Zuma-skildery ‘groteske skending’

'n Gesensorde weergawe van Mabulu se skildery.

‘n Gesensorde weergawe van Mabulu se skildery.

Die ANC en sy jeugliga het uitgevaar teen Ayanda Mabulu se nuutste skildery van pres. Jacob Zuma.

Hulle het die omstrede skildery, genaamd “#Zupta state capture”, as ʼn “groteske daad van vulgariteit en disrespek” en “onsin” beskryf.

Mabulu se jongste skildery is van Zuma en die omstrede sakeman Atul Gupta, saam in ʼn vliegtuigkajuit. Gupta is kaal terwyl Zuma in ʼn pak geklee is. Die skildery beeld uit hoe Zuma Gupta se agterstewe lek.

Zizi Kodwa, woordvoerder van die ANC, het gesê die party veroordeel dié vorm van kommentaar en beskou dit as ʼn misbruik van die reg op vryheid van spraak en die media. Volgens Kodwa is Mabulu se werk ʼn “blatante skending” van diegene wat in die skildery uitgebeeld word se reg op waardigheid.

Mabulu het egter gesê sy werke is politieke kommentaar op “die situasie in ons land”.

Kodwa het gesê kunstenaarsuitdrukking kan nie as ʼn verskoning gebruik word om ander se menseregte te vertrap nie. Volgens Kodwa het die ANC ook kennis geneem daarvan dat Mabulu oor ʼn lang tydperk op ʼn “spesifieke simboliek” gefokus het om sy “kommentaar” te bevorder.

“Die ANC doen ʼn beroep op die voorstaanders van mediavryheid en vryheid van uitdrukking om ook hierdie oormatige gedrag te veroordeel.”

Die jeugliga het intussen gesê Mabulu se skildery is ʼn belediging vir die president en die land.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Gerhard ·

Die “skildery” mag seker onsmaaklik wees maar dit is wragtig die waarheid!

Ian ·

Vir my is dit n pragtige skildery wat die waarheid baie mooi opsom. Hoekom sal die ANC nie daarvan hou nie?

Lance ·

Ek dink die regering moet dit sterk oorweeg om die kunswerk aan die Louvre te skenk om langs Monalisa te pryk

Tinka ·

Die president is n belediging vir ons land nie die skildery nie. Die skildery is pragtig die man skilder baie goed.

Marius Nortje ·

Ek stem saam met die ANCJL. ZUMA is defnitief n belediging vir ons land as president van die land…,!?

Christien ·

Die kunstenaar se etlike ander skilderye het alles vulgêre en naakte uitbeeldings en vermenging van mense met diere koppe ens. Dis walglik. Hou tog net die kinders se oë toe dit sal hulle nagmerries gee – dit is pornografies.

Karma ·

Ai, Christien, hoewel ek saamstem met jou oor die inhoud van die kunstenaar se werke (omtrent in ieder en elkeen is daar ontblote geslagsdele – dit lyk amper of hy ‘n onsessie met seks het!), stem ek nie saam met jou opmerking van “hou toe die kinders se oë” nie. As jy jou kinders van alles wat duiwels of verkeerd is wil beskerm, sal jy hulle dag in en uit ‘n hul kamers moet hou, sonder TV, radio, selfone ens. Die kunstenaar se werke is wel eksplisiet, maar ons moet dit in konteks sien van wat hy daarmee bedoel, meen ek.

plaajapie ·

Gee die president wat hom toekom !
Nie so maklik om n prentjie toe te smeer as woorde nie ne ?

Rapes ·

Mabulu ons skuld jou ‘n Bell’s en di’s nie een nie, maar ‘n hele kas.

Milan ·

Hierdie skildery kompeteer met gemak met die Rembrandts en Michael Angelo’s vd wêreld.

mariaan ·

Die skildery spreek boekdele. Dit is ń presiese weerspieëling van die werklikheid.

Johan Piek ·

Met die plasing van die walglike skildery en die foto van Wyle Mnr.De Necker het Maroela skielik tot n vlak gedaal waaraan hulle nooit voorheen skuldig was nie. Dit staan in direkte teenstelling met julle beginselvastheid om onlangs nie die Reeva fotos te plaas nie. Uiters swak en teleurstellend want hierdie tipe joernalistiek dien geen doel nie en grens aan platvloersheid.

