Zuma soek plaasvervanger vir Pansy Tlakula

Pansy Tlakula. Foto: eNCA

Pansy Tlakula. Foto: eNCA

President Jacob Zuma het Woensdag ʼn beroep op hoofregter Mogoeng Mogoeng gedoen om ʼn plaasvervanger vir Pansy Tlakula, die voormalige voorsitter van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK), te begin soek.

Mac Maharaj, die president se woordvoerder, het in ʼn verklaring gesê kragtens die Verkiesingswet moet ʼn paneel, wat bestaan uit die hoofregter as die voorsitter, die openbare beskermer, ʼn verteenwoordiger van die Kommissie vir Geslagsgelykheid en die Menseregtekommissie, voorstelle vir kandidate aan die Nasionale Vergadering voorlê.

Zuma het Tlakula bedank vir haar toegewyde diens aan Suid-Afrika en haar suksesvolle termyn waartydens sy as hoof van die OVK ʼn doeltreffende verkiesing verseker het.

Tlakula het verlede Dinsdag amptelik bedank.

ʼn Herrie het om haar kop losgebars nadat ʼn forensiese ouditverslag van Price­waterhouseCoopers (PwC) bevestig het sy was betrokke by ʼn gekonkel om ’n nuwe kantoor vir die OVK te bekom. Die tesourie het PwC opdrag gegee om ʼn verslag saam te stel nadat Thuli Madonsela, openbare beskemer, vroeër bevind het Tlakula het verkeerdelik opgetree.

Lees ook:
OVK se Pansy Tlakula bedank
Zuma oorweeg Tlakula se versoek vir spesiale verlof
Tlakula: Wag eers, vra ANC
Pansy Tlakula gaan glo om verlof vra
Verkiesingshof sê Tlakula moet gaan 
EFF: ‘Tlakula moet net bedank’
Tlakula-ondersoek tot ná die verkiesing uitgestel
OVK-baas stel vandag haar saak
OVK-baas moet voorberei vir ondersoek
Partye nader hof oor OVK-baas se bedanking
Verkiesingshof genader oor Tlakula
OVK-werknemers dreig glo om te staak

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

alet ·

Seker weer een met n korupte agter grond hoe lyk dit ou mackie hoekom staan jy nie vir die pos. O askies dan het Zuma niemand om sy werk vir hom te doen nie

Babs ·

Zuma sal nie ‘n bevoegde plaasvervanger in die ANC kry om haar op te volg. Wat ons nou al geleer het is dat hulle almal korrup is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.