Zuma: ‘Staatsamptenare moet parlement respekteer’

Argieffoto

Argieffoto

Pres. Jacob Zuma het Vrydag staatsamptenare en verteenwoordigers van staatsinstansies gemaan om die parlement te respekteer en bereid te wees om rekenskap aan die parlement te gee.

“Die presidensie wil graag alle staatsamptenare en persone betrokke by staatsinstansies herinner dat hulle verplig is om die parlement te respekteer en te alle tye moet voldoen aan die oorsigvereistes van die parlement, sonder enige uitsondering,” het Zuma se kantoor in ʼn verklaring gesê.

Zuma het artikel 92 van die Grondwet aangehaal en gesê daar word van alle ministers, asook die bestuur, personeel en raadslede van alle departemente en staatsinstansies verwag om verantwoording aan die parlement te doen.

Die verklaring volg nadat die voorsitter van die SAUK-raad, Mbulaheni Maguvhe, vandeesweek versuim het om voor die ad hoc-komitee te verskyn wat aangestel is om die bevoegdheid van die raad te ondersoek. Hy het bygevoeg dat hy as president asook die adjunkpresident ten volle aan die parlement verslag moet doen.

Intussen het die Speaker van die parlement Vrydag bevestig dat opdrag gegee is om ʼn dagvaarding aan Maguvhe uit te reik om hom te verplig om voor die komitee te verskyn. Maguvhe het Woensdag uit die sitting van die komitee gestap en Donderdag nie weer opgedaag om komiteelede se vrae te beantwoord nie.

Maguvhe het reeds ʼn dagvaarding ontvang om dokumente wat relevant ten opsigte van die ondersoek is aan die komitee te voorsien. Tien van die 15 dokumente wat aangevra is, is egter nie aan die komitee oorhandig nie, omdat die SAUK beweer het dit is “kommersieel sensitief” of aangesien die dokumente skynbaar weggeraak het.

Maguvhe sal volgens die dagvaarding Dinsdag moet aanmeld om voor die komitee te getuig. Indien hy dit nie doen nie, kan LP’s hom van minagting van die parlement aankla.

Lees alle vorige berigte oor die SAUK op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Johan ·

Ja slimkop ,respekteer jy dit…….walk the talk slimkop…….jy is n joke…..

Lance ·

Ag ASB asof hy dit respekteer …vee eers voor jou eie deur en stel n voorbeeld, voor jy jouself net weer belaglik maak soos met alles …bly eerder net stil asb !

Phil ·

… dit terwyl die prez self die grondwet minag… siestog! Hulle volg soos goeie skape maar net hulle leier ..

Johann ·

Whahahahahha!!!!!!!! NUMBA WHONE is darm slim né? Vat homself so ewe vas terwyl hy al sy Zumaikies asnspreek!!!!!!

CAV ·

Maar die man is vol grappies. Hoe kan hy verwag die res moet dit doen as hy self nie eers respek toepas nie

My tweesent bydrae ·

Mbulaheni Maguvhe het nie eens nodig om weg the bly van die Parlementsitting af nie . Hy moet net die spel van vertragingstaktiek speel en dan kan hy vir nog twintig jaar lid van die SAUK Raad bly .

Johann cb ·

JZ kom dan self nie artikel 92 van die Grondwet na nie! Wat verwag hy moet ander dan doen!?

Anoniem ·

Mooi, nog ‘n stukkie tou wat gaan help om hom uiteindelik op te hang.

Apie ·

Heng, dat ek nou op n Saterdag so lekker kan lag vir ou Zuuuuumpie! Jou nar.

Ancara ·

Se hy wat daar sit en lag as die EFF en ander lotte mekaar aan die keel gryp!!!Ek stem wat n nar.

skorra ·

Ai mnr die president, respek en agting was nog altyd iets wat in die eerste plek verdien moet word. Tsk-tsk.

Hendrik ·

Zuma minag die integriteit van die hele land se bevolking en dan verwag hy dat die bevolking hom moet respekteer.

Hannes ·

Nou waarom gebeur niks met minister Faith Motandi nie. Sy is tog die politieke hoof wat die Sauk in n sirkus laat ontaard het?

Jonathan ·

Ek het dan gese wat julle moet doen, ek is eerlik en doen my werk, julle moet respek he vir my en die parlement….julle moet na mekaar kyk en doen,…… moet my nie volg nie ek is die president en het baie ander take om na tekom ….stem moet julle en stem vir my die president of word …….Die Zuma besem vee nog en kom nou en dan met nuwe berigte en stellings vorendag hoeveel sout gaan is nog oor

Maria Van Dieweeck ·

Hy is n voorbeeld van waarmee ons deel. “Elke dag, is n nuwe dag sindroom’. Wat ek gister gesteel, of gese het, of GELEER het, word oornag uit jou kop gevee, dan is jy weer n engeltjie en mag jy preek en teregwys soos jy wil. Dit het dalk iets met n gat in jou kop te doen, se n anc minister.

Alida ·

Wanneer gaan die man besef hy maak n bespotting van homself en die land.

Alida ·

Praat die grootste skelm van almal van die Grondwet. Hy self steur hom aan geen gesag nie. Pateet.

Hennie ·

Sal Zuma weet wat beteken “respekteer” as hy nie eens weet wat beteken “steel” nie? Dis woorde hierdie wat mens op skool leer ná standard 3.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.