Zuma-spioenasiebande: Uitspraak gelewer

Pres. Jacob Zuma. Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Pres. Jacob Zuma. Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Die hooggeregshof in Pretoria het Vrydag uitspraak gelewer oor die DA se aansoek om die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se besluit te hersien nadat 783 strafregtelike aanklagte sewe jaar gelede teen pres. Jacob Zuma laat vaar is.

Die DA voer al ʼn sewe jaar lange stryd om weer die 783 aanklagte teen Zuma in te stel. Volgens die DA was Mokotedi Mpshe, destydse hoof van die NVG, se besluit in 2009 om Zuma, toe net ANC-president, nie te vervolg nie irrasioneel, onredelik en geneem met ʼn versteekte politieke motief.

Mpshe het die saak laat vaar nadat hy na die bandopnames, gesprekke tussen Bulelani Ngcuka, Mpshe se voorganger, en Leonard McCarthy, hoof van die Skerpioene, geluister het. Mpshe was na bewering van mening dat McCarthy die proses vir versteekte doeleindes gebruik het, naamlik ‘n politieke komplot om glo te verhoed dat Zuma staatspresident word.

Adjunkregterpresident Aubrey Ledwaba het Vrydag die eenparige uitspraak deur ʼn volbank regters voorgelees en begin met ʼn lang opsomming van die gebeure tot dusver. Die regters het bevind dat Mpshe onder druk was en gevolglik besluit het om Zuma nie te vervolg nie.

“Die hof bevind dat die besluit van 1 April 2009 om die saak te laat vaar, irrasioneel was en tersyde gestel moet word. Zuma moet tereg staan op die aanklagtes soos uiteengesit in die akte van beskuldiging.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Chrissie ·

He he he he!! Hoe gaan die gesegde ou Zumpie?? Wie laaste lag lag die lekkerste. Jy lag mos altyd eerste!

Tiger ·

Ag hy sal net ‘n tik op die fingers kry en gese word om dit nou nie weer te doen nie!Hier gaan dadels van kom!

Mariaan ·

Wens ek was ‘n vlieg teen die muur om ou Zuma se reaksie te sien. Natuurlik alweer besig met ‘n volgende gekonkel om hom te verontskuldig.

Will i am ·

Dis hoekom hy daai straler soek. So vinnig moontlik wegkom van al die gemors. Gaan net sê hys jammer nie geweet nie en daar gaan hy

Loeis ·

‘n Baie groot oorwinning vir die oppergesag van die reg. Maar. Nou kom die appelle. Dit kan nog baie lank neem.

HEVW ·

Nee dit werk nie so dat jy altyd net sal vry kom nie. Iewers gaan hierdie man vasdraai. Al is dit dan ook na sy dood.

GES ·

Elke hond kry sy dag en ‘n brakkie ‘n naweek. Ek dink hierdie gaan die vuurwerkvertoning van die dekade wees. Hy sal natuurlik nie alleen wil gaan nie en al sy “brothers in crime” saamneem.

Hendrik ·

Dit maak eintlik nie saak nie. Indien Zuma in die presidentspos by gaan die ANC se steun afneem en die EFF se steun toeneem. Indien Ramapoza die tydelik president word gaan die ANC afneem en die EFF se toeneem. Die EFF gaan die amptelike opposisie word maak nie saak wat gebeur nie. Die meerderheid sal nie anders stem nie. O ja die DA se steun gaan dieselfde bly..

Oupa D ·

Ons President staan tereg op 783 sake van bedrog, maar hy vertel sowaar weer die afgelope naweek Suid-Afrika is nou ‘n beter plek om in te leef! Baie dankie regter Ledwaba dat julle die werklikheid in die land onder die man se aandag bring. Dit sal net so onlogies en irrasioneel van die ANC wees om die man langer te laar aanbly as President, maar wie wil wet dat hulle maar net weer die verkeerde ding sal doen? Die ANC is werklik nou ‘n totale sirkus!

johan ·

Halleluja, gaan reg en regverdigheid hierdie keer seevier ?

hans brits ·

hoe maak n mens 783 aanklagte oop teen enige iemand en is nie eers skuldig vir een van 783 aanklagte nie.Hierdie een het nie eens skool gegaan nie en hy uitoorle die meerderheid afrikane.Mees geslepe ou wat ek nog ooit van gehoor het.Hy behoort opgeteken te word in die boek van wereld rekords.Daar is ook n woord wat die rondte doen dat hy n president van een of ander land(zumanzania) is.

