Zuma: ‘Skok oor rand van korte duur’

President Jacob Zuma reageer op vrae in die parlement op 17 Mei 2016 Foto: Ntswe Mokoena

President Jacob Zuma reageer op vrae in die parlement op 17 Mei 2016 Foto: Ntswe Mokoena

Die verswakking van die rand, na afloop van Nhlanhla Nene se afdanking en ʼn afgradering, was van korte duur, het pres. Jacob Zuma gesê.

“Die geldeenhede van lande met internasionale handelsbande is gekoppel aan tydelike gebeure, plaaslik en internasionaal,” het Zuma gesê in antwoord op ʼn geskrewe vraag van David Maynier, die DA se woordvoerder oor finansies.

“Hierdie verskynsel staan bekend as spekulatiewe aanvalle en Suid-Afrika is nie vrygestel daarvan nie,” het hy bygevoeg.

Volgens Zuma het ʼn ontleding van die geldeenheid getoon internasionale en plaaslike gebeure en skokke in November en Desember het toenemend ʼn impak op die Suid-Afrikaanse rand gehad. “Hierdie skokke sluit in oliepryse, finansiële syfers van China, Amerikaanse rentekoerse, asook Suid-Afrika se afgradering en die afdanking van die minister van finansies.”

Zuma het gesê laasgenoemde het die rand skerp laat styg, maar die geldeenheid het binne drie dae teruggeval na die vlakke van voor 9 Desember.

Hy het wel toegegee die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) het meer as R99 miljard in die nadraai van Nene se afdanking verloor. Hy het gesê dit is egter teruggekry “in die stabilisering van die rand, soos dit normaalweg gebeur in gevalle van internasionale en plaaslike aanvalle”.

Maynier het gesê Zuma se terugvoering dui daarop dat hy nie die ekonomie verstaan nie en hy weier om verantwoordelikheid te aanvaar vir die enorme impak wat sy besluit, om ʼn betroubare minister van finansies af te dank, op die land gehad het.

“Dit wys pres. Zuma is ekonomies ongeletterd en verstaan eenvoudig nie hoe finansiële markte in Suid-Afrika werk nie. Die feit bly staan dat die besluit om Nene af te dank, ʼn katastrofiese uitwerking op finansiële markte gehad het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Rynhardt ·

Die prez is reg dat die skok van rand van korte duur was.Raai wat? Hy gaan alles regtoor met Harry Poter se towerstokkie, so ook gaan hy die globale skuld wegtoor, en siedaar, alles gaan verander in n paradys!

Penellope Jones ·

Kan ongelukkig nie veel glo wat die man kwytraak nie.

Oupa Neels ·

Die arme drommel hy weet niks van internasionale geld sake nie. Wat nog van hierdie land se geld sake. Hy laat my gril

Jan maak n Plan ·

Zuma is reg wat hy in paragraaf 2 gese het – geld eenhede is aan gebeure gekoppel – en veral plaaslikke gebeure – dis nou die bollie wat hy aan gejaag het wat die rand op die mat gehad het.

Theuns ·

Die arme drommel het ‘n verskoning veralles. Nou is dit die skuld van plaaslike en internationale aanvalle? Ek dink hy het ‘n mediese probleem? Hy halusineer!

HEVW ·

Nie mediese probleem, maar n oorerflikheidsprobleem. Daarby nog n mengsel van onverantwoordelikheidsin wat natuurlik meebring dat rampe in reelmaat verskyn.

Tiger ·

Hy praat so ‘n klomp snert ,hy glo homself al!En dis nou ‘n land se president??Dis om van te tjank!

Tc ·

Zumpie vee net jou mond af met n groterige sakdoek elke na jy gepraat het asb!

Eish ·

Eish, die man is net eenvoudig ‘n ramp, of hy of sy toespraak skrywer weet boggerol!!!! Nee jinne laat iemand joub ietjie help, jy is totaal verlore – jy dink mos hehehehhehehe sorteer alle onnoselheid uit!

Rapes ·

Aan almal wat so lekker kommetaar lewer. Ek is moeg gewerk en julle het my dag gemaak deur my lagspiere so te prikkel. Baie dankie aan almal.

Daleen ·

Die kommentaar is baie meer kostelik as die berig. Ek smile van oor tot oor.

Lance ·

Wat weet die man met sy vlak van opleiding …kan nie eers n bedrag uitspreek nie ……hy sal ook toegee en enige iets se …solank dit hom in n beter lig stel ….hy sal selfs toegee in n vliegtuig ….eeuuww

Zuma what an embarrasement you are to South Africa! ·

So called Mr President you are a total idiot!

Kobus ·

Zuma het nie die terugvoer geskryf nie, iemand anders het dit vir hom gedoen. Hy het dit net voorgelees alhoewel hy ook nie die kennis het om dit wat hy gelees het te verstaan nie. die persoon wie die terugvoer vir Zuma geskryf het, is net so ekonomies ongeletterd. (Gaats, dalk was die Pravin Gordhan.)

Connie ·

Ons moet almal kwalifikasies vir ons poste hê. Is daar nie minimum kwalifikasies vir ons land se president nie? Of is Robbeneiland genoeg?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.