Zuma-spioenasiebande: Presidensie, ANC reageer

Argieffoto

Argieffoto

Die presidensie en die ANC het gereageer op Vrydag se uitspraak in die hooggeregshof in Pretoria, dat die besluit om korrupsie-aanklagte teen pres. Jacob Zuma te laat vaar, irrasioneel was.

Die presidensie het in ʼn verklaring gesê pres. Zuma het kennis geneem van die hof se beslissing en sal die uitspraak, die gevolge daarvan en die regsmiddele wat beskikbaar is in terme van die reg, oorweeg.

“Die hof het beslis die besluit wat op 1 April 2009 deur die destydse waarnemende hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) geneem is, om die vervolging van president Zuma te staak, hersien en ter syde gestel moet word. Die aanklagte is amptelik in April 2009 deur die hooggeregshof in Pietermaritzburg teruggetrek en as sulks is daar geen hangende saak teen pres. Zuma voor die hof nie,” het Bongani Majola, woordvoerder van die presidensie, gesê.

Die ANC het intussen ook gesê dit is belangrik om daarop te let die hof het nie uitspraak gelewer oor die meriete van enige bewerings teen Zuma nie en het Zuma ook nie skuldig bevind aan enigiets nie. “Vandag se uitspraak was uitsluitlik ʼn geregtelike hersiening van ʼn administratiewe aksie wat deur die NVG geneem is, soos deur die wet toegelaat word.”

Volgens die ANC is hulle gelukkig omdat die saak, wat al vir amper ʼn dekade aan die gang is, moontlik nader aan ʼn oplossing is. “Ons herbevestig weereens ons volle vertroue in ons regstelsel, wat voldoende en uitgebreide kontroles en teenwigte het om verantwoordbaarheid en deursigtigheid te bevorder en beskerm.”

Lees alle vorige berigte oor die “spioenasiebande” op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Jan maak n Plan ·

En ja as Zuma ooit die binnekant van n tronk ooit sal sien oor een van hierdie sake – dan word ek n Pous. Hy het nie verniet al sy maatjies op die regte plekke gesit nie.

Deon ·

En die man wat hom moet vervolg gaan moes nou eers sy werk verloor…….en en en……..so kan ons aangaan….

GES ·

Zuma het nou te ver gegaan. Hy het nie meer vriende in die howe oor nie. Die hele volk sien deur hom en dit is walglik. Hy het sy brûe na die hoogste en laagste howe gebrand. Daar is nie ‘n manier hoe hy uit hierdie penarie gaan kom nie.

Annalien ·

Wel , My opinie : As n burger vd land is ek vandag trots om te sê dat geregtigheid het geskiet. Egter draai als om die sirkusbase en ek en jy moet die pot aan die kook hou en drome droom en intussen die lewe ten volle geniet – afetall gaan die sirkud aan en verander net v base en ons bly leef!

KP ·

Die ANC draai ons weereens n rat voor die oe. Hoekom skielik al hierdie skuldig bevindings net so voor n verkiesing.
Besig met die poeierkwas. Daar gaan niks van kom soos die wapen skandaal ondersoek.

Steve ·

Sympathy Plooy?? We all do know the ANC is based on sympathy and I’m sure this will create a great deal of sympathy… Just saying

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.