Zuma ‘siek’, kan nie voor Zondo getuig

Oudpres. Jacob Zuma tydens sy eerste verskyning voor die Zondo-kommissie. (Foto:
Karen Sandison/ANA)

Net enkele ure nadat die Zondo-kommissie wat staatskaping ondersoek, bevestig het dat Jacob Zuma aanstaande week daar gaan getuig, is aangekondig dat die oudpresident nou te siek is om dit te doen.

“Die kommissie is deur oudpres. JG Zuma se regspan ingelig dat hy siek is en nie die verhore, wat geskeduleer is vir 11 tot 15 November, kan bywoon nie,” het die kommissie Dinsdagmiddag in ʼn verklaring gesê.

Die aard van sy siekte is nie bekend gemaak nie.

“Datums vir verdere verhore sal mettertyd bekend gemaak word.”

Zuma het in Julie vanjaar vir die eerste keer voor die kommissie getuig. Hy het hom destyds eers aan die ondersoek onttrek, voordat hy later weer ingestem het om in ʼn latere stadium sy getuienis voort te sit.

Sy getuienis is gekenmerk deur geskille tussen sy regspan en die kommissie se getuienisleiers en selfs ʼn dreigement om die hof te nader rakende die beweerde onregverdige behandeling wat Zuma glo van die kommissie ontvang het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

Philip ·

Is dit die eerste dag van April. Moet sê toe ek staf gehad het en daar moes ‘n verhoor plaas vind het daar baie vinnig dokters brief by my uitgekom. Hy speel vir tyd. Hulle wil mos 15 jaar wag om hom bymekaar te maak. Dis ‘n joke

Boet Vermeulen ·

Mmmmm….. lyk vir my die stort het toe nie gehelp nie…….

Taxpayer ·

Sy senuwee knaag aan hom. Dit is spanning. Heel moontlik diaree.

Dries Bý ·

He he he he hulle weet nie wat is nog in my mou nie watch net

Heidi Spies ·

Raai wat, ons is ook siek……siek van sy leuns , siek van sy korrupsie, siek van sy gedrag, siek van sy verraad

Sandra ·

Ai, PJ jy neem die woorde uit my mond. Kyk net hoe vinnig het Shabir herstel en hy leef steeds!

JohanR ·

As die diaree is, hoop dit hou vir ‘n maand aan! Hy kan dan sy naam verander na “beskuit”!

Danie Bosman ·

Genoeg is genoeg. Vertragingstaktiek. Vervolgingsgedag moet aandring op onafhanklike mediese ondersoek. Sodat sy dag in diehof kann kom soos hy gevra het

KrokodilBotha ·

Butternut weet te veel, hy ken ook die ander wat geld net laat verdwyn het.

Irma ·

Regtig, geen leun is te groot vd mater om uit te dink en te vertel nie. Dit is soooo pateties

Erika ·

Haha, ek hoop hy het ‘n doktersbrief…. seker siek van al die …..praat/lieg

Dafer ·

Die eintlike vraag is: Wat gebeur met skuldiges as hierdie ou dit reg kry om uit die hof te bly tot hy dood is?

JohanR ·

Ek kan verkeerd wees, maar na 80 blykbaar kan hy nie meer tronk toe gaan nie. Net omtrent soe 30 maande oor om siek te wees!!

Leon Dormehl ·

Dis nogal eienaardig hoe wissel Zuma se gesondheid. Hier is hy te siek om voor die hof te verskyn, maar in hierdie selfde Maroela M is ‘n berig waar hy gesond genoeg is om te appelleer in die saak van Derek Hanekom waar teen hom beslis is. Agge nee rêrig!

Hoe Nou! ·

Dring aan op n siek nota van n dokter. Kry dan die dokter voor die kommissie. Kry sommer n tweede mening, of gee hom jamal.

Neels ·

Aag shame die ou gebruik nou die oudste trick in die boek van verskonings . Kom nou Jacob it is time to face t he music. Kom nou dapper held waar is jou Whami en kom voer vir ons die reen dans uit want dit is baie droog

Heidi Spied ·

Dis nou regtig n ou ou verskoning! Hierdie hele skelm spulletjie raak kamstig siek sodra hul kaaings begin braai.

Jannie van Niekerk ·

Haai siestog. Die arme ou man het seker dieselfde “terminale siekte” as sy vriend Shabir…

Jackie ·

???? Ek dink hy wil Rusland toe gaan, want hy vermoed een van sy vrouens het hom vergiftig….
O nee, daai opsie is van die tafel af, want hy kon nie die kernkrag-korrupsie deurvoer nie ????????????

Dries Bý ·

Ek is ook siek ,myne is van sy gesig en sy twak wat hy uiter.

Dries Bý ·

Ek raak ook siek van sy twak ,vat jou pak,jy het geweet wat jy doen

Kolskoot ·

As jy na 80 nie meer kan tronk toe gaan nie kan jy maak en breek soos jy wil weet daam nie ons regering is n Popekas ZUMA jy vergeet een ding as jou tyd kom sal daar n geween en n gekners van tande wees

Leon ·

Zuma het ‘n oog probleem. Hy kan nie homself voor die hof en in die tronk sien nie.

Koos B ·

As en dit is ‘n groot as dat hy siek is hoop ek net dit is strikkie griep.

SjN ·

Laat hy gaan vir gholf lesse en speel gereeld, wonderlike geneesmiddel vir siektes, vernaam as dit terminaal is.

Trojaanse Donkie ·

Die regstelsel is net so siek om die verskoning te glo.

Gert@Midstream Centurion ·

Lees niks positiefs nie. Wat van ‘n komitee? Ha Ha Ha.

marous ·

Dalk kan die kommissie vir hom lekker soppies vat en sommer staan staan om sy bedjie voortgaan .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.