Zuma se ‘vertragingstaktiek’ misluk

Oudpres. Jacob Zuma. (Foto: Emmanuel Croset/AFP)

Oudpres. Jacob Zuma kon nie daarin slaag om sy en die Franse wapenvervaardiger Thales se verhoor nog langer uit te stel nie. Regter Piet Koen het Woensdagoggend Zuma se aansoek om verlof tot appèl teen ’n vorige uitspraak rakende aanklaer adv. Billy Downer van die hand gewys.

Die jongste uitspraak beteken alles is op koers sodat die lankverwagte verhoor op 11 April in die Pietermaritzburgse hooggeregshof hervat kan word.

Zuma het Downer aanvanklik van vooroordeel beskuldig en ’n aansoek gebring om hom as aanklaer in die korrupsiesaak te laat verwyder. Koen het egter in Oktober verlede jaar dié aansoek van die hand gewys en bevind Zuma se bewering is grootliks bespiegelend en ten beste gegrond op ontoelaatbare hoorsêgetuienis.

Koen het Woensdagoggend weer gesê die oudpresident se appèlaansoek behoort nie in hierdie stadium van die verhoor aangehoor te word nie, aangesien die aansoek in dié stadium sal lei tot vertragings en dus uitgerekte verhore “tot nadeel van nie net die beskuldigde nie, maar enige medebeskuldigdes en die publiek”.

Koen het ook volgehou Downer het geen botsing van belange nie. Hy het Zuma se aansprake as “ligsinnig, absurd… en sonder enige vooruitsigte op sukses” afgemaak.

Zuma en die Franse wapenvervaardiger Thales staan tereg op aanklag van onder meer bedrog, korrupsie en rampokkery. Zuma word ook daarvan beskuldig dat hy omkoopgeld van Thales ontvang het.

Zuma en Thales pleit onskuldig op die aanklagte teen hulle in ʼn saak wat al langer as 20 jaar sloer.

Die verhoor het in Mei verlede jaar eindelik begin ná herhaalde uitstel voordat dit weer vertraag is deur onder meer Zuma se vonnis vir minagting van die hof. Die oudpresident het net twee maande van dié 15 maande lange tronkstraf vonnis uitgedien voordat hy op mediese parool vrygelaat is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Marius ·

Kry vir jou zumpie.
Kan ons nou aangaan met die saak , miskien sal die belasting betaler dan minder hoef te betaal vir die sirkus.

Misky ·

Hy moes al 20 jaar gesit het en ek hoop regtig die saak kom nou na ‘n einde se kant.

Daai foto is so gepas, dankie MM.

Christine ·

Ek het nogal na die foto gekyk en vir myself gese: Dink, dink, hoe gaan jy nou hier uitkom!

domheks ·

Die ou man rol julle telkens ‘n pampoen! Vonnis hom en kry klaar, kry net eers die geld terug!

Kobus ·

Ek kry solank ekstra springmielies en Oros vir die groot geleentheid.

Dup ·

Hy sal nie verskyn nie en saak sal weer tot 2052 uitgestel word.

Marius ·

20 jaar ??? Ek sou sê die vertragings taktiek werk perfek. Die storie behoort baie boeke te verkoop.

marius ·

Ag asseblief . Enige eerste jaar regs student weet dat hy kan appelleer , en dan aan ploeter tot by die grondwetlike hof en dan weer kan siek speel . Hou maar jul spasie oop hiervoor MM

annie ·

Zuma is nogal ‘n klippie in die sKoen. Daar is natuurlik nog altyd die gewilde Havana-sindroom om aan te voer… Daai vreemde gezoem in die ore… Dalk behandeling by die oerbron wil gaan kry…

KAIROS ·

Daar gaan absoluut niks gebeur nie. Hulle gaan seker weer Pietermaritzburg afbrand tot op die grond. Dan soos kinders tekere gaan omdat daar niks oor is nie. Dit is die toekoms wat ons in die gesig staar.
Daar gaan nie n oorlog wees nie. Ons gaan net absoluut niks meer kan bekostig nie en dan gaan daar net absoluut niks oor wees nie. Daar is n ramp opad. Die leiers van die land kan dit nie omkeer nie.

Jack ·

Nee wat hy sal apeleer en ‘n swart regter sal dan weer in sy guns besluit.

Samuel ·

Ek haal my hoed af vir regter Koen, maar sal Zuma en sy regspan nie onderskat nie.

Hennie J ·

Nee!! daai klomp wat hom sogenaamd verteenwoordig is nie n regspan nie…..dis n klomp geldwolwe wat die regsberoep in oneer bring met sinnelose argumente.

Pietertjie ·

As hy dan so onskuldig is soos hy voorgee, hoekom baklei hy so om uit die hof te bly? Hy behoort toegesluit te word vir regsverydeling.

Stofdonkie ·

Sy volgende medies prosedure in Rusland of Kuba is seker reeds geskeduleer vir 10 April

Di ·

Hy sal nooit in tronk beland nie, hy is so glibberig soos ‘n vis. Dit sal so aanhou tot die dag wat hy finaal sy kop neerle!

MakersMark ·

Goeie foto. Draai vas die skroewe van die gereg. Malema was reg met die een……”pay back the money”.

SlinkseKoljander ·

Hy gaan nog sterf voor hy enige iets moet voor antwoord, dan moet die belasting betalers vir sy begrafnis betaal. Hy gaan die laaste se he!

Riana ·

Hoekomhy nie in die tronk nie… regter het gese hy nie wettig om Mediese Parool en moet terug tronk toe…. hy is ‘n joke mors net ons tax geld

JM ·

Siek en in der dagen sat van Zuma. As hy maar net wil verdwyn.

Johann ·

Absolute klug! Zuma is verby gewetenloos en aanspreeklik. Hys verhewe bo alle wette en gevolge en in die oë van die massas ongeskooldes hulle help en redder.

Swerwer ·

Uitgeslape! Geslepe! Daar is niks meer oor om te sê vir die man nie.

gatgogga ·

Ek hoop Downer dagvaar vir Manji. Op die trappies van die hof, net nadat die hof verdaag het, saai Manji uit dat Downer ‘n krimineel is, Dit oor die mikrofoon van ‘n publieke TV uitsender.

gatgogga ·

Maar wat is die punt van die hele sirkus?
1 Ons weet almal wat Zuma is – ons het nie ‘n hofbeslissing nodig om dit te bevestig nie.
2 Geen hof sal enige boetes of terugbetaings uit Zuma kry nie – hy sal eenvoudig weier om te betaal.
3 Ons weet ook dat Zuma vrywaring geniet teen tronkstraf vanwee sy siektes, of wat ookal.

Jr ·

Nou sal stortkop WEER by die wêreld hof nou appeleer. Of n erge siekte soos CHARFELYTIS
( Latyns naam is PRETENDECYTIS) kry die dag van die saak

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.