‘Zuma skuldig aan aanhitsing van etniese konflik’

President Jacob Zuma lewer 'n toespraak op Vryheidsdag (27 April 2015) by die Uniegebou in Pretoria Foto: Siyabulela Duda, departement van kommunikasie

President Jacob Zuma lewer ‘n toespraak op Vryheidsdag (27 April 2015) by die Uniegebou in Pretoria Foto: Siyabulela Duda, departement van kommunikasie

Die burgerregte-organisasie AfriForum het gesê pres. Jacob Zuma speel met vuur deur hom skuldig te maak aan die aanhitsing van etniese konflik.

AfriForum se reaksie volg nadat Zuma Sondag in Pretoria gesê het Afrikane het in vrede met mekaar saamgeleef en pret gehad, maar toe kom die “ander”. Hierdie uitspraak volg nadat Zuma ook vroeër aangevoer het dat al die land se probleme met die aankoms van Jan van Riebeeck begin het.

Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, is Zuma se uitsprake ʼn onbedekte poging om Afrikaners en wittes oor die algemeen as sondebok in die land uit te sonder. “Zuma behoort te weet daar is talle voorbeelde waar etniese konflik voorafgegaan is deur onverantwoordelike leiers se uitsprake wat etniese groepe as sondebokke verklaar,” het Kriel gesê.

Kriel het daarop gewys dat AfriForum sal toesien dat Zuma voor internasionale geregshowe tot verantwoording geroep word, sou sy “onbesonne” uitsprake tot verhoogde etniese konflik aanleiding gee. “In omstandighede waar die marteling en wreedheid waarmee sommige plaas- en ander moorde gepaardgaan reeds dui op groeiende rassehaat, is Zuma se uitsprake onverskoonbaar,” het Kriel bygevoeg. Volgens Kriel is Zuma se jongste uitsprake die duidelikste aanduiding nóg dat hy daarop uit is om Afrikaners en ander minderhede te teiken en teen hulle te regeer.

Kriel het ʼn beroep op alle Suid-Afrikaners gedoen wat soos AfriForum wedersydse erkenning en respek tussen gemeenskappe wil bevorder, om Zuma se polariserende uitsprake te verwerp en gesonde verhoudinge in die land te help bou. “Dit is in ons almal se belang dat ons nie deur onverantwoordelike leiers soos Zuma in ʼn bose kringloop van rassehaat ingesleep moet word nie,” het Kriel afgesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

19 Kommentare

jongste oudste gewildste
jakes

Zuma maak van my ‘n rassis.

Annemarie

Ek het myself nooit voorheen aan propoganda skuldig gemaak nie, maar al die uitlatings teen wit, afrikaners maak my ongemaklik. Hoekom? want niemand in die regering rep ‘n woord oor die duidelike rassistiese en polariserende uitlatings nie. Nazi-Duitsland herinner my op ‘n manier hieraan wat aanleiding gegee het tot “kristallnacht”, Sien die ooreenkoms…. “” The 500,000 Jews in Germany, who accounted for only 0.86% of the overall population, were singled out by the Nazi propaganda machine as an enemy within who were responsible for Germany’s defeat in the First World War and for its subsequent economic difficulties, such as the… Lees meer »

anet

Mooi so AfriForum vat hom vas. Zuma dink dat hy verhewe is bo alles en dat niemand hom kan en mag aanraak nie. My gevolgtrekking is dat hy homself as ‘n sogenaamde God sien.

Hennie

Zuma, die hele ANC regime en baie ander (Mugabe ingesluit) het geen vermoë om te konsentreer daarop om oplossings te kry nie. Hulle verstar hulleself so aan die probleme dat hulle hulle enkele breinselle daar vashaak, en vererger die probleme. Almal vloek en skreeu teen apartheid, wat eitlik dui op AFSONDERLIKE ONTWIKKELING, maar daar was gekonsentreer op PROBLEEM OPLOSSING. 99% van die wereld het dit misgekyk en nou dat die probleme woed soos ‘n tsunami skreeu die buiteland oor die ghaos in Suid Afrika. Geluk Kallie Kriel en AfriForum, julle is leiers en gebruik die gawes wat God julle gegee… Lees meer »

Edwin

zuma is duidelik terroristies en rassisties. Ons vra Afriforum en almal in ons land hom dienooreenkomstig hanteer. Die grootste meerderheid Afrikaners van alle kleure verafsku Zuma.