Marous ·

Eers is dit laat vaar om hom in te kry , nou gaan hulle weer aan om hom uit te kry . Die regstelsel word as politiek speelbal gebruik. As dit misdrywe is , moes hy vervolg gewees het …. Punt. Niemand behoort bo die reg verhewe te wees nie….maar in die land is dit soos die wind waai.

Anoniem ·

Ek kan nie glo dat hy nog losloop nie. Na alles wat die laaste maand of twee gebeur het en uitgekom het..loop hy nog los rond. Was dit ek en jy was ons in boeie in die tronk. Hy verdien nie die vrye lewe nie en so-ook nie sy navolgers nie. Hulle is net so skuldig soos hy..Kan ook nie glo mense wil nog vir hom stem nie. Wanneer gaan mense verstand kry…

Floors ·

708030 cases of” what”, where do i come in in all of this,now you whant my chop..he he he!! Sies julle die koning van swaziland het gese ons moet hom respekteer…

Jan maak n Plan ·

Ek sal geld wed daarop dat die vet marionet nie eens in die hof sal hoef te verskyn nie. Al wat gaan gebeur is dat die ANC vir hom in die parlement totale amnstie gaan gee en dan is alles verby.

Lance ·

Genade ek slaan my hande saam ….daar is nog n swympie hoop vir SA ….en hy kan maar nou afgedank word ….as hy nie nou gaan nie sal n bom hom nie beweeg nie …gaan nou net shushu ….hoop net ons kry iemand beter as die std 3 grappie

Marietjie ·

Dit is omtrent tyd dat die hof sy gesag gebuik waarvoor hy aangestel is, dit maak nie saak wie
of wat jy in die samelewing is nie, GEREGTIGHEID sal wel geskied al vat dit hoe lank. Die Valke
moet nou bykom en zuma gaan arresteer, die gewone burger sou by nou lankal in die tronk ge-
wees het. Volgende is julius malema hy was die groot bek wat zuma ingestem het, net so skelm.

Rynhardt ·

Tv nuus het gewys hoe die “groot messias”(Maimane) glimlag in hof oor hul oorwinning teen Zuma.”Coach” Zille was ook daar geklee in rooi.Het gefluister in sy ore.Seker iets soos:”Die presidentskap le oop vir jou!” DIT is wensdenkery om te dink dat al die Anc se ondersteuners gaan teen hul draai en dat die SAKP net anderpad gaan kyk, sodat DA net kan ooeneem.Zuma gaan nie tronkstraf kry nie.Hy gaan die vryheidsmanifes nou met mening laat uitleef wat rewolusie uitspel.Onthou, Malema het nie tronkstraf gekry vir belastingontduiking, geldwassery en rampokkery nie! Hy en Zuma is albei voorstanders van rewolusie! Albei se uitsprake en liedere bewys dit.Kom ek brwys my argument.n Ruk gelede op Goeie Vrydag het n liberale predikant vir Zuma gese:” Voordat u die verhoog verlaat, sing eers n lied vir die massas.”Die prez het gespring en gedans soos wat Elvis net kon droom van.Toe demonstreer hy simbolies hoe hy met n spies steek.Die massas het histeries geraak, want hul het dit verstaan.Hoeveel van ons mense het dit opgetel?? Beide Zuma en Malema sal liewer met n “bang ” uitgaan as om vir tronkstraf aan te meld! Die SAKP is uiters uitgeslape en staan agter Zuma.Maimane het niks om oor te glimlag nie.Enige kommentator wat voortaan op tv en radio gaan se,dat Zuma gaan tronk toe, hy of sy is baie dapper.

Joann ·

Zumie luister nou mooi na die tannie,jy moet nie weer so stoute kabouter wees nie anders gaan jy nie n sweet kry nie. Dit is presies wat met hom gaan gebeur,niks meer nie en dit nadat hy die grootste krimeneel is. Sies vir so n leier. Poe,ga. Geluk DA

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.