Sune van Heerden ·

Dagsê Johan

Maroela Media moet telkens met hierdie tipe gevalle ‘n redaksionele besluit maak of ons die foto’s gaan publiseer of nie. Wanneer die betrokke foto tot die nuuswaarde van die berig bydra, word die foto’s wel gepubliseer, soos in die geval van die skildery en Pierre de Necker se berig. Ons het die foto’s so ver ons moontlik kon gesensor om die skokwaarde daarvan te verlaag, met groot en duidelike waarskuwings daarby.

Kontak ons gerus by [email protected] indien jy graag verder hieroor wou gesels.

Groetnis
Suné
Inhoudsredakteur: Maroela Media

Maggie van Zyl ·

Jammer Johan, hierdie tipe joernalistiek is die realiteit van wat om ons aangaan. “Dien geen doel nie” moet mense nie weet wat om ons aangaan nie??? Word wakker asb. Pierre de Necker se berig is nie ens grafies nie.. wil jy grafiese beriggewing sien,,, gaan kyk gerus na Cencorbugbear.org ens. Daar sal jy sien wat met ons mense gebeur op ‘n daaglikse basis. Dit is belangrik dat hierdie tipe nuus ook gedeel word.. Daar kan nie net heeltyd “sagte” beriggewing plaasvind nie, dan is dit asof die nuus gesensor word. Het jy ENIGE idee wat die realiteit om jou is? As Maroela moet begin vertel, gaan jy nie in die aande kan slaap nie, maar so nou en dan is dit nodig om die skapies na die realiteit van SA terug te ruk.
Die TV programme wat daagliks uitgesaai word, (en waarna jy 10/1 ook kyk), en die rekenaar speletjies wat die kinders speel, is baie meer grusaam as wat hierdie ou foto’tjie, of selfs die uitgeblokte foto van die arme Pierre-kind ooit sal wees. Dankie Maroela, niks fout met jul beriggewing nie..

Karma ·

Aggenee, Piet, dit is darem ook nou nie só erg nie! Die …e… kruste deel van die skildery is darem uitgeblok. Ek was half en half vies toe ek die eerste keer van die kontroversiële skildery gehoor het, maar ek toe nie “The Full Monty” kon sien nie. Toe gaan ek maar op Ayanda se FB blad in onder “Images” en toe sien ek mos nou wat ek wóú sien – soos een kommentator opgemerk het: ek wil nie noodwendig die skildery sien nie, maar ek wil die reg hê om te besluit of ek dit wil sien. Ag nee tog, mens moet waak daarteen om regtig alles net eenbeeldig te sien.

sonja ·

Feit bly waarheid maak seer hoeveel keer wil hul nog sy skandes en bedrog toe smeer hy is n joke v n president en meer begin dit besef

nicci ·

Ten minste een persoon wat nie bang is om die waarheid uit te beeld nie….GOOD FOR YOU……Ons president doen presies dit

Veritas ·

Die sogenaamde ‘kunstenaar’ het geen idee wat kuns werklik is nie. Hy is ‘n blote opportunis wat die populêre anti-Zuma gevoel probeer uitbuit. Die toneel getuig van swak smaak en beperkte oorspronklikheid. ‘n Ware kunstenaar sou nie nodig gehad het om tot so’n lae vlak te daal om naam te probeer maak nie.

Lida ·

Dit is werklik afstootlik en walglik !!! Dit hoort nie eens ten toon gestel te word nie. Sies

NEL ·

Zizi Kodwa, kry vir julle , jy spoel jou bek uit oor die vryheid van spraak en die media, lees ‘n slag koerant en jy sal sien hoe word ons beperk om in die media te sien wat aan die gandg is in die lamlendige land Suid – Afrika.

Jaycee ·

Dit mag kunstenaarsvryheid wees om op so ‘m manier uitbeelding te gee aan ‘n sekere situasie – en daaroor kan mens nie kritiek uitspreek nie – maar dit is jammer dat die politieke diskoers in S.A. tot hierdie smerige vlak gedaal het.

