u was ‘n ware dienskneg en het die mensdom as regte leier gelei met beter lewens omstandighede, veiligheid, aanvaarding en liefde sonder enige onderdrukking of kwota’s, BEEE’s, Transformasies, ens. Dat u die regstelsel en landswette erken en onderhou het te alle tye en daar respek was tot die mensdom van SA vanaf u en u Parlement, dan Mnr President sou u verjaardag ‘n plesier kon wees en ‘n viering van die hele SA.

sarie van heerden ·

Is dit moontlik dat Zuma nie weet van die weersin wat Suid=Afrikaners vir hom het, wit en swart, of is hy eenvoudig te dikvellig om dit te verstaan? Dra hy kennis van die bespotting wat hy van homself maak in die buiteland? Het hy raadgewers of is hy sommer sy eie raadgewer? Om ongeletterd te wees is natuurlik ‘n swaar las maar hy behoort leiding te ontvang.

Anoniem ·

Die gemeenheid van die man. Hy het ons gebring waar ons is vandag…..Armoede, ellende, moord roof, verkragtings….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.