Zuma se vrou ‘amptelike verdagte’ in moordkomplot

Pres. Jacob Zuma en sy vierde vrou, Nompumelelo Ntuli-Zuma, in Augustus 2014 by die Withuis in Washington DC. Foto: GovernmentZA/Flickr

Pres. Jacob Zuma en sy vierde vrou, Nompumelelo Ntuli-Zuma, in Augustus 2014 by die Withuis in Washington DC. Foto: GovernmentZA/Flickr

Shaun Abrahams, hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het bevestig dat pres. Jacob Zuma se vervreemde vierde vrou, Nompumelelo Ntuli-Zuma, ʼn amptelike verdagte is in ʼn beweerde komplot om die president te vergiftig.

Sunday Times berig Ntuli-Zuma, ook bekend as MaNtuli, se prokureurs het verlede maand aan Abrahams geskryf om uit te vind wat die stand van die ondersoek na die beweerde vergiftiging is wat nou al meer as ʼn jaar lank sloer. Volgens die koerant het Abrahams op 17 Oktober vanjaar in ʼn brief aan Ulrich Roux, Ntuli-Zuma se regsverteenwoordiger, bevestig dat sy amptelik een van die verdagtes in die saak is.

Sunday Times berig verder dat Roux aan Abrahams teruggeskryf het en versoek het dat hy uitklaar watter aanklagte teen Ntuli-Zuma gebring kan word en watter bewyse bekom is wat daartoe gelei het dat sy as ʼn verdagte geïdentifiseer is. Abrahams het egter nie op hierdie vrae geantwoord nie.

Maroela Media het vroeër berig Ntuli-Zuma is uit die president se private woning in Nkandla geskop nadat Zuma agterdogtig geraak het oor haar betrokkenheid by die beweerde vergiftigingskomplot.

Zuma het glo in Junie 2014 siek geword en twee maande later tydens ʼn besoek aan die VSA uitgevind dat hy vergiftig is. In Januarie 2015 het David Mahlobo, minister van staatsekuriteit, glo Ntuli-Zuma versoek om die president se woning te verlaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Flibo ·

Gee haar erkenning man !!! Sy het minstens getraai om ons land te spaar van verdere bespotting

Ansie Cloete ·

Gaan Shaun Abrahams, net soos in die geval van Pravin Gordhan, weer ‘n bloutjie loop?

Antie Poppie ·

Eish, sy sal seker haar BMW moet terug gee….. Kroon het seker te ryk geeet ook. Wat is simptome van ‘vergiftiging’?

John ·

Miskien staan die VSA se presidensie ook onder verdenking, die’ dat ons president nie meer daar tuisgaan nie. Dis swaar as mens so angstig begin word dat jy nie eers meer jou bord kos kan geniet nie. Maar in Saxonworld is daar ‘n sjebeen met heerlike betroubare kokke… maar net een waarskuwing, die kos… kos.

GES ·

Dit is eerder ʼn geval van te veel eet as vergiftig. ʼn Afrika huismoles …

Chris10 ·

En so braak mense wat hulself as Christene beskou skaamteloos gal…. WWJD???

shame ·

chris 10 as jy die berig gelees het die komentaar leweraars het niks met vergiftiging te doen.:))))

Justice ·

Wanneer jou familie jou nie meer as President wil he nie dan moet jy weet hoe gatvol is die publiek.

Lhs ·

Arme Zumpie, nou is daar nog vroue 1, 2 3……5, 6, 7…..oor, die arme man se senuwees gaan dit nie maak nie…….

mc swart ·

Wel, ten minste sit en giggle ek nou oor almal se kommentaar, julle maak my Maandag. Ja nee, wat ‘n sirkus, die politiek en huismoleste.

charmaine ·

Hulle se vrou no 4 wou hom “uithelp” die een op die foto, sy lyk eeder soos sy dogter as sy vrou, shame en kyk hoe hou hulle handjies vas.

Vlaaskakie ·

Seker moeilik om rekord te hou van so groot familie.
Zuma aan sy privaat sekretaresse:
Wat is vrou 3 se 6de kind se naam nou weer? Is dat sy balletvertoning wat ek moet sien? Skuus, haar balletvertoning. Nie? Vind uit. Se ook van die ander aktiwiteite. Het iemand die verjaarsdaglys gesen? Se vir my kinders hulle moet vroeg genoeg hu Kersfeeswenslys aan Ajay Gupta stuur. Hulle weet mos wat het laasjaar gebeur. ”

Stuur jul verjaarsdagwenslys aan Oom Ajay Gupta

humor ·

Die foto wys hierdie nenna lewe breed. Wat sou haar dan so n daad laat pleeg het. Miskien in vergelyking met die ander tog ietwat afgeskeep

EvW ·

Dis seker van al die “gif” wat hy inkry dat hy so sit en slaap in die parlement…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.