
Oudpres. Jacob Zuma tydens sy eerste verskyning voor die Zondo-kommissie. (Foto:
Karen Sandison/ANA)
Net enkele ure nadat die Zondo-kommissie wat staatskaping ondersoek, bevestig het dat Jacob Zuma aanstaande week daar gaan getuig, is aangekondig dat die oudpresident nou te siek is om dit te doen.
“Die kommissie is deur oudpres. JG Zuma se regspan ingelig dat hy siek is en nie die verhore, wat geskeduleer is vir 11 tot 15 November, kan bywoon nie,” het die kommissie Dinsdagmiddag in ʼn verklaring gesê.
Die aard van sy siekte is nie bekend gemaak nie.
“Datums vir verdere verhore sal mettertyd bekend gemaak word.”
Zuma het in Julie vanjaar vir die eerste keer voor die kommissie getuig. Hy het hom destyds eers aan die ondersoek onttrek, voordat hy later weer ingestem het om in ʼn latere stadium sy getuienis voort te sit.
Sy getuienis is gekenmerk deur geskille tussen sy regspan en die kommissie se getuienisleiers en selfs ʼn dreigement om die hof te nader rakende die beweerde onregverdige behandeling wat Zuma glo van die kommissie ontvang het.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
50 Kommentare
Gaap
Skurk!!!!
Is dit die eerste dag van April. Moet sê toe ek staf gehad het en daar moes ‘n verhoor plaas vind het daar baie vinnig dokters brief by my uitgekom. Hy speel vir tyd. Hulle wil mos 15 jaar wag om hom bymekaar te maak. Dis ‘n joke
Sy senuwee knaag aan hom. Dit is spanning. Heel moontlik diaree.
Aag foeitog.. miskien dieselfde siekte as shabir shaik?