Zuma-standbeeld: ‘Gebruik ANC-fondse’

Pres. Jacob Zuma (Oktober 2016) Foto: GCIS, Flickr

Pres. Jacob Zuma (Oktober 2016) Foto: GCIS, Flickr

Supra Mahumapelo, premier van Noordwes, moet antwoorde verskaf oor waar hy die geld gaan kry om ʼn standbeeld van pres. Jacob Zuma in Groot Marico op te rig.

Michal Groenewald, die VF Plus se adjunkleier in Noordwes, het gesê Mahumapelo moet ook verduidelik hoe hy dit gaan regverdig vir die provinsie se belastingbetalers. Volgens Groenewald is dit ʼn groot vermorsing van geld, wat beter bestee kan word aan dienslewering.

“Groot Marico gaan gebuk onder swak dienslewering en mnr. Mahumapelo moet die geld vir die standbeeld eerder aanwend om die basiese dienste in die omgewing te verbeter. Dit is onnodige vermorsing, bloot om die ANC se aansien te probeer verhoog.

“Ek daag mnr. Mahumapelo uit om liewer ANC-fondse te gebruik om die standbeeld op te rig en te kyk of die provinsie se ANC-lede dit sal toelaat.”

Volgens Groenewald word standbeelde meestal opgerig vir mense wat reeds dood is en ʼn bydrae gelewer het tot ʼn land se vooruitgang. “Pres. Zuma is gewis nie ʼn aanwins vir Suid Afrika nie. Die premier moet meer integriteit wys as pres. Zuma en die belange van die provinsie se mense bo die belange van die ANC stel.”

Die DA het die beplande standbeeld vroeër as ʼn “nasionale skande” bestempel. Joe McGluwa, DA-leier in Noordwes, het gesê die standbeeld sal net ʼn huldeblyk aan korrupsie en werkloosheid wees.

“Daar is niks om te vier oor Zuma se presidentskap nie. Sy regime het nege miljoen mense sonder werk gelaat, korrupsie het hoogty gevier en hy het die Grondwet geminag,” het McGluwa gesê.

“Ons kan nie glo die ANC in Noordwes wil R6 miljoen van belastingbetalers se geld bestee om ʼn standbeeld te laat maak van ʼn man wat die land wil verdeel in plaas van verenig nie.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Pieter Rousseau ·

Trots…die Here haat trots. Die duiwel is daaroor uit die Hemel gewerp. Hierdie simbool van trots gaan ‘n afgod wees. Gaan op julle knieë en bid vir hierdie pragtige land en sy mense. Bid dat God se liefde sal seevier want die duiwel bewe vir liefde. Bid dat die geld so in liefde gebruik sal word en nie vir ‘n afgod nie. Daar is net een God!

Tel by ·

Tel dan nog ook by dat die standbeeld ge-‘photoshop’ moet word.

Theresa B ·

Waar in die lewe – ‘n standbeeld??? Gee my krag. Seker vir die rekord vernietiging van ons land en mense.

Ig ·

Hulle kan die materiaal by die rioolplaas verniet kry om die beeld te bou en dan sal niemand kwaad wees nie.

Rynhardt ·

Zuma se standbeel moet liewer by Nskandla staangemaak word.Dit pas mooi daar,plus hul kan Zuma uitbeeld met hope banknote in sy hande!Dan kan sy ondersteuners alles mooi verstaan!

Scalla ·

Bou n longdrop van sink met n sortkop in die dak, dit sal nie duur wees nie en dit sal hom met trots vereer. Ek is bereid om by te dra, ek het n paar plate en n ou sitplek, sal iemand anders ook help asb.

Janneman ·

Met graagte Scalla, ek het so skewe, gemufte stortkop in my garage.

Jem ·

Wil ook graag weet waar die geld vandaan die beplande standbeeld vandaan gaan kom?

BOLANDER ·

STANDBEELD ASB TOG BEHOEDE EN BEWAAR MY. DIE MAN VERDIEN SOVEEL ‘N STANDBEELD SOOS DIE MANNETJIE IN DIE MAAN. IS HULLE NOU BESIG OM HEELTEMAL MAL TE WORD!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Ouma ·

Daar word dringende werk benodig aan die rioolwerke in daardie omgewing. Vervang dit met nuwe infrastruktuur. en vernoem dit na Z. Dit sal money well spent wees.

Manie ·

Hulle kan die standbeeld baie goedkoper maak. Plaas net n stortkop daar . Almal sal weet sê se standbeeld dit is

snoefie ·

maak die pop van plastiek met baie gate in. dit sal dalk van groot Mariko die inisiasie mekka van SA maak. dan sal daar ook baie minder beeste en bokke met afgekapte been senings tot gevolg he.

Amanda ·

Mense word elke dag vermoor en hulle wil standbeelde posit. …/.

Padvark ·

MAAK LIEWER NOORDWES SE PAAIE REG MET DAARDIE GELD!!! DIS ‘N SKANDE HOE DIE PAAIE LYK!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.