Theresa ·

Kleurverbruik is uitstekend. Baie beweging te sien. Mengsel van surreal en detail. Nogtans laat die interaksie van die twee persone mens ongemaklik voel. Geensins iets wat ek graag wil aanskou nie. MAAR, soos hierbo ook al genome: dis die president van hierdie land wat die land in die skande steek, nie hierdie simboliek van wat gebeur nie.

jaco ·

n paar jaar gelede het n wit man n lelike skildery van Zuma geskilder en alle hel het losgebreek. beskuldigings van rassisme, apartheid ens ens is deur die ANC rondgegooi. In daardie selfde tyd het n swart skilder ook n lelike skildery van Zuma geskilder en die ANC het NIKS daaroor gese nie.
die feit dat die ANC nou kla oor n swart skilder n lelike skildery van Zuma geskilder het, is ‘n wonderwerk!

Johannes Meintjes ·

“The tribe has spoken”. Die massas in die swart kultuur skrik ook stadig maar seker wakker oor die swart elite se korrupsie en uitbuiting van die mense op die grond, tot skade van die hele SA.

Jan maak n Plan ·

Jys reg Jaco, toe daai eerste skildery van Zuma uitgekom het was die hel behoorlik los daaroor maar nou dat Mabulu weereens diewarheid skilder dan is daar nie n vreeslikke gekef op straat nie. Maar ek moet dit byvoeg – dis n vreeslikke mooi moderne kunswerk, iets wat in n galary hoort.

Elly ·

Mense laat slapende Zzzzz…….en Cupta clan maar aangaan. Die kunstenaar doen mar net wat niemand anders durf waag want die freedom van spraak en wat ookal gepaard daarmee gaan is net vir nie blankes. Hulle kan doen wat hul wil en niks oorkom, so as 1 persoon voel hy kan die David wees en die Goliath aanvat, waarom nie. Ons almal weet wat gebeur het. So watch and wait for 03.08.2016, change is coming.

GJ de C K ·

Ou Elly my vriendin, met daai “change” van jou gaan jy nie eers “vir parkering kan betaal nie”!

Maggie van Zyl ·

Whahaha… swak smaak.. eerder slegte smaak, haha..

Dit is die realiteit … waaroor kla die mense, wil hulle ‘n paar foto’s sien van wat op die plase gebeur met ons Blankes.. miskien sal hulle dan van siening verander.!!

Pieterdp ·

Ek geen nie n duit om nie !!
Wit ;rooi;groen geel; swart. die soort van President verdien elke sent van sy toe doening. Wel gedaan dit was kras maar so regverdig. As ek die geld gehad het sou die skildery in my kantoor gehang het om vir almal te wys wat gebeur met iemand wat hom self so verpand vir sy eie gewin. Dit nogal met ons belasting geld.

waarheid ·

jeugliga reken die skildery is n belediging vir die land se president….ek reken die land se president is n belediging vir die land se president

Scalla ·

Profesionele skilderwerk, stel voor dit word ons nuwe landswapen.

Elize ·

Dis reg, hehe, ANC die waarheid maak seer! Zuma het nou in sy eie gat wat hy gegrou het geval en dis hoe sy mense hom sien

Naas Vermaak ·

Die snaakste vir my is die stelling dat ” die skildery ‘n belediging is vir die president en die land” en dat dit sy waardigheid aantas. Ek twyfel beslis of dit die president beledig, dalk sy amp. Of dit sy waardigheid aantas is ook hoogs onwaarskynlik….watse waardigheid? Laastens , waaroor ek eintlik briesend is , om die president en sy land in dieselfde asem te noem…hy, Zuma, is op ‘n eiesoortige laer as kreefdrek-vlak en ‘n bespotting – heel gepaste skildery!

GJ de C K ·

10/10 aan Maroelamedia vir die plasing daarvan en die manier waarop dit gedoen is!

0/10 vir die SAUK, ANC, en dié wat die waarheid eerder sal verswyg.

‘n Wyse kaptein maak nie die Hun dood wat die slegte nuus dra nie, maar die een wat versuim om dit te doen…

ai tog so snaaks.. ·

Oeee weee hoe lekker lag ek nou eischh sukkel om te stop lag…mag miskien nie so vars lyk nie en wie gee regtig om Zuma kry wat hy verdien!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.