Zuma se vrou ontken bewerings oor moordkomplot

President Zuma en een van sy vroue, Nompumelelo Ntuli-Zuma. Foto: Flickr/GovernmentZA

President Zuma en een van sy vroue, Nompumelelo Ntuli-Zuma. Foto: Flickr/GovernmentZA

Die regspan van Nompumelelo Ntuli-Zuma, een van pres. Jacob Zuma se vroue, het bewerings dat sy vermoedelik betrokke was by ʼn komplot om hom te vergiftig, ten sterkste ontken.

Ulrich Roux van BDK Attorneys, wat Ntuli-Zuma verteenwoordig, het gesê sy kliënt was nie betrokke of enigsins bewus van ʼn komplot om die president te vergiftig nie. “Ons kliënt het nie ‘ingegee en erken’ dat sy enige kennis dra van ʼn komplot om haar man te vergiftig nie,” het Roux in ʼn mediaverklaring gesê.

Die mediaverklaring is uitgereik in reaksie op berigte in Rapport en City Press waarin beweer is dat Ntuli-Zuma uit die presidensiële woning geskop is omdat Zuma agterdogtig geraak het oor haar betrokkenheid by die vergiftigingskomplot. Volgens hierdie berigte word die ondersoek na die komplot deur die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) hanteer en sal Ntuli-Zuma binnekort aangekla word van sameswering tot moord.

Roux het Sondag gesê die twee berigte bevat valse en lasterlike bewerings rakende Ntuli-Zuma. “Geen poging is deur die publikasies aangewend om die korrektheid van die bewerings te verifieer of ons kliënt die geleentheid te gee om op die bewerings te reageer soos deur die wet en die Suid-Afrikaanse Persraad vereis word nie. Ons kliënt oorweeg haar regsopsies in hierdie verband,” het Roux gesê.

Hy het bevestig dat ʼn ondersoek gedoen word rondom die beweerde moordkomplot, maar het beklemtoon dat geen strafregtelike aanklagte teen Ntuli-Zuma aanhangig gemaak is nie. “Ons kliënt het haar volle samewerking [met die ondersoek] gegee soos deur die betrokke owerhede versoek is en sal voortgaan om dit te doen indien nodig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

NieGenoegNie ·

Genade jongie ek oordeel nie sommer oor ‘n ander se gewig nie want ek is ook nie van die skraalste nie maar die rok is darem in baie slegte smaak vir haar aangewurg!

Ryan Kommentaar ·

Dit is darem goed om te sien dat van die lesers ook op sosiale voorkoms konsentreer. Ons sal ‘n publieke mode rubriek moet begin.

Melt Olckers ·

Wys jou watse mens is JZ. Een vrou het hom gelos, nog een het selfmoord gepleeg. Geen wonder nog een wil hom vermoor nie. As jy bang raak vir jou eie vroue dan moet jy weet daar is fout met jou.

Melt Olckers ·

Miskien moet ons ‘n insameling hou vir haar regskostes.

Johann Marx ·

Alweer verkeerd aangehaal….sy’t net gesê sy sal hom eendag nog vergewe…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.