Zuma-seun beboet en moet jammer sê oor uitlating

Edward Zuma (links) en sy regsverteenwoordiger Ayanda Mkhwanazi. Foto: ANA

Oudpres. Jacob Zuma se seun, Edward, moet alle Suid-Afrikaners om verskoning vra vir sy uitlatings oor ministers Pravin Gordhan en Derek Hanekom.

Zuma en die Menseregtekommissie (MRK) het ingevolge ’n skikkingsooreenkoms in die gelykheidshof in Durban ooreengekom dat hy skadevergoeding van R60 000 moet betaal. Die bedrag sal tussen twee skole in die Durban-omgewing verdeel word.

Zuma se uitlatings is as haatspraak bestempel en hy is opdrag gegee om binne sewe dae aan alle Suid-Afrikaners om verskoning te vra. Dit sal deur die MRK gepubliseer word. Daar is ook ’n bevel uitgereik waarvolgens hy hom nie weer aan haatspraak mag skuldig maak nie.

Zuma was self Dinsdag vlugtig in die hof voor hy landdros Irfaan Khalil gevra het om hom te verskoon en sy versoek toegestaan is.

Zuma het talle verlede jaar warm onder die kraag gehad nadat hy Hanekom in ʼn ope brief ʼn “walglike wit hond” genoem het wat “opgelei is om swart mense te verskeur”. Zuma het in sy brief ook vir Gordhan as ʼn marionet van witmonopoliekapitaal uitgekryt.

Die MRK het onmiddellik na die uitsprake gesê hy gaan daadwerklike stappe doen teen Zuma nadat hy hom skuldig gemaak het aan rassisme en haatspraak. Zuma het toe egter teruggekap deur die kommissie ’n “lae hond” te noem.

Zuma het later vir Hanekom en Gordhan om verskoning gevra nadat die ANC hom opdrag gegee het om dit te doen. Die MRK het egter destyds geëis hy moet alle Suid-Afrikaners om verskoning vra en ’n boete van R100 000 opgelê word.

Zuma se uitlatings is gemaak kort nadat sy pa vir Gordhan en Hanekom die trekpas gegee het. Albei is egter weer in pres. Cyril Ramaphosa se kabinet aangestel.

Die R60 000-boete sal in maandelikse paaiemente van R10 000 betaal word. Hoewel die saak nou as afgehandel beskou word kan die MRK verdere stappe doen indien Zuma nie by die ooreenkoms hou nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Iemand ·

Heelwaarskynlik. Maar dis goed dat hy gestraf is en as hy dit weer doen dan sal hy weer gestraf word.

Se maar net ·

En hoekom nie 2 jaar tronkstraf nie as dit dan bewys is dis haatspraak nie?

kobus ·

Dit is nie haatspraak nie dis rassisties.as dit n wit man wat gese het dis n swart hond was hy toe gesluit vir rassime.maar nie Zuma nie.hierdie land van ons is dubbel sinnig

Alida 2 ·

Net ‘n verskoning en R60 000 is ‘n ligte straf vir haatspraak.
Weereens dubbele standaarde.
Maar nou ja, die van sê alles.

Mary-Anne ·

Amazing hoe hy net R60000 moet betaal en verskoning vra. Wit vrou moet 2 jaar trunk toe gaan. Flippen klug

Hanna Hoekom ·

Sjoe, maar Pappa-se-seuntjie kom darem lig daarvan af! Tronkstraf blyk my is net vir wit rassiste… Daardie geld gaan seker weer na voorheen benadeelde skole? Wat n grap.

Johan ·

Hy lag lekker vir iemand wat R60000 moet betaal…..dit kom seker uit belasting betalers se sakke….net soos sy pa he he he he

Iemand ·

Kyk dis een ding om te kla dat Zuma se straf te lig is. Maar dis ‘n heeltemal ander storie om Vicky Momberg te verdedig. Haar gedrag was onaanvaarbaar. Zuma sn ook.

niemand ·

Klein verskilletjie: Momberg was pas die slagoffer van misdaad / Zuma het uit pure haat en vooroordeel opgetree, en hy self was nie eers aangeval of beskuldig nie.

SjN ·

Boete is n druppel in die emmer in vergelyking met dit wat ontvang is dmv tenders ens, waar is die tronkstraf, dubbele standaard.

RH ·

En tronkstraf soos die vrou wat nou sit en word van n VOORBEELD gemaak???? Is dit net vir blanke mense dan bedoel???

bgj van der westhuizen ·

ja nog n bewys dat daar 2 wette gebreuk word een vir die swartes en een vir wit mense as jy wit is groot boete en tronk toe gaan maar as jy swart is en as jy skuldig bevind word dan klien boete en geen tronk straf wat

adele steenberg ·

Die presedent is geskep in die Momberg saak, dus moet hy ook trponk toe gestuur word. Is swart regte nou meer prominent as wit regte……..die grondwet se dat elke SA burger die selfde regte het????????????

Andre ·

Adele, as jy steeds op die Grondwet steun om jou regte te beveilig het ek nuus vir jou.

SIEK ·

DIS DAREM TE LEKKER. En wie het vir EQUALITY al die jare geveg? Nou is niemand meer EQUAL nie, een kry 3 jaar tronkstraf en’ n boete van R150 000 en ‘n ander een ‘n boete van R60 000 en ‘n verskoning en die ander een NET ‘n verskoning . dis te heerlik .. Penny en Momberg chop af terwyl Zuma en Tuksstudent lekker lig daarvanaf kom .. VERSKONING werk vir my .. dit leer niemand enige les nie …

Colleen ·

En ek is seker die geld gaan nie aan ‘n skool geskenk word waar enige wit kinders skoolgaan nie.

Cherokee ·

Zuma sal dalk ‘n 2de verband neem op Nkandla om hom te help betaal.

Estelle Oelofsen ·

En ‘n wit man wat gepraat het van ‘n “swart man” is uit sy werk ontslaan!
Toe my kinders klein was het ek hulle geleer om jammer te sê as hulle drooggemaak het. Te maklik! Later het ek vir hulle baie duidelik laat verstaan dat hulle te maklik jammer sê EN dit glad nie bedoel nie. Dit help niks! Maak weer droog en jy voel my plathand, verstaan ons mekaar….. en jy sê nog jammer ook!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.